Die fokus van die konferensie was dat selfbestuur die enigste antwoord op staatsverval is – die alternatief is om niks te doen nie en saam met die staat te verval.
Alles deur die skrywer Monica Mynhardt
Militêre oefeninge ‘diplomatieke misstap’
Kenners meen die tydsberekening van hierdie oefeninge is problematies en dat Suid-Afrika nog duur hiervoor gaan betaal.
Dollar se dae dalk getel
Die Amerikaanse ekonomie gaan steeds van krag tot krag, maar ekonome meen die desentralisering van geld is onafwendbaar.
Wat steek agter ANC-regering se spanningsvolle verhouding met Israel?
SA Rugby se besluit om weens druk die Israeliese span uit ʼn plaaslike rugbyreeks te skop, het die spanningsvolle aard van die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse regering en Israel weer in die kollig geplaas.
Nuuskommentaar: Praktiese wysheid ontbreek in sokker-borgskap
Ongeag hul mooi regverdigings drup hierdie projek van ʼn laat-hulle-koek-eet-sentiment. Dit is dwaas en uiteindelik net ten koste van ons.
Nuuskommentaar: ʼn Swak olifant is steeds swaar
Die leemtes wat staatsverkrummeling laat, word doodeenvoudig deur die gemeenskap gevul.
SA speel diplomatieke dobbelspel met Rusland
Suid-Afrika wil enersyds sy histories-ideologiese bande met Rusland behou, terwyl daar steeds baie gevestigde belange in ons betrekkinge met Westerse lande is.
ANC nuwe topsewe bekend
Die ANC se topsewe leiers is Maandagoggend bekendgemaak en pres. Cyril Ramaphosa is opnuut aan stuur van ANC-sake.
Verkiesing van topsewe belangrike politieke spel
Dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, het aan Maroela Media verduidelik waarom van hierdie nominasies noemenswaardig is.
Dag twee van ANC-konferensie ʼn voortslepende maraton
Dit het Saterdag ook aan die lig gekom dat die verkiesingskonferensie, wat by Nasrec in Johannesburg gehou word, van die heersende fase 6-beurtkrag vrygestel is.
Ramaphosa waarskynlik veilig ‘vir nou’
Hierdie ontwrigting en ondermyning deur Zuma gaan egter waarskynlik nie ʼn onmiddellike impak op die uitkoms van die konferensie hê nie.
Eerste dag van ANC-konferensie traag, chaoties
Die ontwrigting het ʼn hoogtepunt bereik toe oudpresident Jacob Zuma laat opgedaag het tydens Ramaphosa se spreekbeurt.
Nuuskommentaar: Ramaphosa se ruggraat toe saam met die geraamtes in sy kas
Die wiele is besig om van die soustrein af te val en niemand in die ANC hanteer dit uitstekend nie.
Nuuskommentaar: Ag toe nou, Charlize, dis nie nodig om vir ons skaam te wees!
ʼn Mens kan nie anders nie as om die gevoel te kry dat sy as produk, slagoffer en aanmoediger van haar woke-Hollywood-ekosisteem so ʼn bietjie skaam is oor haar identiteit en herkoms.
Nuuskommentaar: Vandag premier, môre president Lesufi?
Sy kombinasie van eiewaan, toondoofheid vir die werklikheid en ongenaakbare lojaliteit aan ʼn uitgediende staatsideologie maak hom net dalk die perfekte ANC-presidentskandidaat!
Die pad na die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie
Die vorige ANC-nasionale verkiesingskonferensiekonferensie het in Desember 2017 in Gauteng plaasgevind waartydens pres. Cyril Ramaphosa tot ANC-president verkies is.
Nuuskommentaar: Waar sal ons krag vandaan kom?
Ons krag gaan dus nie van een lamsakkige monopolis af kom nie, maar eerder van duisende staatsbestande kleinskaalse kragopwekkers. Gemeenskapselfstandigheid wesende die definiërende én deurslaggewende term.
Nuuskommentaar: Misdaad is buite beheer (binne sekere gebiede)
Dit is belangrik om nie naïef te wees oor die land waarin ʼn mens bly nie. Dit is egter net so belangrik om ook perspektief te hou oor eie alledaagse konteks en werklikhede. Een van die belangrikste bepalers van misdaadvoorkoms is die gebied en gemeenskap waarin jy bly.
Nuuskommentaar: Dis heerlike (Arabiese) lente, die winter’s verby?
Wie die protesplakkaat swaai, swaai dikwels ook die septer. Oudpres. Thabo Mbeki onlangs ook gewaarsku teen grootskaalse maatskaplike onluste vergelykend met die Arabiese Lente.
Nuuskommentaar: ANC se ‘fees van idees’
Die ANC se beleidskonferensie was sekerlik ʼn fees in dieselfde sin wat ʼn begrafnis ʼn fees is. Met hul beleidsbesprekingspunte wat vergelykbaar is met komkommerbegrafnisbroodjies.