Die IMF het in ʼn nuwe verslag die verwagte globale ekonomiese groeikoers van 3,5% tot 3% vir 2023 afwaarts aangepas en na ʼn skamele 0,3% vir Suid-Afrika in 2023.
Alles deur die skrywer Monica Mynhardt
Onverwagse handelsbalanstekort vir SA in Junie
“Aan die een kant gaan dit oor die stadiger groei van die wêreld-ekonomie en ʼn kleiner vraag na ons uitvoerprodukte. Aan die ander kant is daar beduidende uitdagings om produkte uitgevoer te kry.”
Wes-Kaapse kiesers positief oor hul provinsie
Vier uit vyf geregistreerde kiesers in die Wes-Kaap meen hul provinsie word beter bestuur as die res van Suid-Afrika, hoewel net een uit twee Xhosa-moedertaalsprekers dié sentiment deel.
SA vullisterreine ʼn gemors
Minder as een uit vyf van 161 vullisterreine wat in Suid-Afrika geoudit is, voldoen aan minimumvereistes weens onder andere wanbesteding van fondse, swak instandhouding en ʼn gebrek aan bekwame personeel, lui verslag.
ANC het belang om ‘kapitalistiese stelsel te vernietig’
ʼn Samelewing wat wil beweeg van kapitalisme na sosialisme kan dit nie doen in die konteks van ʼn florerende kapitalistiese stelsel nie, skryf dr. Anthea Jeffery in haar nuwe boek. Indien die kapitalistiese stelsel egter verkreupel word, is die argument om na sosialisme oor te skuif soveel sterker.
Poetin vry hard na Afrika-leiers
Rusland belê baie min in Afrika en is verantwoordelik vir 1% van die direkte buitelandse belegging in die vasteland. Die vasteland bied wel aan Rusland ʼn internasionale verhoog van waar Moskou sy geostrategiese houding kan opblaas – Afrika maak dus meer saak vir Rusland as wat Rusland vir Afrika maak, sê kenners.
Vervallende orde deur alternatief vervang
In beginsel en teorie is daar spanning tussen die vervallende orde en die nuwe opkomende alternatiewe ordes, juis omdat die ANC sover moontlik alles wil sentraliseer en die alternatiewe ordes dié sentralisme afbreek.
Europese migrante: korttermynkrisis, langtermynprobleem
Sommige Westerse lande se pogings om onwettige immigrante in te neem met ʼn kultuur van oordrewe verdraagsaamheid, het ʼn beeld geskep dat dit aanvaarbaar is om onwettig te immigreer en omdat migrante nie meer ʼn minderheid is nie, begin hulle op al hoe meer kwessies aanspraak maak.
Is staatskaping 2.0 reeds hier?
Die DA meen weinig is nog gedoen om ʼn herhaling van staatskaping te verhoed, maar nog ʼn kenner meen die Zondo-kommissie het deur die puin van staatskaping gekyk en tasbare aanbevelings oor die pad vorentoe gedoen.
Komplekse diplomasie nodig vir komplekse wêreld
Diplomasie is lankal nie meer net tot sentrale regerings beperk nie en op ʼn veranderende wêreldverhoog kan alternatiewe diplomasie beskerming teen ʼn sentrale regering se diplomatieke domastrantheid skep.
ANC kan outonomie-beweging nie ‘wegwens’
Hoewel die twee stukke wetgewing klem op verskillende aspekte van groeiende outonomie lê, is die onderliggende boodskap van “ons is moeg daarvoor om vanuit Pretoria regeer te word” dieselfde.
Video: Regering skik met Solidariteit in historiese rasooreenkoms
Solidariteit het vandag ʼn historiese skikking met die regering onderteken wat ‘n streep trek deur die regering se rigiede toepassing van regstellendeaksiemaatreëls in die arbeidsomgewing.
Bemiddeling oor rassewetgewing ‘historiese deurbraak’
Bemiddeling tussen die regering en Solidariteit het in Desember verlede jaar begin om tot ʼn vergelyk te kom oor die regering se toepassing van regstellendeaksiemaatreëls – dit alles binne die raamwerk van internasionale norme en konvensies waardeur die regering gebind word.
Peiling: Afrika-sentiment ten gunste van Oekraïne
Daar is wel konsensus onder die meeste respondente dat Afrika-lande nie kant in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne moet kies nie.
Wes-Kaapse wetsontwerp ‘belangrike stap na federering’
Dit beteken – in ʼn neutedop – dat munisipaliteite en provinsies meer oor hul eie sake sal kan besluit, eerder as om aan die nasionale regering uitgelewer te bly. En indien die wetsontwerp slaag, kan dit ook ʼn bloudruk vir ander provinsies en plaaslike owerhede word om dieselfde roete te volg.
100 dae van elektrisiteitsminister; 99 dae van beurtkrag
Wanneer daar na die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, se prestasie oor die afgelope drie maande gekyk word, was hy oënskynlik nog nie juis ʼn ligpunt in Suid-Afrikaners se lewe nie.
Straf politici, nie gewone SA’ners, pleit Solidariteit Beweging by VSA
In die brief vra die Beweging dat die VSA eerder beskikbare ekonomiese instrumente gebruik om die private sektor in Suid-Afrika te steun terwyl hy stappe kan oorweeg teen Suid-Afrikaanse politici wat teen landsbelang optree en Suid-Afrika se buitelandse verhoudinge vertroebel.
Solidariteit verwerp raswet in ‘historiese noodkongres’
Volgens die aanvaarde resolusie is “die bou van ʼn alternatiewe bedeling” gegrond op die idee van gemeenskapsfederalisme die beste antwoord op die rasvergrype.
Raskwotas heeltemal ‘ontkoppel van werklikheid’
“Wat uitsonderlik duidelik uit ʼn diepte-ontleding van die konsepregulasies en teikens na vore kom, is dat die teikens totaal ontkoppel is van die werklikheid.”
Tientalle organisasies in protes teen ‘nuwe apartheid’
“Ons verwerp ʼn stelsel van ‘social engineering’ wat mag aan die minister van arbeid en indiensneming gee om die Suid-Afrikaanse samelewing op grond van ras te manipuleer.”