Die regering het 84 persele besoek voordat hulle op ʼn gepaste plek in Limpopo afgekom het.
Lees meerAlles vir Donderdag 12 Maart 2020
Baba JD haal weer self asem
“JD kry rukkings en word vreesbevange. Dokters dink hy beleef die ongeluk oor en oor elke keer as hy sy oë toemaak.”
Veiligheidswagte tydens beurtkrag by kragstasie aangeval
Een van die wagte is van naby in die nek geskiet en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal
Skole uitgelewer oor departementele werknemers staak
Werknemers van die Gautengse departement van onderwys is ontevrede omdat die gebou waarin hulle werk skynbaar besig is om uitmekaar te val.
Ongerymdhede met OBK-beleggings, bevind kommissie
Etlike indiwidue het boonop onbehoorlik munt geslaan uit verdagte transaksies.
OB skors bestuurder ná openbare kritiek
In sy brief doen Hamilton Samuel ʼn beroep op Mkhwebane om te bedank, nie net om haar eie onthalwe nie, maar ook dié van die hele land.
Skool in Wes-Kaap weens Covid-19 gesluit
Die interministeriële taakspan sal na verwagting binnekort bekend maak waar die Suid-Afrikaners wat uit Wuhan terugkeer in isolasie gehou sal word.
ToekomsVenster: Pure verwondering
Alle mense is vir God belangrik. Ons word op ʼn verskeidenheid van maniere begenadig terwyl die Heilige Gees vir sy eie doel gawes uitdeel soos Hy wil.
Drie van een gesin in Eldorado Park gedenk
’n Gedenkdiens vir die Goodall-kinders is Donderdag gehou op die plek waar die ongeluk plaasgevind het.
Sport óók ’n slagoffer van Covid-19
Talle wedstryde, toernooie en byeenkomste is al weens die pandemie afgelas of uitgestel. Die Olimpiese vlam is egter steeds vandag aangesteek.
Video: ’n Christelike perspektief op Covid-19
“Dit was vir my belangrik om almal in dié tyd te herinner wie Jesus is: Hy is die Prins van vrede en ons mag nie toelaat dat enigiets ons vrede steel nie.”
Prasa moet miljoene opdok vir veiligheidsmaatskappye
Die maatskappye wat verantwoordelik was vir die beveiliging van treine en pendelaars het in November die trekpas gekry.
Leerders sukkel met meting, wys SOS-verslag
“Die slaagsyfer vir die gestandaardiseerde wiskunde-eksamen het merkbaar afgeneem tussen gr. 4 en gr. 9.”
Die wêreld in foto’s – 12 Maart 2020
Só lyk die bekendste toeristeaantreklikhede in Rome nadat die Covid-19 virus besoekers afgeskrik het.
Taalgebruik: sʼn
Ons sʼn, die seun sʼn, julle sʼn. Gebruikers van Afrikaans skryf soms dié besitlike voornaamwoord verkeerdelik as “sin”.
Land Rover Discovery Sport: Kleinboet word groot
Die Discovery Sport voer twee truuks in sy mou wat meeste van die sportnutse in dié segment nie het nie.
Luister in 3 minute: Verkoop van SA se kragstasies ’n moontlikheid
In hierdie week se “3 Minute, 3 Sake” word pres. Cyril Ramaphosa se belangstelling om Suid-Afrika se kragstasies te verkoop bespreek, asook Covid-19 en die paniek op markte, en die BBP-syfers wat teleurgestel het.
ArcelorMittal: Nóg afleggings kom
“Hierdie afleggings gaan ʼn reuse-invloed op die gemeenskappe hê.”
Afrikaanse kiesers: Dis Steenhuisen vs. Groenewald
Die twee politieke leiers het dit uitgespook oor watter party die belange van Afrikaanse kiesers die beste dien.
Helpende Hand-winkels behaal 60ste mylpaal in PE
“Dit het gedien as ’n plek waar die publiek ou klere en huisware wat hulle nie gebruik nie, vir liefdadigheid kon skenk. Die skenkings en verkope daarvan is weer direk in die gemeenskap ingeploeg.”