Hierdie hele sage met Young het op die ou einde ʼn baie ironiese en toevallige stukkie sosiale en politieke kommentaar geword.
Alles deur die skrywer Monica Mynhardt
Nuuskommentaar: ANC verklaar morele bankrotskap weens Covid-korrupsie
Gewone mense het tydens die Covid-19-pandemie ongelooflike swaarkry deurgegaan met baie mense wat net-net die somtotaal van die pandemie oorleef het. In dieselfde tyd het die regering egter sy “regmatige tenderproses” gebruik om nog ʼn miljard hier en daar te steel – net vir die kaders en tenderpreneurs was dié kool die soustrein werd.
Nuuskommentaar: Onderwys in SA ʼn slagoffer van regering se onwilligheid
Die slaagsyfer en basiese vereistes om te matrikuleer is in wêreldstandaarde werklik skokkend laag, ten spyte van die hoë slaagsyfers waarmee die departement jaarliks spog. Tog bestee ons regering in wêreldterme groot hoeveelhede geld op basiese onderwys.
Nuuskommentaar: Australië 1 – Djokovic 0?
Hierdie saak met Djokovic is daarom ʼn interessante aanduider van hoe die Covid-pandemie nie noodwendig regerings verander het nie, maar eerder bevestig het wie hulle is.
Nuwe normaal, postnormaal of ou normaal?
Baie elemente van die nuwe normaal gaan terugkeer na die wyse waarop die wêreld eens gestruktureer was – voor die absolute oorheersing van liberaal‑demokratiese globalisme.
Nuuskommentaar: Omikron as dominante variant en Covid-19-politiek
Die gesondheidstryd teen Covid-19 gaan tot ʼn einde kom. Dit beteken hoegenaamd nie dat regerings hierdie normaliteit gaan volg nie – politieke vergrype is die volgende stryd wat al meer na vore gaan kom en ook hand en tand beveg moet word.
Nuuskommentaar: Is verpligte inentings op die horison?
Die vraag is hoe hierdie openbare belang – in die lig van entstowwe, individuele vryhede en persoonlike voorkeure – die beste beskerm en bevorder kan word.
Nuuskommentaar: Wat gaan aan in die koalisiepolitiek?
Hoeveel partye gaan tussen nou en die volgende munisipale verkiesing die harde les leer dat “mag bekom” nie noodwendig “mag behoue” is nie?
Nuuskommentaar: Is ontvoering Suid-Afrika se misdaadvoorland?
Ontvoering is dus in Suid-Afrika ʼn groterwordende en kommerwekkende probleem.
Nuuskommentaar: Israel en Palestina – ’n hedendaagse apartheidstaat?
Die Israel-Palestina-konflik hang nie net van die Jode en die Palestyne af nie, maar ook van die rigting waarin die internasionale debat deur betrokke rolspelers gestuur word.
Nuuskommentaar: Gaan VF+ sy sukses van 2019-verkiesing herhaal?
Een van die partye wat werklik goed presteer het in die 2019- nasionale verkiesing is die VF Plus.
Nuuskommentaar: KSA opgesweep in morele paniek van #BLM
Die radikale, oordrewe en byna fanatiese wyse waarop wokeness sogenaamde morele haatlikheid in die samelewing uitsoek en probeer uitwis, kan dalk die beste verklaar word deur die verskynsel van morele paniek.
Nuuskommentaar: Is DA gespanne oor komende verkiesing?
Iewers langs die pad het die DA egter in hul verkiesingsveldtog groter klem begin plaas op ʼn ou politieke truuk – dat ʼn stem vir enige ander party nie net ʼn vermorsing is nie, maar ook die ANC versterk deurdat dit die opposisiestem “verdeel”.
Nuuskommentaar: Hoe vorder die ANC in die verkiesingsveldtogresies?
In hulle verkiesingswedervarings is die ANC se boodskap: “Ons weet ons het foute begaan, maar gee ons die kans om dit reg te stel”. Hulle is in alle kommunikasie eerlik oor die feit dat dit sleg met die party en met die land gaan – mense moet hulle net ʼn kans gee om dit reg te stel.
Nuuskommentaar: Gaan die DA Afrikaners se guns terugwen?
Die DA se verkiesingsplakkate in KwaZulu-Natal het verlede week vir ʼn herrie gesorg.
Nuuskommentaar: Die seisoen van stakings het aangebreek!
Tydens hierdie stakingseisoene gebruik vakbondleiers gewoonlik radikale opmerkings en optrede om radikale verandering vir hul lede teweeg te bring as onderhandelingstaktieke. Dit is gewoonlik selfs in weerwil van die ekonomiese werklikhede wat maatskappye in die gesig staar.
Nuuskommentaar: Duisende mense wil úít Australië kom
Suid-Afrikaanse burgers is die sewende grootste migrante bevolkingsgroep in Australië. Wanneer ʼn mens dink aan Australië, dink jy daarom gewoonlik aan mense wat die land probeer binnekom – nie aan mense wat uit die land probeer kom nie.
Nuuskommentaar: Diagnose: Terminaal korrup
Indien ʼn mens egter merkwaardiglik en wonderbaarlik en genadiglik mediese parool “oorleef”, soos wat Shaik het, is jy vry.
Nuuskommentaar: ANC wil ganse SA sommer van inkomste voorsien
Een van die ANC se jongste beleidsambisies is die onlangs gepubliseerde groenskrif vir die voorgestelde inwerkingstelling van die nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NSSF). Hierdie groenskrif stel voor dat Suid-Afrikaanse inkomstebelastingbetalers tussen 8% en 12% van hul inkomste tot hierdie fonds bydra.
‘Liberation from Education’
Wanneer gewelddadige protes praat, luister die ANC gewoonlik. Dit is iets wat die ANC al herhaaldelik laat seëvier het en sodoende ook eintlik oor die afgelope kwarteeu aangemoedig het.