Elon Musk is die nuwe baas van die sosialemediaplatform Twitter en het met die intrapslag talle van die topbestuurders in die pad gesteek.
Alles vir die sleutelwoord "Elon Musk"
Hier kom Tesla se elektriese vragmotors
Pepsi sal na verwagting op 1 Desember reeds die eerste elektriese vragmotors ontvang.
Twitter is ‘gevaar vir nasionale sekuriteit’, hoor kommissie
‘n Voormalige kuberkraker beskuldig Twitter van “nalatigheid en doelbewuste onkunde” en dat die maatskappy “ʼn gevaar vir nasionale sekuriteit en demokrasie inhou”.
Twitter dagvaar Musk vir kontrakbreuk
Die sosialemediaplatform versoek in hofstukke dat die ooreenkoms tussen hom en die miljardêr afgedwing word, aangesien geen monetêre boete die skade kan herstel wat reeds aangerig is nie.
Twitter-aandele tuimel ná Musk kop uittrek
Twitter het intussen onderneem om die miljardêr te dagvaar kragtens die bepalings van die ooreenkoms wat stipuleer dat ʼn kontrakbreukfooi aan die maatskappy verskuldig is.
Musk laat vaar Twitter-transaksie
Elon Musk het Vrydag sy plan laat vaar om Twitter vir $44 miljard te koop.
200 Tesla-werkers afgedank
Werkers wat hierdeur geraak word, is grotendeels dié wat data van voertuie se outomatiese bestuursbystandstelsel analiseer het.
Musk van ‘piramideskema’ beskuldig
’n Belegger wat geld verloor het nadat hy in Dogecoin belê het, eis nou miljarde dollar in skadevergoeding van Musk se maatskappye Tesla en SpaceX.
Musk sê Twitter hou data terug, dreig om te onttrek
Elon Musk het Maandag gedreig om sy aanbod om Twitter te koop te onttrek.
Regsgeding teen Musk oor Twitter-transaksie
In die regsgeding word beweer dat die miljardêr Twitter-aandele doelbewus afgejaag het sodat hy nie met sy bod om die platform te koop hoef voort te gaan nie, of vir ʼn laer prys kon beding.
Geen Twitter-transaksie sonder duidelikheid oor ‘botte’
Elon Musk voer aan botte, ’n sagtewaretoepassing wat outomatiese take oor die internet uitvoer, teister Twitter.
Musk se Twitter-transaksie tydelik uitgestel
Toe die ooreenkoms aan die einde van April aangekondig is, het Elon Musk gesê hy wil Twitter “beter as ooit” maak deur “die vals rekeninge uit te roei en alle gebruikers te verifieer”.
Musk sê hy sou Twitter-verbod op Trump ophef
Volgens Musk het Twitter se besluit om die voormalige Amerikaanse president van die platform af te skop “ʼn groot deel van die land vervreem”.
Hollywood: Komediant byna van verhoog af gemoker; Elon Musk besig met nog ’n projek
Maroela Media bied jou ’n opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
Twitter-syfers ry wipplank dae ná Musk-nuus
Twitter het een van sy laaste verdiensteverslae bekend gemaak. Dié verslae sal nie meer nodig wees ná Elon Musk die platform gekoop het nie.
Elon Musk se Twitter-deur nou wawyd oop
Dié nuus volg sowat twee weke nadat die miljardêr ʼn bod gemaak het om Twitter oor te koop sodat hy alleen in besit van dié sosialemediaplatform kan wees.
Elon Musk wil Twitter alleen besit
Die miljardêr dring daarop aan dat hy die enigste persoon is wat die volle potensiaal van die platform kan ontsluit.
Musk sê ‘nee’ vir plek op Twitter-raad
Elon Musk, die rykste man in die wêreld, het besluit om nie by Twitter se raad aan te sluit nie. Dit nadat hy meer as ʼn 9% aandeel in die sosialemediareus gekoop het.
Jou Twitter-blapse binnekort dalk gewysig
Dié nuus volg nadat Twitter se nuutste direksielid, miljardêr Elon Musk, ʼn aanlyn peiling onder sy volgelinge oor die behoefte aan ʼn wysigingsknoppie gedoen het.
Elon Musk koop groot aandeel in Twitter
Kenners bespiegel nou of dié miljardêr ʼn aktiewe rol in die platform se bedrywighede wil speel.