Landbou kan ʼn groot hou teen werkloosheid slaan, maar boere en landbou-ondernemings kort dringend die beleidsekerheid om so te maak.
Alles vir die sleutelwoord "landbou"
Namibië tot rampgebied verklaar weens droogte
Suid-Afrika se buurland, Namibië, het ʼn pleidooi gelewer vir internasionale hulp nadat pres. Hage Geingob vroeër die week ʼn noodtoestand in die land afgekondig het weens ʼn voortslepende droogte.
Nuwe vennootskap om landelike veiligheid op te skerp
Landbouverwante misdaad kos dié bedryf jaarliks sowat R7,7 miljard.
Grondhervorming: ‘Boere gaan self moet inspring’
Grondhervorming en ʼn verskuiwing na ʼn meer inklusiewe ekonomie is onvermydelik – dit gaan op die een of ander manier moet gebeur. Dit is hóé dit gedoen word wat uiteindelik die bepalende faktor sal wees of die landbousektor gaan floreer of sink.
Waarom elke boer en sy span vir die DA moet stem
Ek het navorsing gedoen, spesifikasies, werksverrigting en dieselverbruik vergelyk voordat ek rasioneel besluit het watter vervaardiger my besigheid gaan kry. En ek gaan dieselfde proses volg met my stem in hierdie jaar se verkiesing.
Theo Venter: Dít kan dalk op 8 Mei by stembusse gebeur
Ondanks die onsekerheid het Venter wel gewaag om ʼn voorspelling te maak oor die verkiesing.
Boere ‘moet self grondhervorming doen’
“As jy dit nie self doen nie, gaan iemand dit vir jou doen – dan gaan onteiening gebeur.”
Brandstofprys is slegte nuus vir verbruikers, landbousektor
Dawie Maree, landbou-ekonoom by First National Bank sê die jongste brandstofprysverhogings is nie goeie nuus vir verbruikers en die landbousektor nie.
Nuwe landbounetwerkorganisasie wil familieboere bystaan
Die Suider Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, is vandag in Pretoria bekendgestel.
Lesersbrief: Berader-leraar praat oor Bultfontein se boere
“Weet jy,” vra ’n boer, “weet jy hoe dit voel wanneer ’n plaas wat al ses geslagte in die familie is, by jóú eindig?”
Seil-Safari wil oplossings vir landboubedryf bring
Theo Vorster, aanbieder van die reeks Sakegesprek, sal brandende kwessies aanroer met die fokus op grondonteiening en magspolitiek, terwyl Christo Briedenhann en genl.maj. Roland de Vries, sekuriteitstegnologiespesialiste, hul kennis oor die gebruik tegnologie vir landelike veiligheid en die voorkoming van vee- en gewasdiefstal sal deel.
Privaat nuus, outomatisering en die maan: Hallo, 2019!
Andries Brink, uitvoerende hoof van Andile Systems, het ʼn paar ingeligte voorspellings gemaak rakende die onderwerpe wat hierdie jaar op almal se tonge gaan wees – en hy begin sommer deur die planeet te verlaat.
Staatsrede: ‘Landbou verdien regering se ondersteuning’
Agri SA, een van Suid-Afrika se grootste landbou-organisasies, se boodskap aan pres. Cyril Ramaphosa met die oog op sy tweede staatsrede is eenvoudig: landbou benodig die gesamentlike ondersteuning van al die regeringsdepartemente.
Hou vas, die 2019-mallemeulerit is rof!
Die politieke geveg is ver van verby. Hou vas, die rit gaan nóg rowwer raak, skryf Leopold Scholtz.
Skokfeite oor vuishou van droogte op landboubedryf
“Meer as die helfte van boere ly onder meer aan depressie en angs weens die uitdagings en skade te wyte aan die droogte.”
Al weer die falende staat
TLU SA het aangedui dat hy stappe teen die regering oorweeg en die moontlikheid van ’n klasaksie ondersoek waardeur boere dalk skadevergoeding kan eis.
Ekonome verwelkom styging in BBP
Die vuisvoos Suid-Afrikaanse ekonomie het gedurende die derde kwartaal van vanjaar van die planke opgestaan soos ’n bokser wat katswink geslaan was. Dit het beleggers, markspelers en senior regeringslui die kans gegee om ’n slaak van verligting te gee.
Groot prysverlaging vir brandstof is moontlik
Boere kan die wenners in volgende maande se brandstofprysverlagings wees, terwyl beide verbruikers- en produksie-inflasie kan krimp. Dit is die mening van twee van die land se voorste ekonome.
Mini-begroting ontleed: ‘Morsig, maar ook rede tot hoop’
Die syfers wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk genoem het, is skokkend, maar dit was die eerste eerlike begroting in ʼn lang tyd.
Aanhoudende brandstofprysstyging ’n harde slag vir landbou
Maree ontleed die kostefaktor verder. Hy sê dat wat verbruikers ook nie moet vergeet nie, is dat kunsmis en chemiese middels se pryse ook gekoppel is aan die olieprys, want dit is neweprodukte van die proses. ’n Styging in die olieprys laat ook kunsmispryse toeneem.