Drie van Elsa Winckler se gewildste liefdesverhale is nou in die omnibus “In die skadu van Paarlberg (Omnibus)” beskikbaar.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Boek: Jason se ‘Afskop’-geleentheid
“Afskop”, die verhaal van ʼn vurige sokkerspeler, lees maklik en is ideaal vir leerders wat Afrikaans as tweede of derde taal neem. Dit is geskik vir kinders 11 jaar en ouer.
Boek: Het jy al ʼn probleem ontmoet?
“Die probleem met probleme” help ou mense om die jonger garde se probleem met probleme beter te verstaan.
Boek: My naam is legio
In Madelein Rust se sewende misdaadroman, “My naam is legio”, veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer, maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig, maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.
Boek: Die koning se paddaboudjies
Kan jy in ʼn padda verander as jy te veel paddaboutjies eet? Lees meer oor die verhale in “Die koning se paddaboudjies”.
Neels van Jaarsveld lees voor uit ‘Merk’
Rudie van Rensburg is terug met nog ʼn Kassie Kasselman-speurverhaal. Luister hier na Neels van Jaarsveld se voorlesing uit “Merk”.
Boek: Lees dié Jodi Picoult-boeke in Afrikaans
Twee van Jodi Picoult se topverkopers, “Die Belydenis” en “Negentien Minute”, is nou ook in Afrikaans beskikbaar. Dit is deur Daniel Hugo vertaal.
Boek: Wetenskaap
Het jy geweet dat idees die mis is van breinwurms nadat hulle mense se ongedinkte gedagtes geëet het? “Wetenskaap” is ’n heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
Boek: SD Fourie-romans vir jou boekrak
SD Fourie se “Die Lanternswaaier” en “Die dooies leef” is tydlose liefdesverhale wat veral aanklank vind by liefhebbers van historiese romans. Lees meer oor die herdrukte weergawes van die verhale.
Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’
Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard.
Boek: Veronika besluit om te sterf
Paul Coelho se “Veronika besluit om te sterf” is ʼn roerende verhaal wat lesers daaraan herinner dat elke oomblik in die lewe spesiaal en kosbaar is.
Anel Heydenrych gesels oor karakters wat bly spook
“Om eerlik te wees, ek was party aande ʼn bietjie bang,” vertel Anel Heydenrych, skrywer van die sielkundige riller “Die afloerder”.
Boek: Die koala wat wou klou
“Die koala wat wou klou” is ’n boek met rympies oor hoe om dapper te wees en nuwe dinge aan te durf. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boek: ‘Wild’ en ‘Klippe wat val’
In 2017 is “Wild” vir ʼn ATKV-Woordveertjie benoem vir beste dramateks en in 2019 het “Klippe wat val” dié toekenning gewen. Lees meer oor Philip Rademeyer se dramas.
Boek: Melkweg
Het jy al daaraan gedink dat die Melkweg nie net ʼn miljoen sterre in die hemelruim is nie? Lees meer oor Oskar, Bossie en Gesie se avonture in “Melkweg”.
Boek: Somtotaal
“Somtotaal” is Anchien Troskie se eerste roman in vyf jaar. Troskie se eerste boek “Dis ek, Anna” is in 2004 onder die skuilnaam Elbie Lötter, uitgegee.
Boek: Reise met Schoeman
Karel Schoeman was bekend vir reisverhale wat uit sy eie ervarings geskryf is. Het jy geweet dat hy in verskillende dele van Europa gewoon het en onder meer as verpleër in Glasgow, Skotland, gewerk het? Lees meer oor Reise met Schoeman.
Boek: Die eekhorings kry stry
“Die eekhorings kry stry” is ’n boek met rympies oor mededeelsaamheid en om saam met ’n vriend oor enigiets te kan skaterlag. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boek: ʼn Huis vir altyd
Ná Milan se man in ’n vliegongeluk sterf, moet sy haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel toeroep. Haar eggenoot het hul geld verkwis en die krediteure eis alles op. Haar enigste heenkome is tant Corrie se huis op Vaalkrans. Lees meer.
Boek: Ontdek die wêreld van Magriet, ʼn stadshoender
Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van ʼn hoender in Johannesburg.