Hoe het Eskom in die posisie gekom waar hulle R450 miljard skuld? Eskom was voorheen winsgewend.Hoe gebeur dit dat uit 257 munisipaliteite slegs 18 skoon oudits kry volgens die jongste verslag van die ouditeur-generaal?Dit gebeur omdat Zuma en die ANC glo dat ’n lojale ANC-lid beter is as ’n kundige persoon as dit by aanstellings kom, skryf dr. Pieter Mulder.
Alles vir die sleutelwoord "Zondo-kommissie"
Ramaphosa se Zondo-verklaring bekendgemaak
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, het Vrydag pres. Cyril Ramaphosa se beëdigde verklaring bekendgemaak waarin hy sy kant van die saak stel oor staatskaping en ongebreidelde korrupsie in Suid-Afrika.
Zuma sal wel weer voor kommissie verskyn
Oudpres. Jacob Zuma het hom Vrydag eers aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping onttrek voor hy later ingestem het om in ʼn latere stadium sy getuienis voort te sit.
Motsoeneng aan Zuma: ‘Ek het jou gewaarsku’
“Ek het vir hom gesê hierdie mense gaan hom in die tronk stop. Ek het hom gewaarsku en steeds is hy lief vir hulle.”
Hoe lyk die telkaart vir die omkeer van ons geknelde land?
Die telkaart is dus ’n mengsel van negatiewes, positiewes en eie doele. Die uitslag van die stryd is daarom nog lank nie seker nie. En soos voorheen gesê, gaan dit nie ’n kort stryd wees nie. Wat wel mettertyd aan die Ramaphosa-kant meer punte sal gee is sy eie aanstellingsmagte as president van die land.
Nuuskommentaar: Hou ‘slim’ gekke en dwase hul lywe ook ‘dom’ base?
Ná waarskynlik al digby “hundred and eleventy million” bewyse en getuienis (wat aan kruisondervraging onderwerp is), verskeie onthullende boeke en die Guptas in die buiteland, weet oudpres. Jacob Zuma niks van enige staatskaping nie.
Podlitiek: Weermag ontplooi, Zuma se getuienis en Mandeladag
In hierdie episode kyk Paul, Ernst en Daniël van Podlitiek na die ontplooiing van die weermag in die Kaapse Vlakte, oudpresident Zuma se getuienis by die Zondo-kommissie en laastens word die nalatenskap van Nelson Mandela onder die vergrootglas geplaas.
Zondo-kommissie verdaag ná Zuma dreig om te onttrek
Sikhakhane het vroeër vandag gesê Zuma moet besluit of hy wil voortgaan met sy getuienis.
Getuienisleier vies oor beperkte ondervraging van Zuma
“Ek het nie ʼn probleem om vrae af te handel en na die volgende getuienis aan te beweeg nie. Waarmee ek wél ʼn probleem het, is die kommerwekkende manier waarop beheer uitgeoefen word oor watter regspan vrae aan mnr. Zuma stel.”
‘Nee’, ‘ek weet nie’ en ‘ek was nie daar nie’, sê Zuma
Oudpres. Jacob Zuma sal Woensdagoggend sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping voortsit.
Zuma: ‘Ek is gisteraand met die dood gedreig’
“Ek wil dit boekstaaf want ek sal na die kwessie terugkeer … die plan [om my dood te maak] is reeds geïmplementeer.”
Nuuskommentaar: As (Zuma se) danspassies systappies word
As oudpres. Jacob Zuma se eerste dag van getuienis voor die Zondo-kommissie ’n aanduiding is van wat die res van die week gaan gebeur, wag daar ’n fassinerende verloop.
‘Zuma wil met sak patats vorendag kom’
Oudpres. Jacob Zuma is gereed om talle mense te impliseer voor die kommissie van ondersoek na staatskaping, het adv. Muzi Sikhakhane Maandag gesê.
SA ambassadeur in Nederland ‘moet herroep word’
Balton sê dit is verstommend dat Koloane in die eerste plek as ambassadeur aangestel is. Hy is deur Zuma aangestel.
Zuma verskyn wél voor staatskapingskommissie
Die oudpresident het vantevore daarop aangedring om vooraf te weet watter vrae aan hom gestel gaan word, voordat hy instem om te verskyn of ʼn verklaring af te lê.
Is Mabuza ʼn kat of ʼn vlermuis?
Suid-Afrika kan nie bekostig dat die Zuma-geskiedenis herhaal word nie. Wat is Mabuza? ’n Kat, ’n vlermuis of dalk ’n wolf in skaapsklere?
Staatskaping: Dís wanneer Zuma moet getuig
Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping het bekendgemaak wanneer oudpres. Jacob Zuma voor die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo moet getuig.
SAUK gee ANN7 ongevraagde afslag op spotgoedkoop argiefmateriaal
Die voormalige uitvoerende hoof van verkope by die openbare uitsaaier se argiewe, Sias Scott, het Dinsdag voor die kommissie wat staatskaping ondersoek getuig.
SAUK-argiewe vir ‘weggooipryse’ aan ANN7 gegee
Rajesh Sundaram het getuig die ooreenkoms was dat ANN7 moes betaal elke keer dat hy argiefmateriaal van die SAUK gebruik het, maar nie een van die uitsaaiers het rekord hiervan gehou nie.
Jacob ‘No. 9’ Zuma speel enorme geheime rol by ANN7
“Ek het gedink dis ʼn speletjie wat hulle met die president speel. Hulle het by hom die indruk geskep dat hulle sy idees ernstig opneem, terwyl die Guptas ieder geval sou doen net wat hulle wil en Zuma se planne in die asdrom gooi.”