“Die Heerser van die Ringe: Die Koning keer terug” is die derde boek in JRR Tolkien se immergewilde trilogie.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Boekvoorlesing: Gevleuelde bome
Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevlevelde bome”.
Boek: Wie’s jy, mnr Slym?
“Wie’s jy, mnr Slym?” is ’n kinderboek met ʼn boodskap oor vriendskap en jy kan boonop leer hoe om jou eie slym te maak. Dit is geskik vir kinders van die ouderdom nul tot ses jaar.
Hofmeyr sluit Sluiper-reeks af
“Tannie Stienie sou hom ʼn skorriemorrie noem. Ek noem dié reeks ‘Staal Burger-noir’,” sê Steve Hofmeyr, skrywer van die Sluiper-reeks.
Boek-uittreksel: Die verdriet van België
“Die verdriet van België” beslaan die tydperk tussen 1939 en 1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Lees hier ‘n uittreksel uit die eerste hoofstuk.
Boek: Skadumagte
“Skadumagte” is die opvolg op Malene Breytenbach se roman “Bloedgrond” wat in 2011 verskyn het.
Boekvoorlesing: Ek wil nou nie snaaks wees nie en ander skaterlagrympies
Jaco Jacobs se jongste boek bevat meer as 60 rympies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel. Luister hier na sy aanbieding van ‘ʼn Inspuiting is nie so erg nie’.
Boekvoorlesing: Breins
“Maar hy’t Klein-Willem gaan wegvat na die ding van die breins, want hy laat nie ʼn nefie van hom ʼn vark oppas nie.” Johny Klein is terug met nog ʼn voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”.
Boek: Kanaän
Chrisjan is ʼn eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat en Catherine is die gesofistikeerde dogter van ʼn skatryk Engelse sakeman. Kan dié liefde se prys betaal word? Lees meer oor Sophia Kapp se jongste boek, “Kanaän.”
Boek: Aanspreeklikheid
“Aanspreeklikheid” was in 2018 die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Dit is Fouché se eerste roman in sewe jaar.
Boekvoorlesing: Nog ʼn eier te lê
“Sommer van piepklein af was die kuiken anners. Jy kon dadelik sien sy’t ʼn houding. En as groot hen was dit nog so, en met reg, want sy was nie sommer hierjy se hoender nie.” Luister hier na Johny Klein se voorlesing van “Nog ʼn eier te lê” deur Tom Ackermann.
Boek-uittreksel: Israel-reeks 11 – ‘Hooglied’
“Hooglied” is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se Israel-reeks. Sy lê gereeld besoek in Israel af en met haar diepgaande kennis van dié land skryf sy die Joodse leefwêreld vir haar lesers oop. Lees hier ʼn uittreksel.
Boek: Helene de Kock Keur 5
“Helene de Kock Keur 5” bevat vier ontroerende verhale wat lesers tot op die laaste bladsy sal boei.
Boekvoorlesing: Monsterrugby
“Breëkloof is bobaas! Breëkloof is tops! Breëkloof maak maalvleis van jou skool se tjops!” Het jy twee minute? Kry die kroos bymekaar en luister saam na Fanie Viljoen se voorlesing van “Monsterrugby”. Dit is geskik vir kinders van nege jaar en ouer.
Boek: Bloedfamilie
Daar word twee moorde in een week in die Brink-familie gepleeg. Die moordenaar laat ʼn boodskap by die eerste moord wat die vinger na die familie wys. Wie is dit en waarom moor hy of sy?
Boekvoorlesing: Die groot dors
In “Die groot dors” word twee oujongkêrel-broers, Soois en Frans, se stryd met hul dorstigheid vertel. Luister hier na Johny Klein se voorlesing van Fesia Engelbrecht se kortverhaal.
Boek: Moenie met ’n prinses mors nie!
“Moenie met ’n prinses mors nie!” wys dat meisies alles kan doen wat seuns doen, en dalk nog beter.
Boek: Essays van ʼn Christen in ʼn Covid-19-wêreld
Die versameling essays in “Essays van ʼn Christen in ʼn Covid-19-wêreld” is ʼn eerlike en persoonlike reis van ʼn gelowige wat weereens besef dat daar een God, een waarheid en een begronding is.
Boek: Swart swaan
Wilken Calitz se debuutroman, “Swart swaan”, is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.
Boekvoorlesing: Ondier
Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie Olaf Demeyer lief geword het. Sal Olaf ondanks sy eie stryd instem om die saak te ondersoek? Luister hier na ʼn voorlesing van “Ondier” deur Jan Vermeulen.