Die energiebeskikbaarheidsfaktor is laer as ʼn jaar gelede, aanlegte sukkel al hoe meer, agterstallige skuld groei en kragverkope daal namate al hoe meer mense alternatiewe vir die sukkelende kragvoorsiener begin vind.
Gautengers, buitelanders belê groot in luukse Kaapse eiendom
Kopers het vanjaar gesamentlik R3,3 miljard vir eiendomme in Kaapstad opgedok.
Moenie dat aanlyn bedrieërs jou Kerstyd bederf
Verbruikers word aangemoedig om ekstra wakker te wees en nie sommer vir enige oënskynlike winskopie of los gelukkie aanlyn te val nie.
Inflasie gee skiet; kos bly duur
Eiers was in November 2023 byna 40% duurder as ʼn jaar gelede.
Ál meer SA’ners huur huise
Daar was in 2017 laas só min residensiële eiendom om te huur in Suid-Afrika soos in die derde kwartaal vanjaar.
Koop-nou-betaal-later kan verbruikers in knyp laat beland
Aankope oor die feestyd kan maklik in ʼn skuldlas ontaard wat verbruikers tot laat in die nuwe jaar sal dra.
Verbruikersake: Kry die meeste voordeel uit jou bonus
Voordat jy begin om jou bonus te bestee, is dit dalk goed om ʼn bietjie terug te staan en mooi te dink oor hoe jy jou bonus verantwoordelik kan gebruik. Ina Opperman gee raad oor hoe om dit te doen.
Verbruikers beslis nie vrolik dié feestyd
Verbruikers is die afgelope drie maande meer pessimisties oor Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte as wat hulle in die afgelope 20 jaar was. Selfs die Covid-19-pandemie het Suid-Afrikaners nie so ondergekry soos die huidige stand van sake nie.
‘Ingryping nou nodig om tegniese resessie te voorkom’
Ekonome meen dringende ingryping is nodig om ʼn tegniese resessie in die land te voorkom.
Ekonomie krimp in derde kwartaal
Die inkrimping is minstens minder as wat verwag is, maar is nietemin tekenend van die uitdagings wat die landbou-, vervaardiging- en mynbousektor ondervind.
Beredder jou finansies met Skuldhulp na ʼn skuldvrye toekoms
Die las van skuld kan oorweldigend wees en jou emosioneel en finansieel ontwrig. Vir baie Suid-Afrikaners is dit ‘n nagmerrie wat hulle ondervind, maar daar is ‘n lig aan die einde van die tonnel.
Verbruikersake: Oppas vir die skelms in Desember
Ina Opperman het gaan kyk hoe jy kan verseker dat jy nie hierdie Desember ʼn slagoffer van swendelaars is nie.
Wees ʼn slim verbruiker dié feestyd
“Die einde is nog nie in sig vir vuisvoos verbruikers nie en daarom moet verbruikers in die feestyd met groot omsigtigheid met hul finansies omgaan ten einde te verseker dat hulle nie die nuwe jaar met ʼn agterstand begin nie.”
Reddingsboei van R47 miljard vir Transnet
Dié bedrag is dadelik beskikbaar aan Transnet “ter ondersteuning van sy herstelplan, en om sy onmiddellike skuldverpligtinge na te kom”.
Nóg treine kan opeenhoping by Richardsbaai-hawe verlig
Volgens Transnet sal sewe bykomende treine elke week van middel Desember op die Noordkorridor-steenkoolspoorlyn van Lephalale na Richardsbaai loop.
Durbanse hawe probeer agterstand wegwerk
Volgens Transnet sal dit terminaal 2 sowat 14 weke neem om die agterstand uit te wis, maar daar word ook “baie pogings aangewend om hierdie tyd te verminder”.
Jou mediesefondskeuses vir 2024
Baie mense heroorweeg hulle maandelikse ledegeld, hoe hulle voordele gebruik en hoe om hulle keuse van mediese fonds met hulle gesin se ander benodighede te balanseer.
Aartappels eindelik goedkoper; bevrore hoender nou duurder
Die broodnodige voedselitems waarsonder die meeste Suid-Afrikaners nie kan klaarkom nie, was ondanks dalings in ʼn paar voedselpryse, steeds in November effe duurder as tevore.
Talle misdadigers sit lánk danksy hulp van Shoprite
Die groep skryf die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van misdadigers toe aan sy interne spesialisspan wat onder andere uit voormalige speurders en polisiebeamptes, informante, data- en misdaadontleders en strafregkenners bestaan.
Huiskopers: Vermy elektriese ellende só
Huiseienaars moet sorg dat hulle altyd oor ʼn geldige elektriese sertifikaat beskik, saam met ʼn toetsverslag van ʼn geregistreerde elektrisiën.