Die toksiese faksiegevegte in die ANC is nou behoorlik aan die brand. Dit veral in ʼn politieke klimaat van oorlewing.
Alles deur die skrywer Monica Mynhardt
Nuuskommentaar: ʼn Voël verander selde van vere
Die probleem is dat Eskom tans in ʼn tweesydige doodspiraal van enersydse finansiële ondergang en andersydse tegniese onvermoë vasgevang sit.
Nuuskommentaar: Ons word inderdaad regeer deur ʼn ‘gangster state’
Die ANC se korrupsie en interne magstruwelinge om meer geld en mag is ten nouste verweef met die onstabiliteit in ons land.
Nuuskommentaar: Ons kultuursagteware sal Eskom-hardeware weer vervang
Die regering beskik vandag ook nog oor volmag om beurkrag môre op te los deur privaatsektorrompslomp te verwyder, maar hy stel nie daarin belang nie. Dit beteken egter nie dat daar geen statutêre ruimte vir privaatoplossings is nie.
Nuuskommentaar: Petrol op die vuur van ʼn ekonomiese ramp
Die deregulering van die brandstofprys is tans ʼn redelik omstrede debat wat stoere voorstanders aan albei kante van die argument het.
Nuuskommentaar: Brand, Suid-Afrika, dan word jy beter betaal!
Geweldsprotes in besonder hou dalk goeie korttermynwins vir protesgangers, maar wesenlike negatiewe gevolge vir die ganse land in.
Nuuskommentaar: Vir die stam om te leef, moet die nasie sterf?
Samora Machel, eertydse president van Mosambiek, het bekenderwys opgemerk dat die stam moet sterf vir die nasie om te leef. Hierdeur het Machel die onderliggende sentiment van nasiebou verwoord – iets waarmee ons op eie bodem natuurlik ook heel vertroud is.
Nuuskommentaar: Wapensterftes teenoor wapengeweld in Amerika
Wat presies moes waar in iemand se lewe skeefgeloop het vir hulle om by ʼn laerskool in te stap en onskuldige kinders te begin skiet? In die naskokke van massaskietvoorvalle word dieselfde ou debat egter altyd oopgekrap – wapenbeheer.
Nuuskommentaar: Kan Suid-Afrika sonder ras oorleef?
Die afgelope week het Suid-Afrika vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer ʼn beweerde rasvoorval wat die nuussiklus volledig oorneem. Dit is juis die wyse waarop dit in die media hanteer word waarby ʼn mens moet stilstaan.
Nuuskommentaar: ʼn Gebalanseerde debat oor klimaatsverandering?
Die klimaatsveranderingdebat is een van die mees polariserende debatte in ons huidige verwysingsraamwerk – dit waarskynlik naas die Covid-entstofdebat.
Nuuskommentaar: Suid-Afrika bevry na 750 dae van ramptoestand?
Onder ramptoestandwetgewing kon die regering ʼn wettige diktatuur bedryf deurdat hulle eensydig ingrypende regulasies kon uitvaardig soos dit hulle behaag – sonder enige daadwerklike insette of oorsig.
Nuuskommentaar: Groeiende federalisme in WK onder Kaapse Forum
Die stigting van die Kaapse Forum is absoluut ʼn voortvloeisel van die sterk burgerlike kragdadigheid, betrokkenheid en vooruitstrewendheid wat al meer die Suid-Afrikaanse politiek definieer.
Nuuskommentaar: ʼn Goeie week vir burgerlike teenstand – ʼn slegte week vir die regering
Die ANC ervaar om verskeie redes vandeesweek ʼn slegter week as gewoonlik.
Nuuskommentaar: ANC oorsaak van protesgeweld in Suid-Afrika
Die enkele kwessie wat die sterkste verwantskap met “diensleweringsbetogings” toon, is die ANC se interne politieke stryd. Elite magsbedinging, eerder as polities ekonomiese omstandighede, is die grootste bydraende faktor tot diensleweringsbetogings in Suid-Afrika.
Nuuskommentaar: Wie verloor almal in Rusland-Oekraïne-oorlog?
Hoewel die oorlog tussen Rusland en Oekraïne woed, is soveel meer as net Oekraïne se heil op die spel.
Nuuskommentaar: Vier Internasionale Moedertaaldag in Afrikaans
Ons eietydse vraag is dan wat die stand en toekomsvooruitsig van Afrikaans tans is.
Nuuskommentaar: Openbare skole is nie staatskole!
Wat die wysigings aan die Skolewet in wese sal doen, is om openbare skole uit ouers (soos verteenwoordig deur beheerliggame) se hande te neem en in die greep van die staat te plaas.
Nuuskommentaar: Staatsrede – ANC wil als buiten fundamentele probleme hervorm
Omdat die ANC volkome onwillig is om hul magtentakels uit die staat los te maak, word die staat al groter en ook al swakker.
Nuuskommentaar: Eilande van veiligheid met onveilige tussenruimtes?
Die afgelope naweek is ʼn bekende Suid-Afrikaans driekampatleet, André Piehl, dood toe ʼn vermeende dronkbestuurder hom getref het. Suid-Afrikaanse paaie is veilig vir feitlik niemand nie. Nie net het dit verval as openbare ruimte nie, maar het dit tot die punt verval dat dit aktief gevaarlik is vir diegene wat dit wel benut.
Nuuskommentaar: Polisie kruip in donker weg vir kriminele
Die afgelope Sondag se Rapport doen skokkend verslag oor hoe ’n egpaar van Noordwes vir twee ure deur rowers aangehou is terwyl die polisie na bewering letterlik gesit en slaap het!