‘n Ondersoek is gelas na die korrektheid van getuienis verlede week voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Alles vir die sleutelwoord "Zondo-kommissie"
Zondo: Morele verval van ANC-koukus kom aan die lig
Die bedenklike moraliteit binne die parlementêre koukus van die ANC het die kollig gesteel tydens Dinsdag se sitting van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Nóg hoogdrama by Zondo-kommissie verwag
Maandag se getuienis het grootliks gewentel om opposisie-LP’s se getuienis oor hoe hulle meen die ANC se parlementslede nie hul oorsigrol in die parlement uitvoer nie.
Zondo kan ‘gʼn samewerking meer van mý verwag’ – Zuma
Oudpres. Jacob Zuma sê hy is gereed om tronk toe te gaan – nes in die apartheidstyd – om vir sy grondwetlike regte te stry.
Spioene steier onder verdere Zondo-onthullings
“Mej K” het getuig van verskeie misdadige pogings om lede van die regbank en media te manipuleer.
Hof verplig Zuma om voor Zondo-kommissie te verskyn
“Die speletjie is nou verby vir Zuma. Indien hy nie vir sy getuienis verskyn nie, moet hy in hegtenis geneem word.”
SVA-agent getuig oor spioenasie-owerheid se korrupsie
Verdere openbarings oor kriminaliteit en ontoerekenbaarheid in Suid-Afrika se spioenasiestrukture het Woensdag se getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oorheers.
Zondo: OG in duister oor geheime SSA-projekte
Die direkteur-generaal van staatsveiligheid het Dinsdagmiddag nog onthullings voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak.
ANA is gʼn ʼn front vir die SSA, sê nuusagentskap
Die African News Agency (ANA) is nie opgerig om ʼn front te wees vir die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) nie, het die uitvoerende hoof van ANA Dinsdag gesê.
Zondo: Direkteur-generaal lig sluier oor spioene se misdade
“Geld is gesteel en mense het hulself verryk,” het die Zondo-kommissie van ondersoek oor die Staatveiligheidsagentskap gehoor.
Zuma gaan nié voor Zondo verskyn
Die 78-jarige Zuma speel sedert 2018 kat en muis met die kommissie wat staatskaping moet ondersoek.
Montana nou ‘nes Myeni, Zuma’ oor Zondo-kommissie
Die DA het Lucky Montana se optrede as onderduimse taktiek bestempel.
Ramaphosa eersdaags voor Zondo-kommissie
Die ANC sal as regerende party ook voor die kommissie moet verskyn.
McKinsey gaan ook vir Transnet en SAL terugbetaal
Die konsultasiefirma McKinsey & Co gaan honderde miljoene rande terugbetaal vir werk wat hy saam met Regiments, ʼn Gupta-verwante maatskappy, vir Transnet en SAL verrig het.
Zondo-aansoek teen Zuma nou by Konstitusionele Hof
Die aansoek is ʼn poging – met die swaard van inhegtenisneming wat nou oor Zuma se kop hang – om ʼn herhaling van gebeure te verhoed toe Zuma twee weke gelede sonder toestemming uit die sitting gestorm het.
Zondo-kommissie: Nóg ʼn dagvaarding vir Zuma
Die kommissie is intussen ook van voorneme om ʼn klag teen Zuma by die polisie in te dien.
Zondo gaan klag teen Dudu Myeni indien
Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan strafregtelike klagtes indien teen die voormalige SAL-voorsitter, Dudu Myeni.
Nuwe dagvaarding op Zuma bedien
Die dagvaarding is vandeesweek op Zuma bedien by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Balieraad kry Zuma-stigting voor stok
In ʼn skerp bewoorde verklaring sê die balieraad die Zuma-stigting het ʼn aanval op die oppergesag van die reg self geloods, terwyl Zuma – die man wat hy verdedig – dit duidelik gestel het dat hy eerder in die tronk sal gaan sit as om gehoor te gee aan ʼn regmatige dagvaarding.
Zondo-kommissie: Polisie moet Zuma se gedrag ondersoek
Die kommissie gaan ook nog ʼn lasbrief uitreik om Zuma te verplig om op nuwe datums voor die kommissie te kom getuig.