Ek het Brian Lochore net een keer in lewende lywe gesien, en dit was nie as speler nie, maar as bestuurder en mentor vir die All Blacks.
Die Inka-kelners van Paititi
As jy jouself prakties bankrot en met niks op jou naam, behalwe die klere aan jou lyf in ’n vreemde land bevind, dan maak jy ’n plan.
My gevleuelde vriende – swaeltjies en sonsoekers
Om ’n swaeltjie te wees sal vir party van ons nooit beskore wees nie maar ek glo ons kan ’n bietjie troos vind in dié woorde deur Anna Quindlen, die Amerikaanse skrywer en joernalis.
Vaarwel, manne!
Walt Disney het op ’n keer gesê, die groot probleem met die Wêreld is dat almal op die einde grootraak, en ek kan dit beaam, skryf Ignatius Erasmus.
Chris Chameleon: ʼn Ode aan die reuse
Faans, Leon, Douw… hulle was almal reuse, in een of ander jaar die langste, die grootste ouens in die klas saam met my. Ek was meestal onder die drie kleinstes …
Verbruikersake: Wanneer jy ’n kontrak teken
Jy het regte wanneer jy kontrakte teken, maar voorkoming is mos beter as genesing. Dit is baie beter om te dink voordat jy doen as om agterna te sukkel om die kontrak gekanselleer te kry. Ina Opperman het gaan kyk hoe die Wet op Verbruikersbeskerming jou kan help.
Verbruikersake: So maak jy met kredietburo’s
Hoewel die bedryf versigtig is om van ’n “swartlys” te praat, is dit genoeg om net die woord te noem voordat verbruikers van angs begin sweet, want wat kan jy daaraan doen? Ina Opperman verduidelik hoe kredietburo’s te werk gaan.
Dít was jou 67 minute
Ek sal 18 Julie 2019 nie sommer vergeet nie. Dit het nie by die Vredehoekers se dapper spanpoging om Lienka te red, geëindig nie.
ʼn Terugblik op Operasie Valkyrie
Op 20 Julie 1944, presies 75 jaar gelede, is daar ’n sluipmoordaanval op Adolf Hitler uitgevoer. Pierre Massyn belig hierdie aanslag op die Nazi-diktator se lewe.
James Small – vreesloos verby
Maar stellig die mees beskrywende kompliment vir hierdie dapper regtervleuel met sy een toets as heelagter, kom uit die mond van daardie grootste van rugbykommentators, Bill McLaren. McLaren het Small beskryf as “ ’n speler wat oor doringdraad vir daardie Springboktrui sal loop”.
Ek is ’n McDonald’s mens
Wat gaan van ons word as ons alles in ’n kits en onmiddellik wil hê en doen? Loop ons iets mis omdat ons nie bereid is om ons eie veertig jaar in die woestyn te spandeer nie? Probeer ons tyd wen?
Boepie-blues: Vermy eerder die ‘Facebook-kenners’
Nié alle ma’s is goed vir hulle kinders nie, maar dit is nie die res van ons se plek om te besluit wie is goed genoeg en wie nie.
Verbruikersake: Voertuigopsporing, maar jou motor is steeds weg?
Baie verskeringsmaatskappye vereis dat verbruikers, wat hul motors verseker, ’n satellietopsporingstelsel laat installeer om te verseker die motor word gevind as dit gesteel word. Ina Opperman gee raad oor hoe om jouself te beskerm wanneer jy hierdie soort ooreenkoms sluit.
Verbruikersake: Hof verlig verbruikers se kredietpyn
Verbruikers wat jare lank ontevrede was met hul banke, wat geld wat hulle byvoorbeeld op hul kredietkaartrekeninge geskuld het, summier van hul tjek- of spaarrekening afgetrek en oorbetaal het sonder hul toestemming, hoef nie meer daaroor bekommerd te wees nie. Ina Opperman vertel meer.
Verbruikersake: Vermy die pyne van direkte bemarking
Ina Opperman verduidelik wat jou regte oor direkte bemarking is.
Boeke en leesmense
Iewers in my vroegste jare het oompie Thys my ʼn boek present gegee want hy was ʼn leesmens. Dit was die meesterlike storie van Fanie se veldskooldae geskryf deur PJ Schoeman…
Sukkel jy ook soms met die oggend-blues?
Ek sal nooit vergeet hoe ek jare gelede tot groot vermaak van my radiokollegas met ’n onpaar skoene by die werk opgedaag het nie. Dit was een van daardie met-die-verkeerde-voet-uit-die-bed-klim-dae.
Stukkende meisie maak nou ander heel
In my standaardantwoord probeer ek aan haar mooi verduidelik sy moet die Studiefondssentrum (SFS) se aanlynproses volg, sekere dokumente aanheg en binne die voorgeskrewe sperdatums aansoek doen. Sy stuur vir my haar aansoek net die volgende dag, met die volgende motiveringskrywe ingesluit:
Chris Chameleon: Cowboy kom huis toe
Hulle het stil geraak en my aangekyk. Ek het my keel skoongemaak en plegtig verklaar: “Ughem… ek wil net sê, ek gaan nooit trou of kinders kry nie.”
Verwoerd, Tsafendas en die mooi sielkundige
Toe ek daardie dag in 1978 in my gehawende ligbruin Datsun SSS met sy Bloemfonteinse registrasienommer deur die vroegoggendverkeer vleg op pad na TV-nuus se hoofkantoor in Aucklandpark, tref die groot vet letters in rooi spuitverf my soos ’n voorhamer.