Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê ʼn prysstyging in brandstof is ʼn sekerheid vir Oktober, die vraag is net met hoeveel dit gaan styg.
Regeringsinmenging met kospryse ‘kan rakke leeg laat’
“Hoewel Agri SA die regering se kommer deel oor die stygende koste van voedsel, kan die regering se inmenging in die mark tot leë supermarkrakke lei.”
Bumbo sit voet neer oor babastoeltjies
Bumbo beskuldig Takealot daarvan dat hy misleidend is met sy advertensies.
Voel tuis in jou taal, selfs gedurende moeilike tye
Taal help om kliënte beter te verstaan en die regte boodskap oor te dra. Om ʼn groep mense se kultuur te verstaan en in hul eie taal met hulle te praat, breek hindernisse af. Veral gedurende die ongemaklike en moeilike tyd waar jou gesin afskeid moet neem van jou.
Laer geiser-temperatuur kan beurtkrag verminder – studie
Sou elke geiser in die land se temperatuur met 10 °C verlaag word, kan dit die las op Eskom met sowat 942 000 kWh per uur verminder.
Verbruikersake: Dis waarom jy ʼn testament moet hê
Ina Opperman het gaan hoor wat ʼn kenner sê oor wat alles in jou testament moet wees en hoe jy kan seker maak dat dit geldig is.
Sê nou net jy word honderd jaar oud?
“Die kwaliteit, toeganklikheid en bekostigbaarheid van mediese versorging in jou latere jare, bepaal tot ’n groot mate afgetredenes se lewensgehalte.”
Verbruikersake: Pleeg jy miskien versekeringsbedrog?
Ina Opperman het meer gaan uitvind oor versekeringsbedrog.
September is testamentemaand: Is jou testament reg?
Die meeste Suid-Afrikaners het nie ’n geldige testament in plek nie, bloot omdat hulle nie daarby uitkom nie. Ons werk hard om hierdie belangrike taak vir die kliënt so moeitevry as moontlik te maak.
Stapelvoedsel bly duur
Benewens die prys van stapelvoedselitems wat steeds hemelhoog bly, het een van die wêreld se grootste uitvoerders van rys in Indië boonop besluit om met onmiddellike inwerkingtreding die uitvoer van sy rys, ook na Suid-Afrika, te staak.
Meer SA vroue as mans besit ’n huis
Data toon boonop dat vroue minder geneig is om geld te leen as mans.
Verbruikersake: Pasop hiervoor as jy ’n kontrak teken
Jy het regte wanneer jy ʼn kontrak teken, maar onthou voorkoming is beter as genesing.
Begin hier met jou persoonlike finansies
Persoonlike finansies kan tegnies raak, ja, maar dit is ook eenvoudiger as wat jy dalk sou dink, skryf Leon-Ben Lamprecht.
Einde van pad vir ‘hasiemelk’ in SA
“Nestlé is bewus daarvan dat dit sommige verbruikers sal teleurstel.”
Dís wat die prys van jou ‘brekkie’ raak
“As al die faktore dus opgeweeg word en daar geen verdere ekonomiese skokke in die tweede helfte van die jaar is nie, is daar ʼn goeie kans dat jou Sondagoggend-ontbyt jou dié somer effens minder gaan kos,” verduidelik Paul Makube, landbouekonoom van FNB.
Vroue is goeie beleggers
Vroue is minder geneig om in die aandelemark te belê as mans, maar die redes hiervoor kan presies wees waarom hulle in die eerste plek móét belê.
Inflasie laagste in twee jaar; nog dalings verwag
Kenners meen die inflasievooruitsigte vir Suid-Afrika lyk “belowend”.
Inflasie nou onder 5%
Inflasie is nou op die laagste vlak die afgelope twee jaar en het in Julie op 4,7% gestaan.
Hoe belangrik is jou kinders vir jou?
[promosie] Wat gebeur met jou kinders as jy en jou gade saam sou heengaan? ‘n TTS Trust kan vir jou kinders sorg.
Ons Winkels maak dit makliker vir jong paartjies om nuwe huis in te rig
“Ons verwys graag na elke winkel as ‘n baken van hoop, en dit is so gepas, want ‘n Ons Winkel gaan nie jou sak ruk nie; jy kan items van goeie gehalte teen bekostigbare pryse aankoop.”