Fanie Viljoen se ‘Offers vir die vlieë’ is in 2019 as die wenner van Lapa se jeugromankompetisie aangewys.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Boek: ‘Droomvanger’ – Chanette Paul
‘Droomvanger’ is die heruitgawe van ‘Wip van ʼn droomvanger’ wat deur Chanette Paul geskryf is en in 1990 verskyn het.
Boerekinders en Mausers op die voorgrond in ‘500 Myl’
Phillip C Henn, skrywer van ‘500 Myl’, onthou dat foto’s van jong seuns met Mausers tydens die oorlog telkens ʼn invloed op hom gehad het. Dit het hom laat wonder oor die onvertelde stories van vegters.
Boek: Modedrama in ‘Elf dae in New York’
Elf dae, twaalf rokke en ʼn ridder op ʼn fiets. Lees meer oor die vierde boek in Elizabeth Wasserman se Elf dae in-reeks.
Boek-uittreksel: Lees ‘Absoluut Einstein’ deur Christien Neser
“Die Einsteins van die wêreld wen nie pryse as boyfriend van die jaar nie.”
Boek: ‘Liewe Heksie Leesboek 8’
Ontmoet Vian Oelofsen, die illustreerder wat vir pragtige volkleur-illustrasies in die ‘Liewe Heksie’-reeks sorg.
Boek: ‘Die gladde stiltes in glas’ – Louis Esterhuizen
‘Die gladde stiltes in glas’ is Louis Esterhuizen se elfde digbundel.
Boek: Grilgrypers 6 – ‘Die geheim van die spookwerf’
De Wet Hugo laat jong lesers behoorlik ril en gril met sy ‘Grilgrypers’-reeks. Lees meer oor die sesde boek, ‘Die geheim van die spookwerf’.
Boek: Jaco Jacobs se ‘Bastian Blom’-reeks spog met heruitgawe
Jaco Jacobs se ‘Bastian Blom’-reeks het in 2012 en 2013 verskyn en sedertdien is 10 000 eksemplare verkoop. Die herdrukte weergawe spog met nuwe illustrasies deur Linki Brand, wat ook ‘Wetenskaap’ en die ‘Magriet’-reeks se illustrasiewerk gedoen het.
Boek-uittreksel: Helena Hugo se brief aan lesers
Met ‘Onthou my’ sit Helena Hugo die verhaal uit haar gewilde ‘Papierblomme’ voort. Lees hier ʼn uittreksel en Helena se brief aan lesers.
Boek: ‘Nêrens Noord-Kaap’ nou ook op die boekrak
‘Nêrens Noord-Kaap’ deur Nico Scheepers het in 2017 by die US Woordfees gedebuteer met De Klerk Oelofse, Geon Nel en Albert Pretorius in die hoofrolle. Dit het in dieselfde jaar die toekenning vir beste nasionale debuut by die Vrystaat Kunstefees en later die kykNET-Fiësta vir Ensemblewerk gewen.
Boek: ‘Toekomsmens’ – Hoe lyk Pretoria in 2057?
“Slegs deur terug te kyk na die verlede kan die geheime van die hede ontrafel word.” Lees meer oor Isa Konrad se jongste boek, ‘Toekomsmens’.
Boek: ‘Nagjagter’ – Jan Vermeulen
‘Nagjagter’ is ’n spannende roman wat fokus op die sielkundige en religieuse motiverings van die moordenaar. ’n Moderne, eietydse vampierverhaal deur Jan Vermeulen.
Boek: Wat maak Speurhond Willem in Australië?
Speurhond Willem snuffel al die afgelope 10 jaar skelmstreke en boewe met sy speurvernuf uit. Jong lesers se gunstelingspeurhond is terug met sy sewende boek.
Boekvoorlesing: Keegan en Samier word sleutel-speurders
Die skrywer André Trantraal se ma, Charmaine, sit ’n handjie by met dié voorlesing uit ‘Keegan en Samier 1: Die Sleutel Speurders’. Laat die jong span vir twee minute saam luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Boek: ‘Bientang’ deur Jolyn Phillips
Jolyn Phillips het bekendheid verwerf met haar digdebuut ‘Radbraak’, wat op die kortlys vir die Elisabeth Eybers-prys was en in 2018 bekroon is met die UJ-debuutprys.
Boek: Wat word van ʼn mens as jy eenkeer alles vergeet het?
Connie Luyt, skrywer van ‘Lang skaduwees oor Afrika’ en ‘Reën oor die Serengeti’, se jongste roman ‘Waar onthou begin’ ondersoek die rol wat ’n mens se geheue en herinneringe speel.
Boek: Lea lief apies – Grypdiewe en gevaar
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red is in haar bloed. ‘Lea lief apies: Grypdiewe en gevaar’ is geskik vir kinders nege en ouer.
Boek: ‘Brida’, ʼn Ierse meisie se soeke na kennis
‘Brida’ is ’n roerende verhaal van liefde, hartstog, misterie en spiritualiteit deur Paul Coelho, die meesterstorieverteller en skrywer van ‘Die alchemis’.
Boek: Nóg Kuifie-avonture nou in Afrikaans beskikbaar
‘Die avonture van Kuifie’ is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds gewild.