My grootste wens en hoop vir my en jou vir 2021 is dat ons ons gesigmaskers kan laat sak. Dat ons ons tande in ’n vriendelike glimlag kan ontbloot, skryf Susan Coetzer.
Alles vir die sleutelwoord "Frouevonds"
Onthou die ware rede vir Kersfees
Met groot nostalgie verlang ek na die eenvoud van Kersfees soos wat ek dit in my kinderjare kon ervaar het.
Geloftedag – Die vrou tydens die Groot Trek
Die vrou het ’n deurslaggewende rol in die worsteljare van landverhuising van 1835 tot ongeveer 1845 gespeel – van die besluit om te trek, die maande lange voorbereiding, die oorlewingstryd op die trekpad.
Dagbeplanner inspireer, help behoeftige vroue
“Deur hierdie dagbeplanner aan te koop verseker jy terselfdertyd dat studiegeleenthede vir behoeftige meisies en vroue moontlik gemaak word. R50 van elke dagbeplanner word in dié fonds teruggeploeg. Vir ons is dit ’n sleutel in die hand om ’n deur tot ’n beter toekoms vir iemand anders oop te sluit.”
Hoe lyk die nuwe normaal?
Sien elke struikelblok as ’n stappie nader aan ’n nuwe begin en nie die einde nie.
Om Ma te wees in uitdagende tye
Dit is belangrik dat ma’s weer onthou dat hulle spesiaal is. Dat hul optredes van vandag en elke dag in hul kinders se lewe afgeëts word.
Beleef die krag van vrouwees
Met die steun van die publiek en ystervroue soos Demi Lee Moore, Minki van der Westhuizen en Laetitia Dee, om maar net ’n paar te noem, gaan dié inisiatief van krag tot krag.
Pandemie bring ’n nuwe begin
Daar is ’n nuwe aanslag, nuwe waardestelsel gekoppel aan hoe ek weer bou en vorentoe beur.
Hoe om nou die storms in jou lewe te oorbrug
Die Covid-19-pandemie het waarlik die mat onder ons mense se voete uitgepluk. Dan dink ek terug aan my ouma se verhale van hoe swaar hulle gekry het… die Afrikaner het egter weer opgestaan – die land herbou, hard gewerk en in God vertrou.
Redakteursbrief: Ken jy ook ’n hedendaagse Spreuke 31-vrou?
“As jy ʼn hedendaagse Spreuke 31-vrou ken, soos ek, deel hierdie met haar. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.”
Om hoop te gee met ’n jaggeweer
“My senuwees is klaar, maar dan onthou ek die toonbeeld van die hedendaagse vrou – fyn en klein soos wat sy soms voorkom, het sy die hart van ’n leeu.”
Jy is vrou – daarom is jy sterk
’n Sterk vrou lewe voluit, het lief, vergewe, probeer weer en sien die mooi in die lewe raak.
Inperking: Nuwe dinge wag op ons
“Moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom….” – Jesaja 43:18,19
Covid-19-uitdagings kan oorbrug word
“God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”
Skoonheidsbedryf: Lesse uit pandemie
“God se drome is soveel groter vir ons lewens as wat ons eie drome vir onsself is. Stap jou toekoms met dankbaarheid tegemoet en ontvang al God se beloftes vir jou lewe.”
Sanger wys eersteling, vertel van uitdagings te midde pandemie
“Geen ouers, familie of vriende wat my mag besoek nie. My moed was in my skoene, maar die opwagting van Luke was te groot dat enige iets hierdie opwinding sou kon belemmer.”
‘FroueVonds’: Pasgetroud, toe tref Covid-19-pandemie
Ek het net nog ’n keer besef dat die gejaagde lewe wat ons dikwels lei, nie die waarde tot ons lewe toevoeg wat ons dink dit sou nie. Inteendeel, dit laat die fokus op onsself val en maak ons leeg en afgestomp vir die mense rondom ons.
#HelpHetta pak fisieke en geestelike nood aan
“Hierdie versending van #HelpHetta is vir ons besonder spesiaal omdat daar ook ’n Bybel van die Gideons in elke Hetta-pakkie verpak is.”
Vroue snoer kragte saam in die stryd teen Covid-19
Met die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19) is ʼn tekort aan gesigmaskers oral aangemeld. Dit het ’n groep vroue laat besluit om saam te werk vir mense se veiligheid én liefdadigheid.
Van goeie gebaar tot studiebeurs danksy FroueVonds
Claudia is een van die 12 FroueVonds-studente wat in 2020 die geleentheid tot ’n tersiêre kwalifikasie ontvang het. Sy is tans besig met haar diploma in besigheidsadministrasie aan Susca Watts Akademie op Middelburg.