“Hierdie mense moet vervolg word, en as hulle skuldig bevind word, moet hulle swaar gevonnis word.”
Alles vir die sleutelwoord "Zondo-kommissie"
Zondo-kommissie: Talle vrae oor minister se aanstelling van Gupta-raadgewer
Oudmin. Des van Rooyen het ʼn man wat hy in ʼn restaurant ontmoet het en daarna net enkele kere telefonies gekontak het, as sy spesiale raadgewer aangestel sonder dat hy eens Mohamed Bobat se CV onder oë gehad het.
Voormalige DG ‘dankbaar’ Van Rooyen kry trekpas as finansminister
Lungisa Fuzile, ʼn voormalige direkteur-generaal van finansies, het Dinsdag getuig hy was dankbaar dat Des van Rooyen net enkele dae nadat hy as minister van finansies aangestel is, die deur gewys is.
Oudminister Des van Rooyen Dinsdag voor Zondo-kommissie
Van Rooyen was in Desember 2015 vier dae lank die minister van finansies voor hy die trekpas gekry het. Hy is sedertdien by verskeie bewerings van staatskaping betrek.
Wysigings rakende Zondo-kommissie verwelkom
“Ons kan nou vrylik met personeel van die kommissie praat en mense wat die werk gedoen het en wat weet waar om te soek, vrylik betrek.”
Skrap Zondo-kommissie, sê F4SD Youth
“Die kommissie het nog nie enige resultate opgelewer nie, buiten sensasionele stories van hoe korrup ministers en voormalige presidente was.”
Regter Zondo vra meer getuies oor staatskaping
Adjunk-regterpresident Raymond Zondo het Maandagmiddag ‘n oproep uit die hart gedoen op Suid-Afrikaners wat die land lief het en oor getuienis rakende staatskaping beskik, om na vore te kom en voor sy kommissie te getuig.
Zondo-kommissie hervat werksaamhede
Die kommissie sal vandeesweek getuienis aanhoor oor beweerde korrupsie by ’n staatsinstelling.
Zuma getuig ‘binnekort’ voor Zondo-kommissie
Die Zondo-kommissie se openbare verhore sal binne die volgende maand hervat.
Zuma wou hê Montana moes by Prasa aanbly
Molefe het gesê hy was geskok oor die vlak van poging tot inmenging deur uitvoerende lede.
Zondo hoor oor magstryd by Prasa
Die destydse raad het veral belanggestel in ʼn reusekontrak van R51 miljard om nuwe treine aan te koop, maar Lucky Montana het versuim om besonderhede daaroor te verskaf.
Mbalula gaan hom teen ‘leuens, laster’ verdedig
Die minister van vervoer word daarvan beskuldig dat hy die Prasa-raad die trekpas gegee het, sodat hy sonder teenstand ʼn administrateur kon aanstel.
Nuwe perseel vir Zondo-kommissie
Die besluit is as ʼn oorwinning vir dienslewering bestempel.
Mnr. X impliseer Myeni by Zondo-kommissie
ʼn Getuie wat in camera voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig, het Dinsdag bekend gemaak hoe hy geld na die Jacob Zuma-stigting gekanaliseer het in opdrag van Dudu Myeni, gewese SAL-voorsitter.
‘Mnr. X’ soek beskerming vir getuienis oor Myeni, Zuma
ʼn Getuie by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping vrees vir sy lewe en het die kommissie vir getuiebeskerming gevra.
Zondo: Beweerde omkopery by SAAT
Die kommissie wil nou sy fokus verskuif na beweerde korrupsie by Prasa.
Hierdie week se hoogtepunte by die Zondo-kommissie
Grootskaalse beweerde korrupsie in KwaZulu-Natal, getuienis oor hoe die Gupta-familie se koerant, The New Age, deur staatsbeheerde ondernemings in stand gehou is en ‘n waarskuwing aan oudpres. Jacob Zuma, was van die hoogtepunte uit die urelange sittings van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hierdie week.
Zondo gaan voort, met of sonder Zuma
Sedert openbare verhore in Augustus 2018 begin het, is die getuienis van meer as 150 mense aangehoor en is meer as 27 000 bladsye transkripsies ingedien.
Zuma glo te siek vir Zondo-kommissie
Oudpres. Jacob Zuma is te siek om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te verskyn, het die oudpresident se regspan vandag voor adjunk-hoofregter Raymond Zondo gesê.
Bewaringsbevel teen direkteure van maatskappy met Gupta-bande
Volgens die NVG is die ondersoek na die omstrede Regiments-groep se optrede in ʼn gevorderde stadium.