Twee of meer vroue bymekaar het ’n rimpeleffek op mekaar.
Alles vir die sleutelwoord "vroue"
‘FroueVonds’: Daar is niks wat vroue nie kan bereik nie
Ons het Supervrou-kragte en gawes gekry en dit is ons verantwoordelikheid om daardie kragte en gawes wat diep binne-in ons gesetel is, te ontgin en uit te leef. Dis hoekom God ons as vrou geskape het.
‘FroueVonds’: Tokkel jou hartsnaar, laat die brein rus
’n Té besige brein maak die hart stil. ’n Té vol brein maak dat ons nie hoor wat ons hart ons wil vertel omtrent ons verhoudings, gesondheid, sake by die werk, en baie meer nie.
Vroue dra die las van geslagsgebaseerde geweld
“Ons maatskaplike werkers kan getuig dat die basis van geweld ʼn emosioneel ontwrigte agtergrond kan insluit soos geweld of verwerping. Ons kan duidelik sien hoe dit tot emosionele isolasie lei, wat wrokkigheid en woede kan veroorsaak wat in geweld kan oorkook – wat makliker is om op iemand uit te haal wat minder geneig sal wees om terug te veg.”
‘FroueVonds’: Wees die verskil wat jy wil maak
Vir my beteken vrouwees ’n oop hart, ’n oop hand en ’n oop huis, met die diepe besef dat elke dag ’n geskenk van God is.
Wen: Wat maak jou ʼn miljoenêrsvrou?
Om ʼn miljoenêrsvrou te wees, het eintlik maar min met jou bankrekening te doen. Vir René du Preez gaan dit veel meer oor hoop, dankbaarheid en ʼn besef dat ʼn vrou dikwels steeds oorvloedig geseënd is te midde van moeilike omstandighede.
‘FroueVonds’: Verbreek die kettings van stereotipes
Ons leef nie in ’n volmaakte wêreld nie, en juis daarom moet ons wat as kinders die voorreg van geborgenheid gehad het en die genade van ’n volhoubare bestaan ken, verseker dat daar aan kinders wat sonder keuse in slegte omstandighede beland, ’n realistiese kans gebied word om daaruit te ontsnap.
Nuwe taxidiens wil veiliger opsie vir vroue wees
Die ChaufHer-taxidiens is deur ʼn groep vroue van stapel gestuur met die fokus om vrouepassasiers veilig deur vrouebestuurders by hul bestemmings te kry.
Hoe gaan dit régtig met beroepsvroue in SA?
ʼn Onlangse studie onder Suid-Afrikaanse besigheidsvroue toon dat Suid-Afrikaanse vroue nog groot uitdagings in die werkplek het en dat daar nog heelwat gedoen sal moet word om vrouewerknemers op gelyke voet met hul manlike eweknieë te bring.
Só sê bekendes oor vrouwees
Augustus is die maand waarin die vroue in Suid-Afrika geëer word. Maroela Media het by ’n paar vroue in die kunstebedryf gaan aanklop om bietjie meer oor húl sienings van die skoner geslag uit te vind.
Vroue en armoede
Om mense te begelei uit armoede, vereis dekade lange volgehoue inisiatief en toewyding in die vaste wete en doel dat mense self beheer kan neem van hul lewe. Soos die een geslag op die skouers van die ander klim, en verder kyk en bou, skryf dr. Rina Venter.
Blindelings, so vroualleen
En niemand sou ná daardie dag kon sê ek het nie daadwerklik probeer om boonop in iemand anders se skoene ook te loop nie!
Afrikaanse vrou, tydskrifwese kom in ‘Gedenkboek’ onder loep
Die Boerevrou is van Maart 1919 tot Desember 1931 in Pretoria onder die redakteurskap van die eienares, Mabel Malherbe, uitgegee. Dié tydskrif was die voorloper van die bekende Sarie en was besonder gewild onder lesers.
Orania-vroue gesels saam oor vooruitgang op vasteland
Afrika word deur talle minderheidsvolke bewoon en hierdie soort erkenning open die deur vir groter selfstandigheid én skakeling.
#HelpHetta-projek wil sanitêre ware vir meisies insamel
Solidariteit Helpende Hand het vandeesmaand tydens Vrouemaand gepoog om meer as 1 000 pakkies sanitêre doekies vir minder bevoorregte meisies landwyd in te samel.
Verkeersligmammas bedel met kinders in die arms
Dit is voorwaar ʼn alledaagse gesig: dié van ʼn bedelende vrou met ʼn baba op die rug, by ʼn verkeerslig. Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Gauteng-Oos kry voortdurend klagtes oor sulke vroue wat baba-op-die-rug by verkeersligte bedel.
Vroue in kunstebedryf oor belangrikheid van bemagtiging
Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Nosipho Dumisa en Maude Sandham het met Maroela Media oor vroue se rol in die hedendaagse kunstebedryf gesels.
Voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou
Om ʼn werkende ma te wees, is nie ʼn maklike paadjie nie. ʼn Werkende ma deel nie haar tyd en energie in deeltjies op nie, sy gee 100% aan elke rol wat sy vervul. Sy is voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou.
Wat beteken veldtogte soos #MeToo en #TimesUp vir vroue in Suid-Afrika?
Ons is ʼn menigte vroue in hierdie land, en ons kan saam sinvolle verandering bring. Ons kan die statistiek verander, en ons kan ons land ʼn beter plek maak deur ons werkplekke en leefruimtes beter plekke te maak.
Dit is hoe Clover Mama Afrika armoede aanpak
“Hierdie vyf mammas het gesamentlik meer as 100 mense in diens en toon werklik die rol wat ʼn individu kan speel om verligting van armoede in Suid-Afrika te verseker.”