In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit.
Saak teen SEB-regulasies draai weer in hof; plaaslike ekonomiese situasie bekyk
In hierdie week se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” praat Gerhard van Onselen oor Sakeliga se uitgebreide veldtog teen SEB-en verkrygingsregulasies wat die week weer in die hof gedraai het. Hy kyk vervolgens na die ekonomie in die tweede kwartaal en, laastens, na stof tot nadenke vir sakelui in die huidige ekonomiese toestande.
Luister in 3 minute: Invoere, NGV en inflasie in die kollig
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek ʼn moontlike verbod op die invoer van sekere produkte, die oordrag van bates aan die Nasionale Gesondheidsversekering en inflasie.
Blaps met kragskepe, vrae oor drankverkope en ’n grendelgenerasie
Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, bespreek die belangrikste sakekwessies van die week. Kom luister daarna in drie minute:
Luister in 3 minute: Wil die regering data nasionaliseer?
Die hoofstorie in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” is die nuwe konsepbeleid van die departement van kommunikasie oor data wat in Suid-Afrika in die wolk gestoor word.
In 3 minute: Bloedneus vir toerismefonds; stakings in staatsdiens dreig
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk na die toerismefonds se “bloedneus in die hof”, hy gee aandag aan makliker reëls vir “eie” kragopwekking wat voorgestel is en gooi laastens ʼn blik op die verloop van die huidige staatsdiensloononderhandelinge.
Luister in 3 minute: Regstellende aksie en ANC boos oor TEF-regsaksie
In die jongste episode van 3 Minute, 3 Sake bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, die wysigingswetsontwerp op billike indiensneming, die ANC wat kwaad is oor litigasie teen die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) en die regering wat te kort skiet met impakstudies.
Kan emigrasie, brandstofprys omgekeer word?
In dié episode van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga ʼn waarskynlike toename in emigrasie, die verhoging in die brandstofprys en ʼn moontlike inploffing van die padongeluksfonds.
Luister in 3 minute: Onteiening, SAL en rentekoerse bespreek
In vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen oor die kommentare op die regering se onteieningswetsontwerp. Hy kyk ook na die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die besluit om rentekoerse onveranderd te hou.
Luister: Mboweni meen derde vlaag Covid-19 mag ekonomie nie knel
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die minister van finansies se uitsprake oor inperkings en die derde vlaag van Covid-19. Hy kyk ook na die noodaankope vir die land se energiekrisis en bespreek die tesourie se jongste regrukplan vir die ekonomie.
Luister in 3 minute: Kommer oor ekonomiese herstel ná pandemie
Gerhard van Onselen verduidelik waarom Sakeliga kommentaar gelewer het op die padverkeerwysigingsontwerp. Hy plaas ook die kollig op ekonomiese herstel ná die Covid-19-pandemie en praat oor die jongste verbruikersvertroue-indeks.
Luister in 3 minute: Wysigings op wette vir pensioenfondse, rampbestuur
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” na die voorgestelde wetwysigings rakende die pensioenfonds en rampbestuur. Hy plaas ook die vergrootglas op inkomstebelasting.
Meer buitelandse investering noodsaaklik vir SA
Pragmatisme verg ook ʼn afskaling van die ANC-regering se ideologiese verknogtheid aan kommunisme en hul verwante negativisme jeens die vryemarkekonomie.
Luister in 3 minute: Begroting, besoedeling en saketoestande bespreek
In vandag se “3 Sake, 3 Minute” gesels Gehard van Onselen van Sakeliga oor die MRK se bevindinge oor die besoedeling in die Vaalrivier. Hy kyk ook na die begrotingsrede en ʼn kwartaalverslag oor plaaslike saketoestande.
Onverwagse goeie nuus kan Mboweni se begroting ophelder
Die harde waarheid is dat die mynbou en landbou so suksesvol was presies omdat die regering se beleid nie daar toegepas is nie.
Luister in 3 minute: Protes teen uitbreiding van TV-lisensies, minimumloon
In “3 Minute, 3 Sake” word die uitbreiding van TV-lisensies bespreek, asook die uitwerking van die verhoogde minimumloon op die landboubedryf.
Kenners verwag nog ‘lugkastele’ in staatsrede
Ramaphosa sal na verwagting ʼn paar opmerkings maak oor die Covid-19-entstof, toegang tot breëband en die instel van ʼn basiese inkomstetoelaag.
Stimulus vir klein ondernemings misluk, mynboubedryf sukkel
BASA lewer kommentaar op die stimulus vir kleinsakeondernemings, die Minerale Raad gee sy oorsig oor die mynboubedryf en ‘n ondersoek na hoër pryse vir knoffel en gemmer kom.
Luister in 3 minute: Sentralisasie se impak op gesondheidsbedryf bekyk
Gerhard van Onselen van Sakeliga is terug met nog ʼn episode van “3 Minute, 3 Sake” waarin hy die verslapping van sekere Covid-19-regulasies op die plaaslike sakewêreld ondersoek, asook die moontlikheid van ʼn stygende werkloosheidsyfer en die uitwerking van sentralisasie op die gesondheidsbedryf bespreek.
Beleggings: Hou dít in gedagte vir 2021
Verlede jaar was in verskeie opsigte ’n onstuimige jaar. Dieselfde wisselvalligheid wat 2020 gekenmerk het, het ook vir finansiële markte gegeld met verskeie rolspelers wat met reg versigtig is om sterk sienings uit te spreek oor wat in 2021 met finansiële markte gaan gebeur.