Die verslag deur die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) het bevind dat reservate in KwaZulu-Natal dié met die grootste probleme is.
Alles vir die sleutelwoord "GroundUp"
Geen plan in ‘Nasionale Leesplan’
Die Nasionale Leesplan is in 2019 met groot fanfare aangekondig. Dokumente wys egter die plan het in al die provinsies – behalwe die Wes-Kaap – nooit eens van die grond af gekom nie.
Hof moet sê oor rekenaarregte vir gevangenes
Die appèlhof sal later vanjaar argumente aanhoor oor die kwessie of gevangenes toegelaat mag word om hul persoonlike skootrekenaars in tronkselle vir studiedoeleindes te gebruik.
Nuwe kaartlose betalings vir Sassa-toelae ingestel
Daar is kommer dat die nuwe stelsel “moontlik nog ʼn flop kan wees deur Postbank”.
Thabo Bester: Raaisel verdiep terwyl polisie swyg
Volgens die polisie is die verkoolde liggaam in Bester se sel dié van Katlego Bereng, maar daar is al hoe meer vrae oor sy dood en die hantering van sy oorskot daarna.
‘Ontlastinggooier’ vermoor
Loyiso Nkohla was besig om ʼn vergadering te lei oor die hervestiging van mense wat by ʼn spoorlyn in Philippi woonagtig is, toe daar op hom geskiet is.
Thabo Bester: Polisie versamel glo steeds nie alle bewyse
Die jongste oor die voortslepende sage dui daarop dat die veroordeelde moordenaar en verkragter se vriendin en medevoortvlugtige weke voor sy ontsnapping sy skuilnaam gebruik het om verblyf in Bloemfontein en Ballito te bespreek.
Rykes ‘vererger Kaapstad se waterprobleme’
ʼn Onlangse studie het bevind dat welgestelde huishoudings meer as die helfte van die stad se water verbruik, terwyl hulle slegs sowat 14% van Kaapstad se bevolking uitmaak.
Thabo Bester: Tydlyn wys regering weet al lank van ontsnapping
Dié onthullings is Woensdag gemaak tydens ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie waarin die omstandighede rakende Thabo Bester se ontsnapping bespreek is.
Tuinier red man uit brandende motor
“God het my die krag gegee. Ek het die deur oopgemaak en hom na buite gedra.”
Poskantoor steier oor Sassa-kaarte wat verval
Miljoene goue Sassa-kaarte verval oor die volgende paar maande en lang toue mense wag by poskantore om hul kaarte te hernieu.
ANC-bates dalk gevat oor R102 miljoen-rekening
ʼn KwaZulu-Natalse bemarkingsmaatskappy is steeds nie betaal vir verkiesingsplakkate en baniere wat hulle reeds vier jaar gelede gelewer het nie.
Gevangenis se bestuur tydelik gepos oor Thabo Bester-sage
Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom dat Bester se ontsnapping “goed beplan en georganiseer was”.
KZN-vloedslagoffers jaar later nog dakloos
Inwoners van ʼn nedersetting buite Durban sê hulle het nog nooit enige hulp van die regering ontvang nie, nie eens toe hul huise en al hul besittings tydens die vloedwater meegesleur is nie.
R1 miljoen vir munisipale vergadering by hotel
Terwyl verskeie van die Matatiele-munisipaliteit se projekte halfklaar of ongebruik lê, reis raadslede teen ʼn koste van ʼn koel miljoen vanuit die Oos-Kaap na Durban om ʼn beplanningsessie by te woon.
Gee Prasa-raad die trekpas; laat provinsies spoorvervoer regruk
Dit lyk egter nie of die regerende party beheer van die spoornetwerk maklik gaan afstaan nie.
‘Ramp dreig’ oor tekort aan slangteengif
Dokters en veeartse moet so lank as ses maande wag vir teengif en sommige kry glad nie teengif in die hande nie.
Beurtkrag kry skuld vir rioolvuil op Kaapse strande
Rioolbesoedeling het die afgelope Desembervakansie tot die tydelike sluiting van verskeie strande in Kaapstad gelei.
Aktivis betwis wet oor beskuldigdes in seksmisdade
ʼn Kaapstadse aktivis wil wetgewing betwis wat verhoed dat die naam van ʼn beskuldigde wat van ʼn seksmisdaad aangekla word, bekend gemaak word voordat die persoon op die aanklag gepleit het.
Sommige Saldanhabaaiers steun wél Karpowership
Die omstrede maatskappy, wat fossielbrandstowwe gebruik om krag op skepe op te wek, voer aan hy gaan 240 werksgeleenthede in die Weskusdorp skep.