‘Mal Hansie en ander verhale’ vertel, in Audrey Blignault se woorde, “van die enigste spoor wat nie vergaan nie – die spoor wat een mens laat op die hart van ’n ander”.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Boek: ‘Stom gode’ – Dibi Breytenbach
‘Stom gode’ is die laaste boek in Dibi Breytenbach se Gode-reeks. Dit volg op ‘Dowe gode’ en ‘Blinde gode’.
Boek: ‘Lotta se lewe 11: Slange en hansworse’
In ‘Lotta se lewe 11: Slange en hansworse’ moet Lotta se klas ’n verskeidenheidskonsert hou. Sal Lotta se hansworsstreke goed genoeg wees sodat sy nie haar naam met ʼn plank slaan nie?
Boek: ‘Dog Man’ nou in Afrikaans
Dav Pilkey, skepper van die kinderboekreeks “Captain Underpants”, se “Dog Man”-strokiesprent is nou in Afrikaans beskikbaar met die titel “Hondman”. Kyk hier na ʼn videovoorlesing deur Beer Adriaanse, bekend vir sy rol as Thomas in die kykNET-reeks “Hotel”.
Boek: ‘Middernag’ – Sidney Gilroy
Sidney Gilroy, wat sy skryfdebuut met ‘Klikbek’ gemaak het, se tweede roman, ‘Middernag’, is ’n broeiende riller wat onlangs by Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn het.
Boek: ‘Vermoedelik dood’ – Johan Kruger
“Want wraak is die laagste vorm van menslike oerinstink.”
Boek: ‘Bethel se berg’ – Maretha Maartens
‘Bethel se berg’ vertel van ʼn tienermeisie wat in die 1980’s saam met haar ma en sibbe in ’n kombi van dorp na dorp reis.
Boek: ‘Verdiende wraak’ – Malene Breytenbach
‘Verdiende wraak’ is ʼn historiese roman wat handel oor die vete tussen twee families ná die Boereoorlog.
Boek: Belg se poësie nou in vertaling beskikbaar
Die Belgiese digter Charlotte van den Broeck het haar digdebuut in 2015 met ‘Kameleon’ gemaak. Dié bundel is nou deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal en het by Protea verskyn.
Boek: ‘Sterre vir die donker’: Oor meisies en grootword-probleme
‘Sterre vir die donker’ deur Noreen Nolte ontmasker allerlei grootword-probleme waarmee meisies worstel – soos groepsdruk, hul eerste liefde en die dood van ʼn geliefde.
Elsa Winckler lees voor uit ‘Vreugde vir Larissa’
‘Vreugde vir Larissa’ is die laaste boek in die gewilde McGregor-reeks ná ‘’n Brief vir Reina’ en ‘’n Belofte vir Bippie’.
Boek: Chris Barnard-prys lewer kortverhaalbundel op
Skrywers wat vanjaar op die kortlys van die Chris Barnard-kortverhaalprys was se verhale is in ʼn bundel opgeneem en deur Minimal Press uitgegee.
Boek: ‘Justin Fortuin, seerower’ – Theresa van Baalen
Die Justin Fortuin-boeke is propvol avontuur en geskik vir tieners 11 jaar en ouer. Theresa van Baalen is ook bekend vir die Sanri Steyn-reeks, ʼn speurreeks vir dogters.
Boek: ‘Ster en die skugter vyf’ – Henriëtte Linde-Loubser
In ‘Ster en die skugter vyf’ volg Ster vir erdvark op ontdekkingstogte waar hulle vyf skaam diere leer ken: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog en wit leeu.
Boek: ‘’n Vry vrou’ – Gedigte van Antjie Krog
‘’n Vry vrou’ bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre, maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse.
Boek: ‘Jungu Josh’-trilogie neem lesers op reis na magiese vallei
Met die ‘Jungu Josh’-trilogie maak Constant van Graan sy debuut as skrywer. Lees meer oor dié avontuurreeks.
Boek: Storiebundel vir jong lesers
‘Storiekaros’ deur Wendy Maartens is die ideale boek vir jou kleinding wat van stories, rympies en speletjies hou.
Boek: Bundel herdenk Jonker se bydrae tot digkuns
Die Ingrid Jonker: L’ Art Poétique-digkompetisie is ’n nuwe projek waarmee Minimal Press en die FAK publikasiegeleenthede vir opkomende digters skep.
Boek: ‘Om weer te droom’ – Elsa Winckler
‘Om weer te droom’, deur Elsa Winckler, is ʼn inspirerende verhaal wat die invloed van trauma ondersoek en die belangrikheid van hoop en drome beklemtoon.
Boek: Vier eenbedrywe in ‘Staande ovasie’
‘Staande ovasie’ bevat vier moderne eenbedrywe wat tot ʼn wye gehoor spreek, veral hoërskoolleerders wat op soek is na gepaste tekste vir toneelopvoerings.