Geskiedboekskrywers, kry solank jul penne gereed; Novak Djokovic kan dalk net vir ’n nuwe inskrywing sorg.
Curriebeker: Pumas in halfeind, Leeus hou deur op skrefie oop
Die Pumas het die tweede jaar in ʼn ry ʼn slag geslaan vir die kleiner unies in Suid-Afrikaanse rugby toe hulle vir die halfeindronde van die Curriebekerreeks gekwalifiseer het.
Gholf: Yuan laat oë rek in Kanada
Die 26-jarige onbesonge Carl Yuan van China is die voorloper ná die tweede ronde van die Kanadese Ope-gholftoernooi wat in Toronto in Kanada beslis word.
Glimlaggende Lara sorg vir vuur in die water
Van Penny Heyns na Tatjana Schoenmaker en Lara van Niekerk: Suid-Afrika se swemaflosstokkie is ongetwyfeld in bekwame hande.
Swiatek jag ’n derde titel in Parys
Iga Swiatek, die wêreld se voorste vrouespeler, het beloof dat sy gereed sal wees om Karolina Muchova se aanslag in die eindstryd van die Franse Ope af te weer.
Morné se laaste skop
Hoe lekker sal dit nie wees nie as Morné Steyn vir oulaas die wedstryd vir sy span met ʼn komkommerkoel stelskoppoging beklink?
Coetzee se vyf en Stubbs se 50 beklink reeks
Suid-Afrika A het die derde en beslissende eendagwedstryd teen Sri Lanka A gewen nadat Gerald Coetzee en Tristan Stubbs met bal en kolf uitgeblink het.
Bitter McIlroy praat oor samesmelting van PGA, LIV
Oor tien jaar sal hy dalk terugkyk en sê die samesmelting was die regte besluit, maar nou “haat” hy steeds LIV-gholf, sê gholf-superster Rory McIlroy.
Kolbe gereed vir ‘nuwe hoofstuk’
Cheslin Kolbe staan dalk net 1,71 m in sy sokkies en weeg 75 kg, maar Suid-Afrika se rugby-Dawid gaan ʼn Goliat in Japan word.
Head verloor nie kop op Oval
Australië se Travis Head het ʼn onoorwonne 146 lopies op die eerste dag van die Toetskampioenskap-eindstryd teen Indië op die Oval aangeteken.
Noorse Ruud rol Deense Rune op Roland-Garros
Wanneer Casper Ruud ʼn tennisbal slaan, lyk dit of die wêreld stilstaan. Allesbehalwe die bal natuurlik – dit pyl teen 135 km/h op sy eindbestemming af.
26 SA’ners op pad na Parys
Paralimpiese sterre soos Pieter du Preez, Louzanne Coetzee en Sheryl James is in die groep opgeneem, terwyl Simoné Kruger ook haar bes sal doen om die goue medalje in Frankryk in te oes.
Marcell het Curriebeker in visier
“Almal is trots om die Bloubultrui oor die kop te trek en ons sal 110% gee om die Curriebeker te wen.”
PGA-reeks en aartsvyand LIV smelt saam
In ʼn skokaankondiging deur die PGA-reeks se uitvoerende hoof en die hoof van Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds, wat die LIV-reeks bedryf, is die strydbyle tussen die twee vegtende reekse begrawe en sal hulle van volgende jaar saamwerk.
Gerda op drumpel van Comrades-glorie
“Ek sal baie bly wees as sy die rekord verbeter. Sy verdien dit dubbel en dwars. Daar is min atlete wat so doelgerig, hardwerkend en vasberade soos sy is,” het Irvette van Zyl gesê.
Dit is Djokovic teen Alcaraz in Parys
Carlos Alcaraz het gewys dat jy op jou beste kan wees en nogtans teen hom verloor. Tog is Novak Djokovic slim en goed genoeg om staande teen ’n jong Turk te bly.
Murray meen hy kan nog topspelers stuit
Terwyl van die wêreld se voorste spelers nog spook om die klei van Roland-Garros uit hul wit sokkies te kry, het Andy Murray ʼn grasbaan-waarskuwing gerig.
Sri Lanka slaan terug in Pallekele
Dewald Brevis kon vandag net twee lopies in die tweede wedstryd teen Sri Lanka A aanteken.
Duane wil Wêreldbeker toe
“Ek wil deel wees van die Bok-span en ek wil hulle by die Wêreldbeker verteenwoordig.”
Jong Laevelder kry kans om in Haaitenk te baljaar
“Die Haaie het my deel van die span laat voel; amper soos ʼn klein boetie.”