Patricia de Lille, leier van die Good-party en voormalige burgemeester van Kaapstad, het Woensdagaand gesê sy het DA-leier Mmusi Maimane gewaarsku dat hy “ingesluk sal word” as hy nie op sy beginsels staan nie.
Alles vir die sleutelwoord "Patricia de Lille"
Byna 90% van leë staatshuise val uitmekaar
De Lille kon boonop nie sê presies wat die regering se planne met die verwaarloosde geboue is nie.
De Lille wil miljarde se staatskuld aan munisipaliteite spoedig vereffen
De Lille het gesê die departement se finansiële hoof lei die projek en ʼn plan is reeds saamgestel om die departement se skuld aan munisipaliteite te delg.
De Lille in spervuur oor suster se aanstelling
ʼn Skandaal het om die kop van Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, losgebars nadat sy haar suster aangestel het as sekretaresse in haar departement.
Nuwe besem vee skoon by openbare werke
“Afgesien daarvan betaal die polisie ʼn private maatskappy om die geboue teen ʼn koste van tussen R400 000 en R500 000 per maand op te pas.”
Podlitiek: Lesufi deel fopnuus, EFF sê ekskuus
Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span die kabinet, die EFF se verlies in die hof, en die rondskuiwery van Panyaza Lesufi.
Uitspraak voorbehou in De Lille, DA se jongste regsgeding
“Die afgelope twee jaar het die DA probeer om my swart te smeer met valse beskuldigings. Ek het al drie hofsake teen hulle gewen en dié keer is net ʼn voortsetting van daardie geveg.”
De Lille verloën haar kiesers, sê VF Plus
“Sy is ʼn verduideliking verskuldig aan elke persoon wat Good met hul stem vertrou het.”
Politieke kenners sê oor nuwe kabinet
ʼn Geweldige verwagting is geskep rondom die verkleining van die kabinet wat dalk effens onrealisties was gegewe waar die ANC, die regering en die land homself nou bevind.
Wes-Kaapse regering plaas dadelik druk op De Lille
Sommer al op haar eerste dag as minister van infrastruktuur en openbare werke het mense uit Patricia de Lille se verlede kwaai druk op haar geplaas toe haar oudkollegas haar aan ʼn paar van haar ondernemings as Kaapse burgemeester herinner het.
De Lille-aanstelling ‘goed uitgevoerde ANC-veldtog’
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand sy nuwe kabinet aangekondig en verras met De Lille, leier van die Good-party, se insluiting.
Good-voorsitter bedank uit party
Die party het gesê hy is uit die veld geslaan oor die redes vir haar bedanking.
‘Kieshof moet dispuut tussen De Lille en DA aanhoor’
“Dit is my bevinding dat die mees gepaste plek om al twee kante van die dispuut aan te hoor nie dié hof is nie.
De Lille en die DA terug hof toe
Die Kaapstadse hooggeregshof het ʼn aansoek deur Patricia de Lille uitgestel vir ʼn interdik teen die DA in ʼn poging om die party te verhoed om aan kiesers te sê dat sy verlede jaar as burgemeester van Kaapstad afgedank is.
De Lille, DA pak mekaar weer in die hof
“Die DA het op onredelike wyse geweier om dit te doen en dit dwing my om weer eens die howe te nader,” het De Lille gesê.
Nóg ʼn oorwinning vir De Lille teen DA
Die DA moet binne die volgende drie dae ʼn openbare verskoning aan De Lille uitreik.
De Lille lê klag oor DA-lid se seun
Patricia de Lille het ʼn klag by die Openbare Beskermer ingedien nadat die seun van ʼn DA-raadslid glo ʼn groot bedrag geld ontvang het van ʼn beleggingskema.
Politiek het SA’ners versaak, sê De Lille
Politiek het, soos gewoonlik, te veel Suid-Afrikaners in die steek gelaat en mense het geloof en vertroue in die politiek en politici verloor, het Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, Saterdag gesê.
Patricia de Lille se manifes bekend
Patricia de Lille, leier van die Good-party, het haar party se verkiesingsmanifes in Kaapstad en landwyd op sosiale media bekend gestel.
De Lille gee haar party ʼn ‘goeie’ naam
De Lille het die aankondiging Sondagoggend in die Foxwood-hotel in Johannesburg gedoen.