Hoofregter Zondo het vroeër elke regterpresident opdrag gegee om klagtes van wangedrag by die regterlike gedragskomitee aanhangig te maak teen elke regter wat met die lewer van ʼn uitspraak sloer.
Alles vir die sleutelwoord "GroundUp"
87 000 studente dalk befondsing kwyt ná besnoeiings
Daar is reeds kommer dat die tekorte kan lei tot groeiende onrus en selfs betogings onder studente.
Kommer oor gesloer met Kieswet-uitspraak
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ook onlangs vir die parlement gesê hulle wag vir die uitspraak voor hulle reëlings vir die verkiesing kan finaliseer.
ANC moet R100 m. opdok vir 2019-verkiesingsplakkate
In ʼn eenparige besluit deur die Hoogste Hof van Appèl, het regter Trevor Gorven gesê die regerende party se weergawe dat hy geen kontrak met Ezulweni Investments gehad het nie, “heeltemal onhoudbaar” is.
Miljoene vir sportterrein wat halfgebou staan
Werk aan dié Engcobo-sportterrein het sewe jaar gelede begin en is vandag steeds nie afgehandel nie, selfs al is meer as R13 miljoen reeds daaraan bestee.
Honderde dakloos ná brand deur Durbanse township woed
Die M19-snelweg was kortstondig gesluit terwyl brandbestryders en ander noodreddingsdienste gespook het om die brand te blus.
Drukgroep hof toe oor Tshwane se uitsetting van haweloses
Meer as 30 hawelose mense voer aan dat die metropolisie hulle met geweld verwyder het en op al hul besittings beslag gelê het, insluitend materiaal wat hulle vir skuilings gebruik het.
‘Te veel seksuele geweld bly ongestraf’
Drukgroepe sê ʼn benadering volgens riglyne vir menseregte vereis dat howe alle vorme van seksuele geweld verstaan, waaronder verkragting in romantiese verhoudings, en dat hulle sake in konteks ondersoek sodat daar nie tydens die hofproses teen slagoffers gediskrimineer word nie.
Pad of padda, hof moet besluit
ʼn Verlenging van ʼn pad deur die Noordhoek-vleiland, kan die uitwissing van die bedreigde westelike luiperdpadda in die gebied veroorsaak, maar die pad is glo noodsaaklik om verkeersknope in die gebied te verlig.
Aansoek oor Zim-permitte van die hand gewys
ʼn Dringende aansoek wat deur die Helen Suzman-stigting gebring is om die regte van Zimbabwiërs te beskerm wat met vrystellingspermitte in Suid-Afrika woon, is van die hand gewys omdat dit “nie wetlik nodig is nie”.
Té veel uitsprake van Grondwethof is laat
Die hoogste hof in die land het tans vier sake waarin uitsprake al vir langer as nege maande voorbehou is.
Hofstryd oor tenders vir spoorveiligheid duur voort
Vier jaar nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof voorwaardes aan Prasa gestel het om behoorlike spoorveiligheid in te stel, word pendelaars steeds nie beveilig nie weens ʼn hofgeding met veiligheidsmaatskappye en ʼn tenderproses wat sloer.
Springs-myn: Myners sal stem tussen NUM en Amcu
Gold One-mynwerkers betrokke by verlede maand se beweerde gyselaarsdrama wil nou stem watter vakbond die septer by dié myn in Springs sal swaai.
Dept. voldoen nie aan bevel oor gratis gesondheidsdienste
Die hooggeregshof het die hospitale tot 6 November tyd gegee om te voldoen aan die bevel om kennisgewings oor gratis gesondheidsorg aan bepaalde pasiënte duidelik aan te bring.
LP’s looi Poskantoor, Posbank se leiers
Parlementslede het vandeesweek teen die bestuur van die Poskantoor en Posbank uitgevaar toe verteenwoordigers van dié organisasies hul jaarlikse finansiële verslae aan die portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologie voorgelê het.
Honger skool toe… en weer só huis toe
Die amptelike toewysing van die Oos-Kaapse departement van onderwys is R3,05 per laerskoolleerder vir ʼn daaglikse ete, R3,65 vir hoërskole en R7,35 vir kleiner skole. Alle skole ontvang 59 sent per leerder vir ontbyt.
Sensus-uitslae gou bekend
Die jongste uitslae kom meer as ʼn dekade ná die land se laaste sensus in 2011 gedoen is.
Kaapstad moet openbare insette kry oor rioolvuil in see
Die drie uitlooppunte stort sowat 28 miljoen liter rioolvuil elke dag in die see en die enigste behandeling wat dié rioolvuil ontvang, is om deur ʼn 3 mm-sif gedruk te word om gruis en soliede stukke te verwyder.
813 dae onskuldig agter tralies; nou moet minister betaal
ʼn Man wat ʼn kaper doodgeskiet het, het meer as twee jaar onnodig agter tralies gesit omdat die polisie getuienis weerhou het dat die man uit noodweer opgetree het.
Loterybeampte se rekeninge gevries oor ‘verdagte betalings’
Die bankgroep FNB het vroeër vanjaar vir die eerste keer verdagte transaksies opgetel en dit ingevolge die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (FICA) aangemeld.