Yl verspreiding is ons probleem; groter konsentrasie die oplossing. Dit is nou tyd vir ʼn daadwerklike konsentrasiestrategie. Die keuse is tussen konsentreer en emigreer.
Alles vir die sleutelwoord "grondwet"
Onteiening sonder vergoeding: Só sê TLU SA
“Ons is dit aan ons nageslag verskuldig om te help verhoed dat Suid-Afrika maar net nog ʼn falende land gaan word.”
Afrikaans as wetenskapstaal en hoe die publiek bedien word
Afrikaanssprekendes in professionele beroepe kan beide Afrikaanse en Engelssprekende lede van die publiek bedien, maar watter impak het die verwydering van Afrikaans as onderrigtaal aan universiteite hierop? Adv. Albert Lamey neem die kwessie onder die loep.
ʼn Aanslag wat ons nie kan verduur nie
Koerante, internetblaaie, radiostasies en die televisiekanale verdien ons steun. Hulle is ʼn laaste bastion teen die oorweldigende tsunami van bedrog en korrupsie wat oor die land spoel, skryf Peet Bothma.
Hindernisse vir onteiening sonder vergoeding
ʼn Mens kan die nuwe president met oortuiging in sy aangekondigde kruistog teen korrupsie steun. Maar as dit kom by eiendom … wees maar wakker.
Afrikaanse onderrig: Die skrif is aan die muur
Die skrif is aan die muur vir Afrikaans, maar die stryd is nog nie gewonne nie.
Aanslag op die regspraak of aanslag van regbank op grondwet
Mag dit nooit gebeur dat Suid-Afrika se regspraak wat eens baie hoog aangeslaan was, so in ’n gebrek aan kwaliteit wegsink, dat al ons howe sogenaamde “e-howe” word nie.
Afskaffing van Afrikaans: Die begin van ʼn bittere verdeeldheid
Niemand met selfrespek sal berus in ʼn toestand waar die grondwetlike beloftes van vryheid, gelykheid en menswaardigheid op grond van ras, taal en afkoms van jou af weggevat word nie, skryf Flip Buys.
Verstaan hulle dan nie die Grondwet nie?
Ek het nooit gedink ek sal tot dié gevolgtrekking gedwing word nie: Die regters van die konstitusionele hof wat hul name aan die meerderheidsuitspraak insake Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat geheg het, verstaan nie die Grondwet nie, skryf Leopold Scholtz.
Die einde van die gedeelde visie oor die 1994-skikking
Vir ons is die enigste uitweg uit hierdie doodloopstraat van radikale transformasie, om uitgebreide kulturele selfbestuur met sterk gemeenskapsinstellings te vestig.
Wie gaan die land help om water uit ʼn klip te tap?
ʼn Waternood staar 30 munisipaliteite in die land in die gesig. Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, het haar dreigement herhaal dat wanbetalende plaaslike owerhede net tot 8 Desember het om hulle gesamentlike agterstallige skuld van meer as R10 miljard te betaal.
Lesersbrief: Die leer van transformasie
Dit laat ’n mens wonder watter offergawe ons nie nóg vir transformasie sal gee nie?
Aanhouer wen: Blý hamer teen die toe ANC-poorte!
Die demokrasie, ook in Suid-Afrika, verg deursettingsvermoë en ’n lang asem. Moenie sukses op kort termyn verwag nie. Blý hamer teen die toe poorte. Aanhouer wen!
Deursigtigheid in politieke partyfinansiering nie noodwendig voordelig nie
Dat politieke partye deursigtig moet wees oor hul private finansiers sal andersins ʼn oorwinning vir demokrasie in Suid-Afrika wees. Die wet van onbedoelde gevolge moet egter altyd in gedagte gehou word.
Suid-Afrika: Demokrasie of diktatuur?
Hoe lyk sake in Suid-Afrika? Is ons land ’n demokrasie?
Sekere regte hoort nie in ʼn grondwet nie
“Dit is belangrik dat ons nou argumenteer vir meer vryheid, minder staatsinmenging en verdere beperking van die regering se magte.”
‘Net-wittes’-advertensie: Só sê die wet
Wat sê die wet oor die werwingsagentskap se advertensie vir ʼn pos by M-Net vir slegs “Engelssprekende wit persone”?
Private eiendom is goed vir die ekonomie
Die gevaar is dat politici, wetgewers en akademici se toenemende fokus op beslaglegging en hertoedeling as ʼn maatskaplike oplossing verdere skadelike beleid sal vestig. Sulke beleid is medisyne wat die ekonomie net sieker sal laat.
Apartheid, nazisme en die Duitse kanselier se vraag
Die toenemende krisisse in die land is alles tekens dat die huidige bedeling onvolhoubaar is. Dit sluit aan by navorsing van die Economist en die Universiteit van Chicago dat die lewensduur van grondwette in die wêreld minder as 20 jaar is – die leeftyd van een “politieke geslag”, skryf Flip Buys.
Die val van die jong, siek regstaat – en die groei van ʼn nuwe bedeling: Plan A
Ons situasie is hoogs vloeibaar, soms onstabiel en gevaarlik. Tog is dit vol belofte na mate konsentrasie en territorialisering danksy daadwerklike praktyke ʼn nuwe konstitusionele bedeling van selfstandige gemeenskappe tot stand bring.