Die departement van gesondheid beskryf die goedkeuring van die CoronaVac-entstof as ’n “keerpunt” te midde van toenemende infeksiegetalle.
Alles vir die sleutelwoord "koronavirus"
Jhb-burgemeester in hospitaal
Geoffrey Makhubo het glo verlede week positief vir die koronavirus getoets.
Motoriste vas wat drank vervoer
Twee motoriste van Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap is met liters drank in hulle motors betrap.
Regstappe dreig ná BL-onnies glo nie inentings mag kry nie
Verskeie beheerliggaamonderwysers is glo by inentingstasies weggewys.
Covid-19-statistieke: Rekordgetal nuwe gevalle
Die meeste nuwe gevalle is wéér in Gauteng aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap en Noordwes.
Covid-19: Verhoed só ‘vloedgolf’ virusgevalle
“Daar is baie op die spel en as ons nie nou optree nie, kan ons in die komende weke deur ʼn vloedgolf van infeksies in die gesig gestaar word,” sê ’n kenner te midde van infeksies aangebring deur die nuwe Delta-variant.
Duisende polisielede eersdaags ingeënt
“Voordat van hulle verwag word om die verspreiding van die virus hok te slaan, moet beamptes die nodige inentings ontvang om hulself te beskerm.”
Covid-19: Só maak Gauteng gereed vir vloedgolf infeksies
Naastenby nege uit tien beddens in private hospitale in Gauteng is vol, terwyl staatshospitale in die provinsie sowat 61% van sy kapasiteit bereik het.
SA entstowwe ‘beskerm’ teen Delta-variant
Meer as 7 000 Suid-Afrikaners ouer as 50 is Donderdag ingeënt – selfs voor dié ouderdomsgroep se inentings amptelik afgeskop het.
Covid-19-statistieke: Meer as 21 500 nuwe gevalle
Meer as 13 000 Covid-19-pasiënte word tans in ’n hospitaal in Suid-Afrika behandel.
Moontlikhede vir appèl in Sahpra-saak ondersoek
“Hierdie is ʼn saak van uiterse dringendheid. Trouens, dit is ʼn saak van lewe en dood.”
Vrae oor wetsgehoorsaamheid
Francisca Wessels, prokureur en notaris van Johannesburg, gebruik die afgelope Desember se Covid-inperkingsmaatreëls as voorbeeld om meer lig op hierdie saak te werp.
Covid-19-statistieke: Meer as 19 500 nuwe gevalle
Gauteng het steeds verreweg die meeste gevalle.
Slegs aanlyn klasse vir universiteite, sê Nzimande
“Ons universiteite sluit nie amptelik nie, maar alle persoonlike onderrig en eksamens word vir die volgende twee weke opgeskort.”
Covid-19 eis groot gees in Afrikaanse onderwys
Neil Prinsloo was hoof van die oudste Afrikaanse private skool in Namibië en het veral ʼn passie vir Christelike onderwys gehad.
Mediclinic beleef nou ook toename in dié provinsies
Volgens die hospitaalgroep het die verbod op alkohol tot op hede nog geen wesenlike verskil in sy hospitale gemaak nie.
Delta-variant ál meer dominant in SA
“Dit is belangrik om daarop te let dat herinfeksie met die Delta-variant moontlik is ná ʼn Beta-infeksie weens die afname in immuniteit.”
Covid-19-statistieke: 67% van nuwe gevalle in Gauteng
Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 26,2%.
SOS vies oor ‘ongeorganiseerde’ entstofprogram
Die Gautengse departement van onderwys hou egter vol dat hy genoeg entstof vir die program het.
Polisie, weermag volgende ingeënt
Die Suid-Afrikaanse redakteursforum het intussen aangedui dat joernaliste volgens die regering ook binnekort ingeënt sal word.