Meer as R9 miljoen in vals eise wat binne net ses maande verwerk is, is ontdek in ʼn bedrogspul wat tot 2014 kan dateer.
Alles vir die sleutelwoord "GroundUp"
Onderwysdepartement moet opdok ná leerders verdrink
“Sy [die onderwyseres] moes die posisie van ʼn versigtige ma ingeneem het en die kinders se versoek om te swem van die hand gewys het.”
LUR moet opdok ná kind met suur brand
Die 11-jarige leerder het ernstige brandwonde opgedoen toe suur in ʼn skool se badkamer gelos is en hy besluit het om daarmee te eksperimenteer.
Jammer, geen loterygeld meer vir diere
Die Nasionale Loterykommissie het dierewelsyn as ʼn prioriteit vir finansiering geskrap, terwyl dierewelsyngroepe hom daarvan beskuldig dat hy nie begrip het vir die belangrike diens wat hulle lewer nie.
Doodse stilte oor uitspraak wat al 19 maande sloer
Hierdie uitspraak is maar een van tien in die hooggeregshof in Pretoria wat al vir langer as ses maande lank sloer.
LUR moet betaal ná pasiënt hom dood val
Die hof het bevind die pasiënt het nie die regte medisyne ontvang nie en is ook nie behoorlik dopgehou nie.
Hof stuit Shell se eksplorasieregte
Die hof het bevind die aanvanklike proses wat die minister van minerale bronne en energie gevolg het om die regte toe te staan, nie deur ʼn billike proses voorafgegaan is nie.
Minister moet hoes ná man verkeerdelik toegesluit is
Johannes Claassens moes destyds drie dae lank ʼn vuil, yskoue aanhoudingsel met gevaarlike individue deel nadat sy buurman, ʼn voormalige polisieman, hom vals beskuldig het.
‘Los maar die opruimwerk’ – gemeenskap aan Ramaphosa
Die gemeenskap van Gqeberha sê dit is die eerste keer wat enigiemand dié gebied probeer skoonmaak en wonder oor die president en ander hooggeplaastes se motivering hiervoor.
UK-bib se bouwerk staan stil oor gebrek aan geld
Voortgesette regstappe tussen die universiteit, SANParke en die Stad Kaapstad beteken die eens befaamde Jagger-biblioteek is ná die brand wat dit verlede jaar in puin gelê het, steeds net ʼn leë dop.
Leerders wag twee jaar vir skool in WK
Die hof het die Wes-Kaapse departement van onderwys tot vandag (Vrydag) gegee om sewe leerders, wat al maande lank wag om skool te gaan, in skole te plaas.
Enorme agterstand in seksmisdaadsake weens stukkende toerusting
Meer as 80% van alle hofsake wat met seksuele misdrywe verband hou, toon ʼn agterstand.
Korrupsiesake sloer oor regters se kontrakte
Belangrike sake wat voor die spesiale tribunaal moes kom, is twee maande lank vertraag omdat regters se kontrakte nie hernu is nie.
Honderde kleuterskole wag steeds vir Covid-geld
ʼn Opname onder sentrums in die Wes-Kaap wys dat slegs 36 uit 441 sentrums die volle betaling ontvang het. Dit is ʼn skamele 8%.
Stellenbosch-moord: ‘Bloedige hand mag nie erf’
Terwyl die strafsaak voortduur, het ʼn siviele hof bevind dat Zerenah Smit op ʼn oorwig van waarskynlikhede betrokke was by die moord op haar man.
Stapels agterstallige paroolaansoeke by minister
Minder as 1% van dié gevangenes wat in een jaar in aanmerking vir parool kom, word in dieselfde jaar vrygelaat.
Patel wil loteryraad pos
Volgens die minister het die kommissie se raad versuim om “behoorlike administrasie en goeie bestuur” te verseker.
Maatskappy mag werkers wat inenting weier, skors
Gideon Kok is die opsie gegee om weekliks ʼn Covid-19-toets te ondergaan, maar het dit net ʼn paar keer gedoen. Hy het daarna geweier omdat hy self vir die toetse moes betaal.
Geen meer toegang tot entstofdatabasis vir navorsers
Indien die navorsers toegang tot die EVDS gehad het, sou hulle byvoorbeeld sterftes onder ingeënte mense en oningeënte mense kon ontleed. Maar hulle kan nie.
Plaaslike vervaardiging van weermaguniforms gaan werk skep
Die plaaslike vervaardiging is in ooreenstemming met wetgewing wat bepaal dat staatsinstellings se bestellings ʼn minimum hoeveelheid plaaslike inhoud moet bevat.