Lauren Dickason se voorverhoor sal in Februarie plaasvind.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Frustrasie na nóg ʼn uitstel in Van Coller-moordsaak
Die saak is uitgestel sodat een van die staat se hoofgetuies opgespoor kan word.
Skrap SEB-vereistes by Eskom-aanstellings
“Dit is logies dat Eskom – wat ʼn nasionale elektrisiteitskrisis moet aanpak – die mense met die beste vaardighede moet aanstel, ongeag ras.”
E-taxidiensbestuurder vas oor ‘kamma-kaping’
Tydens ondervraging is vasgestel dat die bestuurder glo die motor by ’n polisiestasie geparkeer het en die motor se sleutels in die veld gegooi het, waarna hy ’n vals saak van kaping geopen het.
Groot kommer oor leeus in aanhouding
Volgens die NDBV dui al hoe meer leeuboere aan dat hulle nie meer daarin belangstel om leeus aan te hou nie.
Geslagsgeweld bly uitdaging vir SA – Ramaphosa
Ondanks die probleem van geslagsgebaseerde geweld, moet die vordering wat reeds met die bevordering van geslagsgelykheid in die Suid-Afrikaanse samelewing gemaak is, nie vergeet word nie.
‘Ek is op ʼn goeie plek,’ sê boervrou ná verkragtings
“Ek het die gewaarwording gehad dat ek dit nie gaan oorleef nie, maar dat die Here my steeds beskerm. Hy het my die vrede gegee dat ek hemel toe gaan.”
Kyk: Dié saak was nie maklik, sê aanklaer
“Ons werk nie gereeld met sulke ou sake nie. Dit is ’n groot uitdaging omdat details oor die voorval mettertyd verlore gaan.”
Lewenslank vir Gerhard Jansen van Vuuren
“Ons het gewen vir Andrea se onthalwe.”
Polisieman vyf keer met dienspistool geskiet
Die polisiebeampte, Mandlenkosi Happy Thwala, se ma het sy buurman in kennis gestel dat sy vermoed haar seun is vermoor.
Cele se kop geëis oor verkragting-uitlating
Bheki Cele, minister van polisie, het tydens ʼn onderhoud gesê dat een van die slagoffers, ʼn 19-jarige vrou, “gelukkig was om deur een man verkrag te word”.
Pa en seun wat glo mense smokkel, borgtog geweier
Twee Mosambiekse broers is verlede Dinsdag gevonnis op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet.
Beurtkrag-fase verhoog
Beurtkrag kan moontlik Suid-Afrikaners se voorland die komende naweek wees indien daar enige verdere onderbrekings is.
Planne gefnuik toe polisie op rowers losbrand
Van die verdagtes het die kluissleutel van die bestuurder geëis, terwyl ander die personeel by staalkabinette ingedwing en toegesluit het.
Harde werk betaal in Deacon-moorde
“Die pleitooreenkoms is ʼn stap in die regte rigting. Ons glo dit is nou net ʼn kwessie van tyd voor die ander twee ook gevonnis word.”
Muur van herinnering vir Kaapse Wynland-helde
“Rus in vrede, kollegas, ons sal dit van hier af vat,” het die brandweermanne eenstemmig gesê.
Zama-zama sterf in skietery met polisie
Verskeie politieke partye het Maandagoggend voor die Krugersdorp-landdroshof byeengekom waar 80 onwettige immigrante wat die Immigrasiewet oortree het, verskyn het.
‘Plan was nie om Deacon-vroue te vermoor’
Lizette en Hettie Deacon se huishulp het glo die beweerde moordenaars by die huis ingelaat en aan elkeen ’n mes verskaf. Sy het hulle ook gewys waar hulle kan wegkruip totdat die vroue huis toe kom.
Weg met lemmetjiesdraad by parlement, vra DA
“Hoewel ons saamstem dat die parlement beskerm moet word, veral in die lig van die brand wat die Nasionale Vergadering in Januarie vernietig het, kan die skending van ’n nasionale erfenisterrein nie die manier wees om dit te bereik nie.”
Boere vies oor kragvermindering
’n Brief van aanmaning gaan op Eskom beteken word om ’n einde aan kragvermindering te bring.