Die ANC se pas afgelope vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het boekdele gespreek van die stand van sake in die party.
Alles deur die skrywer Monica Mynhardt
Nuuskommentaar: Brackenfell en die hof van openbare menings
Diegene wat die skool in die hof van openbare menings reeds skuldig bevind het, gaan nie sommer van mening verander nie. Hulle besluit is geneem. Diegene wat van die begin af die skool vrygespreek het, gaan nou bloot die departement se bevindinge as bevestiging gebruik.
Nuuskommentaar: Ons tydsgewrig in 2020
Politieke kommentators sê lank reeds dat Covid-19 die wêreld vir ewig gaan verander. Dit gaan die Tweede Wêreldoorlog vervang as die wêreld se nuwe verwysingspunt.
Nuuskommentaar: Sentrale beheer sal altyd sneuwel
Indien die regering wel hierdie besluit neem, gaan dit ongelooflike groot vrae oor die afgelope jaar se besluite en inperkings laat.
Nuuskommentaar: Coligny wys dat woorde wek, maar waarhede trek
Daar is min tot geen aandag aan die feite gegee nie. Dit is ondenkbaar dat die staat enigsins ʼn moordsaak hiermee kon aanvoer. Wat egter meer ondenkbaar was, was die gepaardgaande skuldigbevinding.
Nuuskommentaar: Gaan parlementslede van Ramaphosa ontslae raak?
Mosies van wantroue plaas groot druk op die ANC. Dit lê nie net faksiegevegte bloot nie, maar dwing die ANC telkens tot interne optrede.
Nuuskommentaar: Die wit messias-kompleks van linkse elite
Markowitz beskou homself as een van die genadige wit mense wat die uitgelewerde swart mense moet help om uit onderdrukking te ontsnap deur die stelsel omver te werp. Tog beskou hy homself nie as deel van die stelsel wat omvergewerp moet word nie.
Nuuskommentaar: Vloermoer in Kaapse voorstad
Die EFF is in wese militante kleuters. Hulle skree, huil, bejammer hulself, knou mense af, breek goed en gooi dikwels ʼn vloermoer om te kry wat hulle wil hê.
Nuuskommentaar: Joernalistieke onafhanklikheid onder staatsafhanklikheid?
Die SAUK het in ʼn kwessie van twee jaar reddingsboeie van byna R5 miljard versoek – hierdie spreek nie van ʼn organisasie wat selfstandig is nie.
Nuuskommentaar: Magashule maak gereed vir groot geveg
Magashule gaan waarskynlik sy hofverskyning gebruik om sy mag binne die ANC te versterk en van Ramaphosa as interne bedreiging ontslae te raak.
Nuuskommentaar: SEB is rassisties teenoor wit én swart
Wit mense wat SEB en RA teenstaan, is soos iemand op die dak van ʼn gebou wat die leer wil afskop as iemand anders ook wil opklim, meen pres. Cyril Ramaphosa. Die werklikheid is egter dat SEB eerder ʼn helikopter is wat ʼn klein groepie kamerade optel en bo-op die dak neersit.
Nuuskommentaar: As hy praat soos ʼn Nazi en maak soos ʼn Nazi …
ʼn Volledig swart vriendekring is vanselfsprekend nie rassisties nie, terwyl ʼn vriendekring wat net uit minderhede bestaan onderdrukkend, meerderwaardig en rassisties is.
Nuuskommentaar: Verskillende vlakke van veiligheid nodig vir misdaadvoorkoming
Misdaadvoorkoming sal geen mens ooit volledig vrywaar teen misdaad nie. Dit beoog eerder om ons op verskillende maniere van die nodige weerbaarheid te voorsien om die waarskynlikheid van slagofferskap te verklein.
Nuuskommentaar: Teenstand teen linkse onverdraagsaamheid
Linksgesinde politieke kommentators het met groot skok, verbasing en woede die afgelope week op die DA neergedaal.
Nuuskommentaar: Trump troef media-elite se wensdenkery
Die elite het na 2016 gepoog om mense en werklikhede te ignoreer en hul eie wêreld van wensdenkery geskep. Een waarin Trump se verkiesing ʼn fout en fenomeen was wat nooit herhaal sal word nie.
Nuuskommentaar: Boere kry bokse vol hoop
Die brande in die Oos-Vrystaat het, soos enige ander droogte of ramp wat boere tref, ons elkeen se hart aangegryp.
Nuuskommentaar: Die stille dood van liberalisme
In 2015 het Europa verdeeld gestaan oor die migrantekrisis wat hulle binnekort in die gesig sou staar.
Nuuskommentaar: Veiligheid lê in voorkoming, eerder as vervolging
Hierdie onaanvaarbare werklikheid herinner egter aan die duisende mense wat jaarliks slagoffers van misdaad is en nie belangrik genoeg geag word om die minister van polisie se persoonlike betrokkenheid te lok nie.
Nuuskommentaar: Benoude katte maak benoude spronge
Benoude katte maak benoude spronge. ʼn Mens kan nie anders as om te wonder of hierdie spreekwoord nie dalk ook van toepassing op die regering se reaksie op die optogte in Senekal vandag is nie.
Nuuskommentaar: Die gevolge van die ANC se politieke kortsigtigheid
Geweld, anargie en chaos het een van die doeltreffendste onderhandelingstaktieke onder die ANC-heerskappy geword.