“Ek voel so gelukkig en trots om saam met hom te wees. Ons het ’n tweede kans gekry, dis ’n mooi liefdesverhaal.”
Sepiegids: Rhafiek verdwyn spoorloos in ‘Suidooster’
In “Binnelanders” besef Danny hy en Joline is nie op dieselfde bladsy nie en in “Getroud met rugby” wroeg Schalk met ʼn moeilike besluit.
Video: Ontmoet die Karoo-manne met die ‘windpomp-rockmusiek’
Die Karoo dien ook as groot inspirasie vir dié unieke groep se rou, akoestiese styl.
Video: ‘Die Kontrak 2’ ontgin Afrikaanse musiekgoud
Die wenner sal op 4 November tydens die openingsaand van die uitverkoopte Afrikaans is Groot-konsert aangekondig word.
Vermaaknuweling se voete in geloof, harde werk geplant
“My hoekom het verander. Hoekom moet ek hierdie storie vertel? Toe my hoekom verander, het ek begin werk kry.”
Hollywood: ‘Twilight’-ster verwelkom pienkvoet; nuwe rolprente op pad
Dié gebeure het mense laat kopkrap oor die toekoms van “The Flash” en Miller se loopbaan.
Ek sê Syrah; jy sê Shiraz
Nasionale Shirazdag word op 21 Augustus gevier en dit skop ook die Seven Days of Shiraz & Venison af. Elke plaas wat shiraz maak, stel hul eie program hiervoor saam en die publiek kan lekker saamkuier oor wildsvleis en shiraz wat sulke goeie pasmaats is.
Luister: Boesemvriende Janey en Waney laat TikTokkers skater
Met derduisende volgelinge op TikTok en Instagram, vermaak dié komiese duo sosialemediagebruikers met droë grappe wat getuig van ʼn jare lange vriendskap wat deur ʼn gedeelde sin vir humor gesmee is.
Video: ‘Orkney’ se Van Tonders hou reünie
Die land se gunsteling Poeksie Woeksie en sy Wapsie Worsie en die res van die Van Tonder-gesin het die gehoor laat skater en snik.
Jy kan steeds vir vanjaar se Spar-wedloop inskryf
Terwyl aanlyn inskrywings vir die Spar Women’s Virtual Challenge gesluit het, is daar steeds verskeie maniere waarop vroue regoor die land aan die wedloop op 3 September kan deelneem.
‘Plaasjapie’: Skok toe dié gewilde deelnemer groet
Ná ʼn skokkende “koöperasiekuier” is daar nou net tien plaasjapies oor wat dinge vir die prysgeld van R1 miljoen uitspook.
Land aan die gons oor skattige koor
“Dis baie gewild in die skool om deel van die koor te wees, ons het selfs krieket- en rugbyspelers in die koor.”
Wenners van ‘Afrikaans in styl’-kaartjies aangewys
Baie geluk aan die vier Maroela Media-lesers wat elkeen ʼn dubbelkaartjie vir die Afrikaans in styl-produksie gewen het.
Dirk Meerkotter-kuns gevier met uitstalling, musiek
ʼn Versameling van Dirk Meerkotter se kunswerke, onder meer loodglasvensters wat hy vir die NG kerk Lindenpark geskep het, word uitgestal.
Dis drama om ’n swembad in dié kykNET-telenovelle
In hierdie gemeenskap is dit maklik om soos ’n vis uit die water te voel en die karakters besef vinnig dat hul vuil wasgoed nie so maklik met water skoongewas kan word nie.
Appel sing vir plaasaanvalslagoffers
Die kunstenaar tree by die AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid se ambassadeursfunksie op 19 Augustus in die AfriForum Teater in Pretoria op. Kaartjies is steeds beskikbaar.
Anna Neethling-Pohl word onthou
“Iemand wat in die Karoo grootgeword het, kan eintlik nie anders as om te glo nie. Daar waar die wêreld so oop is en die hemel so wyd, daar glo ’n mens in jou Skepper.”
Sepiester vier 10 jaar by ‘Binnelanders’
“Dis ’n hengse prestasie waarop ek werklik trots is.”
Afrikaanse ‘Real Housewives’ eersdaags op kykNET
Ses vroue van Pretoria sal in Oktober hul mooiste en duurste paar spykerhakskoene afstof om kykers te vermaak.
Wen kaartjies vir buitelugskou in hartjie van Pta
Die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show is om die draai en twee gelukkige lesers kan kaartjies na dié opwindende ekspo wen.