“Die dikwels spreekwoordelike beskouing van die landbousektor as ‘melkkoei’ kan nie hierdeur verder gemelk word nie.”
Ontmoet TLU SA se span: John Rankin sê, ‘staan op en neem deel’
As hy nie in sy landerye staan nie, sal dit nie vreemd wees om John voor die kospotte aan te tref nie.
Kaapstad-hawe kopseer vir tafeldruifboere
Daar is tans nege tot tien skepe wat voor anker lê en hulle wag nou gemiddeld ses tot sewe dae om gehelp te word.
Bayer dek die tafel vir nuutskeppings
Daar heers ʼn sterk vermoede dat “big ag” en “big pharma” die bedryf manipuleer en kleiner maatskappye ontmagtig om mee te ding, maar Bayer Cropscience het nou sy deel bygedra om dit te beveg.
Rooivleisbedryf groet ʼn reus
“Hy was ʼn baie sterk wetenskaplike, maar ook ʼn goeie administrateur en kon baie goed met mense werk en het bekwame mense aangestel.”
Oorstroomde Vrystaat ‘moet tot rampgebied verklaar word’
Die VF Plus oorweeg intussen om van munisipaliteite waar boere skade gely het, te eis dat hul grondbelasting vir ’n jaar opgeskort word.
Kry kommissie om grondhervormingsproses te bekyk – Saai
Die familieboerorganisasie Saai sê hy hoop dat daar ’n soortgelyke ondersoek na die departemente wat vir grondhervorming en boerontwikkeling verantwoordelik was, van stapel gestuur sal word.
Meer as helfte van gesaaides in Wes-Vrystaat in gedrang
Dringende ingryping gaan nodig wees om talle boere in die provinsie in bedryf te help hou.
Video: Groot kommer oor sprinkane in Noord-Kaap
Die sprinkaanplaag veroorsaak ook ʼn gevaar op paaie omdat dit sig erg belemmer.
‘Help Vrystaat-boere’, pleit TLU SA
Vloede en hael het na raming sowat 6 000 ha vernietig.
Boer huil in landerye: ‘Ons stuur af op ʼn ramp’
Sommige boere het Dinsdag tot meer as 100 mm reënval op hul plase gehad, terwyl die weerdiens nóg reën vir die volgende paar dae voorspel.
Laer brandstofprys verligting vir boere
Maatskappye wat leweransiers aan boere is, word nou versoek om dié verligting deur te gee.
Boere bekommerd oor groot reën
Vier sluise van die Vaaldam is reeds oopgemaak en die weerdiens waarsku dat nog reën oor die volgende paar dae oor groot gebiede van die land verwag word.
Landbou SA se redding in 2021
ʼn Voortslepende droogte en die swaard van onteiening sonder vergoeding wat oor boere se koppe hang, kon die landboubedryf nie keer om vanjaar op vele gebiede uitnemend te presteer nie.
Maroela Media se 10 gewildste landbou-artikels vir 2021
Hierdie tien artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se landbou-portaal.
Boere maak ʼn plan met boorgate
Daar was groot vreugde by boere in die droogtegeteisterde Oos-Kaap toe die eerste water uit nuwe boorgate spuit.
Kruieboer skitter tydens pandemie
Van ʼn solo-onderneming in sy ouers se agtertuin tot ʼn stuk grond met ses groeitonnels elk met plek vir 10 000 tot 20 000 kruieplante, het dié entrepreneur hom nie deur die Covid-19-pandemie se struikelbokke laat onderkry nie.
Op 40 maak hy geskiedenis in SA wingerdboukringe
Andries Daniels het homself onderskei as iemand met ʼn oog vir ʼn rosyntjiedruif en was by die bekendstelling van Sundowner, die eerste eg-Suid-Afrikaanse rosyntjiedruifkultivar, betrokke.
Boorgate in Oos-Kaap gesink vir droogtehulp
Ondanks die reën wat ruim die afgelope maand in groot dele van die land geval het, knou die droogte van die afgelope paar jaar steeds die boere van die Oos-Kaap.
Leeus reggemaak om spesie in klein reservate te bestuur
Die Leeubestuursforum van Suid-Afrika (LiMF) monitor ongeveer 700 leeus op 59 reservate. Natuurlike prosesse word nagemaak deur aantelingskoerse te beheer en mannetjies uit te ruil.