Dit plaas Suid-Afrika 20ste op die lys en toon ʼn baie positiewer ingesteldheid teenoor lees as lande soos Singapoer waar 33% aangedui het hulle geniet dit baie om te lees en selfs die VSA waar slegs 25% van leerders lees baie geniet.
Alles vir die sleutelwoord "SOS"
Luister: Hoe lyk die onderwysvraagstuk van ons tyd?
In hierdie episode gesels dr. Dirk Hermann saam oor die uitdagings wat Afrikaanse onderwys in die gesig staar en bespreek oplossings daarvoor.
Webinaar: Sakeplanne vir uitnemende, volhoubare Afrikaanse skole
Die SOS hou vandag ʼn webinaar wat handel oor sakeplanne vir skole, en die wedersydse belang tussen die onderwys- en die sakegemeenskap vir volhoubare Afrikaanse gemeenskappe.
SOS trap sakeplanne vir uitnemende, volhoubare Afrikaanse skole deur
“Volhoubare gemeenskappe kan nie sonder uitnemende skole bestaan nie, en uitnemende skole kan nie sonder ‘n volhoubare gemeenskap bestaan nie.”
Vroeër ingryping in skooljaar nodig
Leeragterstande weens die Covid-19-pandemie is grootliks ingehaal, maar leesbegrip en wiskunde is steeds ʼn probleem, luidens ʼn verslag van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum.
SOS skenk rekenaars aan gemeenskapsprojek
Enige skenkings van toerustings, soos ou rekenaars en skootrekenaars in ʼn werkende toestand, kan aan die SOS gemaak word om di projek verder te ondersteun.
Jou moedertaal is jou hartstaal
Daardie dag op die vliegtuig het ek die woorde van die FAK-liedjie, “O Boereplaas”, helaas verstaan.
Hiér is land se beste skole (en agt is Afrikaans)
Die vier skole met die meeste onderskeidings in die 2022-eindeksamen, is ook almal Afrikaans.
Luister: SOS-verslag wys ál minder matrieks neem wiskunde
Ondanks dié neiging behaal Afrikaanse skole steeds drie keer meer onderskeidings in wiskunde as al die ander skole in die land.
Ouers, berei julself só voor vir die eerste skooldag
“Die ouers is dikwels meer emosioneel oorweldig as wat hul kinders is en dan projekteer hulle onbewustelik hul emosionele onsekerhede of angs.”
Luister: Die toekoms van die intermediêre fase
Hierdie twee geroepe opvoeders vertel jou van die suksesse van kringonderrig, Meesterkringe™, die omgekeerde klaskamer en leerervarings wat jou verbeelding sal aangryp.
Onderwysers: Is ons beste nog goed genoeg?
Die vraag wat ons krities lojaal moet beantwoord is: “Is wêreldklas goed genoeg?”. Sal wêreldklas onderwys verseker dat die volgende geslag vanuit die Christelike lewens- en wêreldbeskouing leef en daadwerklik terug ploeg waar hulle geplant is.
Luister: Goeie assessering is deel van ’n blink onderwystoekoms
Die woorde “assessering” en “toetse” word deesdae sommer oor dieselfde kam geskeer.
Selfdissipline, hardwerkendheid en deursettingsvermoë – dít is durf
Kinders behoort blootgestel te word aan rolmodelle wat terugslae beleef het, maar steeds met deursettingsvermoë en selfdissipline aangehou het om na hulle doelstellings te streef. Dan leer kinders dat durf die geheim is tot sukses.
SOS aan parlement: Onttrek omstrede Bela-wet
Die Bela-wetsontwerp kry dit hotagter veral omdat dit onder meer daarop gemik is om skole se toelating- en taalbesluit in die hande van die staat te plaas en as ʼn aanval op Afrikaanse skole beskou word.
Is my kind gereed vir graad een?
Elke jaar wonder ouers van graad R-kinders of hulle kinders werklik skoolgereed is.
Luister: Is huiswerk nog sinvol vir leerders?
Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel.
Luister: Die toekoms van die grondslagfase
In hierdie episode gesels die span aanbieders van die Podvoeding-reeks oor die toekoms van die grondslagfase met ʼn meesteronderwyseres en skoolhoof, Marietjie Havenga.
Help my! Benodig ons kinders nie stimulasie nie?
Ek moet haar herinner aan haar eie woorde: “Ons kinders moet speel. Hulle moet op gras speel”.
Luister: Nuwe hoogtes met ou beginsels
Hoe het die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se onderrig- en leermodel ontstaan, wat is die uitdagings ten opsigte van nuwe konsepte, wat behels die nuwe rol van die onderwyser, waar kom kringonderrig vandaan en watter rol speel Christelike waardes in ʼn toenemend veranderende wêreld?