Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderse geleentheid saam met GWM/Haval.
BMW R 1250 GS – die hoofstuk sluit af
Ek wil graag die R 1250 GS groet met die befaamde woorde van die rugbykenner, wyle Zandberg Jansen: “Nag, ou grote!”
Bring jou Hilux en vier saam fees by Sondela
Toyota Hilux-eienaars kan hulle die naweek van 13 tot 15 Oktober gereedmaak vir ʼn heerlike familiefees soos min by Sondela.
Toyota sinoniem met dié 4×4-kompetisie
Toyota is al meer as 30 jaar die naamborg van die jaarlikse Rust de Winter 4×4 Jamboree – ʼn gesinsdag waar deelnemers met die taaiste 4×4’s opdaag en kompeteer om met die louere weg te stap.
Wen: Kaartjies na finale ronde van GR-beker
Tien lesers staan danksy Maroela Media en Toyota elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na dié opwindende geleentheid op Saterdag 14 Oktober 2023.
Defender met groen skoene
Die nuwe Land Rover Defender 110 P400e maak gebruik van ʼn 221 kW-viersilinderturbopetrolenjin én ʼn elektriese motor wat ʼn totaal van 297 kW of 404 perdekrag bied.
Verbruikerstoekennings: Hier is die finaliste
Toyota en BMW spog met die meeste finaliste in Cars.co.za se gewilde verbruikerstoekennings, gevolg deur Suzuki en Haval.
Honda CB750 Hornet – Pendel hoef nie vervelig te wees
Oor die jare het die Hornet deur verskeie opgraderings gegaan, maar almal het dieselfde twee eienskappe gedeel: die fiets was bekostigbaar en groot pret om te ry!
Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10
Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n “Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug.
Plaaslike motorverkope sterk, wyl uitvoere struikel
Kyk ook hier wat was die topvyf‑passasiersvoertuie vir September.
BMW R 1300 GS – Die wag is eindelik verby
Die R 1300 GS is seker een van BMW se swaksbewaarde geheime. Vroeër vanjaar is daar al aangekondig dat die fiets amptelik bekendgestel gaan word op 28 September. Die internet het gegons met kunsmatige intelligensie-voorstelle van hoe die fiets behoort te lyk.
Uithouren van ‘n ander aard
Renault het ʼn reuse-uitdaging vir die plaaslike media uitgedink: ʼn agt uur lange uithouren óm Zwartkops-renbaan net buite Pretoria. Die uitdaging is eenvoudig: Ry soveel rondes moontlik met die minste brandstof.
Wiele2Wiele ry elektriese Volvo, Opel se vlagskipsportnuts
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volvo se elektriese C40 Recharge en ook met Opel se vlagskipsportnuts – die Grandland.
Audi neem Kyalami op horings
Audi se gevorderde bestuurskool se deure in Suid-Afrika is al geruime tyd toe, maar is pas weer by Kyalami geopen.
Watwou! Kyk so ʼn konvooi … honderde Jimnys vat pad
Enigeen wat Clarens in die Oos-Vrystaat die afgelope naweek in enige ander voertuig as ’n Suzuki Jimny besoek het, moes taamlik uit gevoel het.
Stellantis gaan eenton-bakkie in SA bou
Stellantis het bekend gemaak dat hy ʼn moderne motoraanleg in die Oos-Kaap gaan oprig as deel van ʼn belegging van R3 miljard in Suid-Afrika.
‘La’t wiel’ gooi weer wilde draai op die kassie
Hannes Visser skryf ‘La’t wiel’, wat al 540 episodes het, se sukses daaraan toe dat dit steeds die enigste toegewyde Afrikaanse motorprogram op TV is.
BMW se nuwe F 850 GS- en F 900 GS-modelle
Terwyl BMW sy vere reg skud vir die bekendstelling van die langverwagte R 1300 GS aan die einde van die maand, het hy ook verskeie opgraderings aan sy middelgewig-avontuurfiets aangebring.
Wiele2Wiele ry in styl met nuwe Lexus RX-modelle
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele in styl met Lexus se luukse nuwe RX-modelle. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die Audi Driving Experience-dag by die Kyalami-renbaan nie en die span gaan ry ook met die Honda HR-V.
Verbruikersake: Dis hoe jy kan kla oor jou motor
Ina Opperman het gaan kyk hoe die ombudsman vir die motorbedryf jou met klagtes oor motors kan help.