Die departement het vroeër gesê die rede vir dr. Sandile Buthelezi se afwesigheid by die werk het niks te doen gehad met enige wanoptrede aan sy kant nie en hy was glo bloot met ʼn paar dae verlof.
Soekresultate vir: Digital Vibes
Direkteur-generaal van gesondheid ‘net met verlof’
Dr. Sandile Buthelezi word glo óók betrek by ʼn korrupte tender wat die departement van gesondheid aan Digital Vibes toegeken het.
Presidensie ‘verwerk’ nog SOE-verslag oor Digital Vibes
Diegene wat in die verslag genoem word, sal die geleentheid kry om beswaar aan te teken teen die bekendmaking van die verslag, of gedeeltes daarvan.
Mkhize straks nog vervolg oor Digital Vibes-kontrak
Adv. Andy Mothibe, hoof van die SOE, het intussen aan Skoor gesê Mkhize se bedanking sal nie die ondersoek raak nie en dat bewyse gevind is wat dui op misdadige optrede.
SOE verslag ‘gebrekkig, ongegrond’ – Mkhize
“Meneer die president, dit is ongelukkig duidelik dat die SOE die ondersoek met ’n voorafbepaalde uitkoms en geslote gemoed aangepak het,” lui Mkhize se bedankingsbrief.
Kabinetskommeling: ‘President tas mis’
President Cyril Ramaphosa het ʼn gulde geleentheid verlore laat gaan om kabinetskuiwe te maak wat ’n daadwerklike verskil sou maak aan leierskap en vertroue op die hoogste vlak in Suid-Afrika.
Appèl op gesondheidsberoepe om ‘drakoniese’ regulasies te beveg
Die organisasie sê die regering probeer met die regulasies die weg baan vir die inwerkingstelling van die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering.
‘Sakke vol geld’ vir Mkhize se seun
Luidens ʼn verklaring van die spesiale ondersoekeenheid het Dedani Mkhize, die minister se seun, letterlik sakke vol geld by die eienaar van Digital Vibes gekry.
Druk op CR om Digital Vibes-verslag bekend te stel
Die DA sê hy het berigte ontvang dat die SOE uitvoerende stappe teen Mkhize en dissiplinêre optrede teen die betrokke amptenare aanbeveel het.
‘President moet verslag oor Digital Vibes beskikbaar stel’
“Die president is dit aan die belastingbetaler verskuldig om te sê wat die verslag bevind het.”
Digital Vibes: SOE se verslag by Ramaphosa
’n Beroep word nou op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om die volledige verslag na daardie omstrede kontrak onmiddellik bekend te maak.
Digital Vibes en Kie. se bankrekeninge bevries
Die SOE sê voorlopige ondersoeke het reeds twee “hoogs onreëlmatige en onwettige transaksies” blootgelê.
‘Gebruik die woede van ontnugtering as heilige vuur’
Maar as ons dan só ver gekom het, hoekom is toneelstukke soos hierdie nog nodig, vra Maryke Roberts vir Rehane Abrahams op die vooraand van nog ’n vryheidsviering – Jeugdag.
Mkhize mag nie ‘agterdeur’ kry
Die VF Plus sê daar heer tans verwarring oor verskeie kwessies en dat net die minister antwoorde daaroor kan verskaf.
Covid-19-statistieke: Amper 60 000 aktiewe gevalle
Die departement sê ook hy is steeds in staat om die pandemie te hanteer, selfs te midde van die spesiale verlof waarop die minister van gesondheid Dinsdag geplaas is.
‘Spesiale verlof’ vir Mkhize
Daar was die afgelope ruk toenemend oproepe dat Ramaphosa die beleërde minister in die pad steek weens sy beweerde betrokkenheid by die toekenning van die tender.
Digital Vibes se naam duik al jaar gelede in vrae op
Die VF Plus sê die minister van gesondheid én sy departement moet nou oop kaarte speel en duidelikheid oor alle kwessies verskaf vóór die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sy verslag bekend maak.
ANC-regering moet mislukkings erken, ophou hamer op verlede
Die VF Plus sê dit is ʼn skande dat ʼn begroting verwelkom word wat gewone mense die swaarste gaan tref.
Nuuskommentaar: Die ‘goeie’ ANC is toe ook korrup
Hierdie skandaal verwoes weer eens die teorie dat daar ʼn goeie ANC soos vergestalt deur Ramaphosa en ʼn slegte ANC soos vergestalt deur Ace Magashule bestaan.
Mkhize ‘op regsadvies’ nie voor parlementêre komitee
Lede van die parlementêre komitee was woedend oor dié stokkiesdraaiery en het behoorlik uitgevaar teen die minister.