Hierdie inhegtenisnemings is daarom ook ʼn belangrike skuif in die ANC-magspel en faksiegevegte waarin die party homself bevind. Daar is ʼn goeie rede waarom die hoëprofiel-inhegtenisnemings vandeesweek in die provinsie van Magashule se magsbasis plaasgevind het.
Nuuskommentaar: Gewond, maar onoorwonne
Gisteraand is nog ʼn boer vermoor. ʼn Mens kan nie anders as om met ongebreidelde woede op iets so afskuwelik te reageer nie.
Nuuskommentaar: Haatspraak deur politici verhoog geweld, wys navorsing
Baie Suid-Afrikaners is steeds erg ontstoke oor ’n onlangse imbizo wat in KwaZulu-Natal gehou is juis met die doel om landelike spanning in die Newcastle-omgewing te ontlont, kort ná ’n plaasaanval wat die lewens van ’n egpaar geëis het.
Nuuskommentaar: Leuens, vervlakste leuens en statistieke
Die regering het ʼn geskiedenis daarvan om die standaarde en definisies aan te pas ten einde die resultaat te kry wat hy graag wil hê.
Nuuskommentaar: Die prys + rente + strafrente van onbevoegde ministers
’n Utopie bestaan nie, maar as ’n regering voortgaan om geld – veral geld wat reeds op is of gesteel is – in die utopie te pomp, wag ’n nagmerrie van rente en selfs strafrente, en uiteindelik die fiskale afgrond.
Nuuskommentaar: SA se erfenis blote sonskyn, sokkie en sport
Beelde en monumente verteenwoordig geskiedenis, kultuur en erflating. Die oomblik dat die regering homself volmag oor die geskiedenis gee, gee hy homself ook volmag oor die toekoms. Die skrywer George Orwell het dit eens opgesom deur te sê: “Wie die verlede beheer, beheer die toekoms.”
Nuuskommentaar: Word ons dommer en meer rassisties – of net meer rasbewus?
Dat die gemoedere rondom die kwessie van ras in groot dele van die wêreld, indien nie die ganse wêreld nie, aan die oplaai is, is ’n gegewe met veral die George Floyd-geval wat ’n prominente mylpaal vorm.
Nuuskommentaar: Anargie wat spruit uit permanente ongelykheid
Die ANC gaan op ʼn punt kom waar die werklikhede op grondvlak van so aard is dat hulle dit nie meer kan vermy nie.
Nuuskommentaar: ANC sit ramp in ramptoestand
Die ANC gaan kwalik van hulle mag en verreikende invloed in die samelewing afstand doen. Sodoende word húlle die blywende ramp wat ons selfs na afloop van die pandemie gaan moet bestuur.
ANC-bekentenis oor Zim-vlug plaas verdere druk op Ramaphosa
Ramaphosa word in ʼn hoek gedruk om Mapisa-Nqakula uit haar pos te verwyder.
Nuuskommentaar: Onbevoegde staat, mislukte staat, fiskale afgrond
Wat is die trappe van vergelyking van ’n regering wat hard probeer om so chaoties as moontlik te “regeer”. ’n Vinnige literatuurstudie lewer drie handige terme op: Onbevoegde staat, mislukte staat en fiskale afgrond.
Nuuskommentaar: Die Afrikaner se sangrewolusie
Beloftes van ʼn beter “nuwe Suid-Afrika” het die Afrikaner tesame met almal anders in die land liederlik teleurgestel, maar eerder as om af te breek omdat ons ongelukkig is, gaan ons onsself uit die krisis presteer.
Nuuskommentaar: Kapitalisme volg kultuur
ʼn Mens het hierdie soort optrede van die EFF verwag, maar het gehoop dat korporatiewe Suid-Afrika ten minste meer van ʼn ruggraat sou hê.
Nuuskommentaar: Ekonomiese krisis ANC se skuld, nie pandemie s’n
Die ekonoom Mike Schüssler het in reaksie op die BBP-syfers gister op Twitter infografika gedeel wat die verwantskap tussen inperkings en ekonomiese inkrimping aandui.
Nuuskommentaar: ‘Charlie Hebdo’ sal nog lank eggo
In 2015 het twee Moslembroers by die weeklikse satiriese Franse tydskrif Charlie Hebdo se kantore in Frankryk ingebars en altesaam 12 mense doodgeskiet. Onder hulle was van die land se voorste spotprenttekenaars.
Nuuskommentaar: Clicks en die militante sosialegeregtigheidsbende
Die sosialegeregtigheidsbende het hulself die mag toegeëien om te besluit wie rassisties is en wie nie.
Nuuskommentaar: ANC het ons in ʼn ekonomiese krisis in regeer
Die regering het geensins die vermoë om ʼn moderne land met ʼn moderne ekonomie te bestuur nie. Sodoende het hy die ekonomie gesluit en oopgemaak soos wat dit hom pas.
Nuuskommentaar: Ons sal plaasmoorde sélf moet pak
Die regering het nie eens die vermoë om ʼn kwessie te takel wat hy onbeskaamd veroordeel nie – wat nog van ʼn saak soos plaasmoorde wat hy selde onbeskaamd veroordeel of pak. Selfs daar waar hy graag ʼn probleem wíl oplos, sukkel hy.
Nuuskommentaar: Gaan korrupsie ANC nou laat struikel?
Wat baie duidelik is, is dat die magstryd in die ANC so ontwikkel het dat daar slagordes opgestel word sodat geraamtes uit die kas geskud gaan word, en gedwing word om self fisiek aan hul eie gevegte mee te doen, of om die hasepad te kies.
Nuuskommentaar: ʼn Praktiese oplossing tot Suid-Afrika se politieke probleme
Aan die politieke front was dit ʼn besige naweek. Elkeen van die politieke gebeure dié naweek het ʼn unieke antwoord op Suid-Afrika se huidige politieke probleem probeer bied.