Die raad sê hy is bewus daarvan dat daar ʼn bykomende las op mediese skemas kan wees om vir entstof voorsiening te maak, maar dat die koste daaraan verbonde nie beperkend behoort te wees nie.
Werk slim met jou finansies in 2021
Die jaar 2020 was ’n moeilike jaar en ekonome voorspel dat 2021 selfs moeiliker kan wees. Om ’n effektiewe begroting te gebruik om jou finansies doeltreffend te bestuur, verskaf ’n sterk fondasie vir jou finansiële welstand, skryf Ronel Jooste.
Luister: Verhaal van VBS se epiese bedrog van R2 miljard
Miljarde rande het saam met die droom van die bank verdwyn, wat hom bemark het as ʼn vreeslose voorstander van swart vooruitgang, en dit was meestal mense wat dit reeds nie breed gehad het nie, wat hulle laaste spaargeldjies met dié bank se ineenstorting verloor het. Dewald van Rensburg het met Maroela Media gesels oor sy boek “VBS: A Dream Defrauded” wat die bankskandaal tot op die been oopvlek.
In 2021 sal jy kan kies waar om jou motor te laat versien
Van 1 Julie 2021 sal jy kan kies waar jy jou motor wil laat versien of herstel sonder om jou waarborg te verloor. Ina Opperman verduidelik wat die nuwe riglyne behels.
Verbruikersake: Sou jy ’n bonus kry
Daar is vanjaar beslis minder verbruikers wat so gelukkig gaan wees om ’n bonus of dertiende tjek te kry ná ’n jaar waarin almal se finansies drasties geraak is deur Covid-19. Ina Opperman gee raad oor wat jy met jou bonus kan doen om die volgende jaar ’n bietjie makliker te maak.
Reddingsplan vir Landbank versoek
TLU SA meen dit het tyd geword dat daar ʼn reddingsplan vir die sukkelende Landbank opgestel word, en landbouorganisasies moet die voortou neem.
Waarskuwing oor brandstofpryse
ʼn Doeltreffende entstof teen Covid-19 kan ekonomieë ná die pandemie help om vinniger te herstel.
Minimum loon: ‘Regering moet besin oor benadering tot arbeid’
TLU SA sê die minimum loon druis boonop in teen die keuse van ʼn werksoeker wat self kan besluit of hy teen R100 per dag wil werk, ervaring opdoen en ʼn inkomste verdien en of hy eerder op ʼn toelaag van R40 per dag wil staatmaak.
BBP-syfers, moontlike aandele in Eskom en toerismebedryf onder die loep
In die jongste “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste BBP-data, ʼn plan om Eskom-skuldbriewe in aandele te omskep en die toerismebedryf wat steeds weens die Covid-19-pandemie ly.
Gordhan ‘speel skaak’ met werkers se salarisse
Die metaalwerkersvakbond Numsa het uitgevaar teen die departement van openbare ondernemings en sê hy mislei werkers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se tegniese afdeling (SAAT) doelbewus.
SA ekonomie begin weer kop optel
Die styging in besteding by restaurante en hotelle lýk dalk meteories, maar dit is steeds net die helfte van dít wat in dieselfde tydperk verlede jaar bestee is.
Maria Ramos nuwe voorsitter by AngloGold Ashanti
Sy neem die leisels oor by Sipho Pityana wat bedank het.
Afrikaanse jonges wys hulle het ’n kop vir sake
Kian Smuts (9), Jayden Barnard (13) en Elsa Vermooten (14) het bewys dat jy nooit té jonk is om jou entrepreneuriese vaardighede te begin ontwikkel nie.
Gautengse township-wetsontwerp skiet te kort
Hier maak rassigheid ’n jammerlike verskyning in die wetsontwerp. “Township-gebaseerde ondernemings” word gedefinieer as besighede in townships wat ten volle deur swart (insluitend bruin en Indiër) Suid-Afrikaners besit word.
SA’ners bestee 52% minder op Swart Vrydag
Die meeste Suid-Afrikaners wat wel winskopies op Swart Vrydag losgeslaan het, het hul kredietkaarte gebruik om daarvoor te betaal.
Hersien, hersien en herstel
“Hersien, hersien, herstel” gaan 2021 se mantra wees, en met kundige advies en kennis kan Suid-Afrikaanse beleggers steeds seëvier.
Verbruikersake: Meer koop aanlyn, maar wees nogtans versigtig
Aankope by aanlynwinkels het ook met 458% toegeneem vergeleke met 2019. Ina Opperman verduidelik hoe jy hierdie nuwe inkopieneiging veilig kan aanpak.
Luister in 3 minute: Strenger beleid, wetsontwerpe gaan werkloses nie help
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die strenger beleid en wetsontwerpe wat die regering wil instel om werklose mense te help en armoede te verlig. Hy kyk ook na ʼn verslag wat daarop dui dat armoede toegeneem het te midde van die Covid-19-pandemie.
Luister: Pantser jou beursie só die feesseisoen
Hester van der Merwe het ʼn rits praktiese wenke saamgestel om jou te help om jou rande te rek hierdie feesseisoen.
Verbruikersake: Stormskade en jou huisversekering
Ina Opperman verduidelik meer oor huiseienaarsversekering en hoe dit werk in die geval van skade wat deur ’n storm veroorsaak word.