ʼn Motoris is na bewering verkrag toe sy Saterdagaand in die middel van ʼn betoging langs Klipspruit Valley-weg in Kliptown, Johannesburg, beland het.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Hoofregter gekap oor uitlatings oor JSE
“As hoofregter moet Mogoeng objektief wees en ’n onpartydige perspektief oor Suid-Afrikaanse aangeleenthede huldig. Sy opmerkings dui egter op ’n duidelik politiese partydigheid in sy beskouings.”
Skrynwerker spaar sy lewe lank om studente te help
ʼn Skrynwerker van Iowa in die VSA het 67 jaar lank vir dieselfde onderneming gewerk en jaar na jaar sy spaargeld versigtig weggebêre – net sodat hy ná sy dood 33 studente se droom om te studeer kon verwesenlik.
Konstabel op Kaapse Vlakte doodgeskiet; 2 gewond
Dié voorval kom kort nadat die weermag op die Kaapse Vlakte ontplooi is in ʼn poging om die skrikwekkende misdaadvlakke in dié gebiede onder beheer te bring.
Ramaphosa sê vanaand oor OB-verslag
Mkhwebane het Vrydag bevind dat pres. Cyril Ramaphosa die parlement opsetlik mislei en die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het.
Publiek genooi om Johnny Clegg finaal te groet
Die publiek word genooi na die gedenkdiens vir die legendariese sanger Johnny Clegg wat die afgelope week in die ouderdom van 66 gesterf het.
Lang herstelpad vir boer ná breinoperasies in VSA
Bernie van Jaarsveld (25) het in Junie na die VSA gereis waar hy vir ses maande op ʼn plaas in Noord-Dakota sou werk, maar toe hy die oggend van 12 Julie wakker word, kon hy niks met sy linkeroog sien nie.
Nóg ʼn SA onnie verdwyn in Viëtnam
Volgens sy familie is dit moeilik om wenke van mense wat hom moontlik gesien het te verifieer, aangesien daar nie kringtelevisiekameras in die stad is nie. Die taalverskil bied ook ʼn reuse-uitdaging.
Vyf dood, tiener kritiek ná botsing
Die vyf oorledenes is op slag dood.
Bejaarde ontvoer, dae lank aangehou
ʼn Bejaarde man van Welkom in die Vrystaat word in die waakeenheid van ʼn plaaslike hospitaal behandel nadat hy uit sy huis ontvoer en dae lank gevange gehou, aangerand en beroof is.
‘Doodsvonnis’‑diagnose laat digter triomfeer
Dokters het destyds toe hy net twee jaar oud was vir sy ouers gesê dat hy net nog drie jaar sou leef. Drie dekades later laat hy steeds medici op hul neuse kyk.
Lente Roode: Vir die liefde van diere
Lente Roode is sekerlik een van die bekendste name in dierebewaringskringe, maar sê dié lewe was nooit deel van haar planne nie. “Dit het net oor my pad gekom. En ek is slegs ʼn instrument in die Here se hande.”
Handwerk: Sit mooi
Dié maklike projek wys jou hoe om ʼn ou stoeltjie ʼn sjiek nuwe voorkoms te gee.
Instagram wil angel uit sosiale media haal met nuwe funksies
Dié funksies is in reaksie op navorsing wat toon dat sosiale media dikwels ʼn negatiewe uitwerking op mense, veral jongmense, se geestesgesondheid en selfbeeld het.
Belastingseisoen: Beskerm jouself só teen kubermisdaad
Die belastingseisoen is hier en terwyl duisende belastingbetalers elke dag hul belastingopgawes indien, is kubermisdadigers besig met allerhande truuks om niksvermoedende belastingbetalers in hul strik te laat trap.
108 honde uit haglike omstandighede verwyder
“Dit was ʼn verskriklike en ontstellende toneel om te sien.”
Vrou sterf ná rowers op motor losbrand
“By hul aankoms het hulle ʼn voertuig in die middel van die straat aangetref met koeëlgate deur die voorruit.”
Gestremde kind aan stoel vasgebind; ma vas
Die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie deur bekommerde inwoners in kennis gestel is van ʼn kind wat deur haar ma verwaarloos word.
Klein spasie, 50 vreemdelinge en groot geld
Hoe lank sal jy kan uithou om ’n tweeslaapkamerhuis – toegerus met kos, toiletware en beddegoed vir net twee mense – met 49 vreemdelinge te deel?
Video: SA Jeugkoor doen dit weer!
Nou wag Hollywood se liggies op dié ambisieuse groep.