Die wêreldwye multibatemakelaar Exness het pas sy lisensie van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) vir Suid-Afrika ontvang. Exness is dus nou gemagtig om as plaaslike finansiëlediensverskaffer handel te dryf.
Rentekoers bly onveranderd
“Die onveranderde rentekoers is steeds goeie nuus vir werknemers wat sukkel om finansieel kop bo water te hou ná ʼn besonder moeilike jaar.”
Finansiële hulp vir 252 ondernemings in Wes-Kaap
Meer as R38 miljoen is deur die Wes-Kaapse Covid-19-sakeverligtingsfonds aan 252 klein ondernemings in die provinsie verskaf wat minstens 2 000 poste tydens die pandemie gered het.
Luister in 3 minute: Impak van alkoholverbod, huisprysindeks en arbeidswetgewing
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste huisprysindeks van FNB, die ekonomiese implikasies van die algehele alkoholverbod en problematiese arbeidswetgewing.
Veldtog teen belasting om entstof te bekostig
Die res van die wêreld verlaag belasting in reaksie op die ekonomiese resessie wat ʼn direkte gevolg van die pandemie is.
Verbruikersake: Wanneer ’n skuldinvorderaar aan jou deur klop
Kredietverskaffers begin nou die skroewe aandraai, maar verbruikers weet maar min van die proses van skuldinvordering en wat hul regte is. Ina Opperman verduidelik wat jou regte as verbruiker is en wat die invorderaar se regte is.
Nasionale Beplanningskommissie sê SA boer agteruit
Die Nasionale Beplanningskommissie sê in sy jongste ekonomiese verslag dat Suid-Afrika in ʼn giftige afwaartse spiraal vasgevang is.
Luister in 3 minute: Hou die oog op belastings in 2021
Gerhard van Onselen van Sakeliga ondersoek die volgende sake in die jongste “3 Minute, 3 Sake”: Vlak 3-inperkings word volgehou, munisipale druk in 2021 en Sakeliga is op soek na ʼn beter kleinsakewysigingswet.
Kleinsake: Kritiek op wysigingswetsontwerp
Die wysiging is hoofsaaklik daarop gemik om die ministeriële raadgewende liggaam te vervang met ’n ombuddiens en om die minister van kleinsakeontwikkeling te bemagtig om sekere handelspraktyke as “onregverdig” teenoor kleinsake te verklaar.
Brandstofpryse styg dalk skerp
Die AA sê skerp stygings in die brandstofprys veroorsaak verdere ekonomiese druk te midde van die ekonomiese verwoesting wat die Covid-19-pandemie reeds gesaai het.
Neem só 15 dae verlof en kry 41 dae af!
Werk mooi met jou vakansiedae en jy kan meer as ʼn maand vanjaar vakansie hê!
Uitstekende groei vir Uberskillz se beleggingsgeleentheid
Uberskillz se innoverende super-apps het uitnemende bewyse van groei en aanvraag gelewer wat bevestig dat dié besigheidsmodel ’n goeie beleggingsgeleentheid bied.
Mediamagnaat sir David Barclay (86) sterf
Die geheimsinnige Britse miljardêr, eienaar van onder meer die dagblad The Daily Telegraph en die Ritz-hotel, is in die ouderdom van 86 dood ná ʼn kort siekbed.
Plate verkoop in 2020 beter as afgelope 30 jaar
Langspeelplate het verlede jaar die beste verkope gesien sedert die vroeë 90’s se pop-era.
Wat het ons geleer uit 2020? Spaar!
Suid-Afrikaanse verbruikers het verlede jaar baie lesse geleer en een van die belangrikste lesse was dat spaargeld handig te pas kom in ’n krisis soos die pandemie. Ina Opperman gee raad hoe om te spaar.
Siekefondse moet nou Covid-19-entstof betaal
Die raad sê hy is bewus daarvan dat daar ʼn bykomende las op mediese skemas kan wees om vir entstof voorsiening te maak, maar dat die koste daaraan verbonde nie beperkend behoort te wees nie.
Werk slim met jou finansies in 2021
Die jaar 2020 was ’n moeilike jaar en ekonome voorspel dat 2021 selfs moeiliker kan wees. Om ’n effektiewe begroting te gebruik om jou finansies doeltreffend te bestuur, verskaf ’n sterk fondasie vir jou finansiële welstand, skryf Ronel Jooste.
Luister: Verhaal van VBS se epiese bedrog van R2 miljard
Miljarde rande het saam met die droom van die bank verdwyn, wat hom bemark het as ʼn vreeslose voorstander van swart vooruitgang, en dit was meestal mense wat dit reeds nie breed gehad het nie, wat hulle laaste spaargeldjies met dié bank se ineenstorting verloor het. Dewald van Rensburg het met Maroela Media gesels oor sy boek “VBS: A Dream Defrauded” wat die bankskandaal tot op die been oopvlek.
In 2021 sal jy kan kies waar om jou motor te laat versien
Van 1 Julie 2021 sal jy kan kies waar jy jou motor wil laat versien of herstel sonder om jou waarborg te verloor. Ina Opperman verduidelik wat die nuwe riglyne behels.
Verbruikersake: Sou jy ’n bonus kry
Daar is vanjaar beslis minder verbruikers wat so gelukkig gaan wees om ’n bonus of dertiende tjek te kry ná ’n jaar waarin almal se finansies drasties geraak is deur Covid-19. Ina Opperman gee raad oor wat jy met jou bonus kan doen om die volgende jaar ’n bietjie makliker te maak.