“Ek geniet nie een rol meer as die ander nie, want die ou wat aan die einde die applous op die verhoog kry, deel dit eintlik met sy hele span.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Margit Meyer-Rodenbeck"
Video: Margit en Jurg oor ‘ouerwees’ vir teaterrestaurant, aktrise-tiener
“Ons spot gereeld en sê ons is ʼn sirkushuis, want daar is roetine, maar geen twee dae lyk dieselfde nie.”
Liewe Heksie vlieg dié vakansie Pretoria én Kaapstad toe
Margit Meyer-Rödenbeck en Anmari van Achterbergh klim onderskeidelik op dié gewilde karakter se besem vir optredes in die Wes-Kaap en Gauteng.
Luister: Oerwonde van kindertrauma hoort ook op verhoog
“Die meeste van ons se oerwonde lê in ons kinderjare, nes Herman sʼn. Hy is net braaf genoeg om so blatant en eerlik daaroor te wees.”
Haai, oe! Liewe Heksie span nou haar besem in as visstok
Boonop raak Koning Rosekrans se forelle minder. Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie?
Luister: Herkenbaarheid kerndeel van ‘Laerskool Noord’ se humor
“Ons sien soms van die verhoog af hoe gehoorlede mekaar stamp of fluister, ‘daai karakter is nes dié en só by ons skool’.”
Dié lesers wen kaartjies na komedie-trio se skreeusnaakse produksie
‘Laerskool Noord’ is tussen 15 tot 19 Februarie by die Atterbury Teater in Pretoria te siene.
Wen kaartjies na komedie-trio se skreeusnaakse produksie
“Laerskool Noord” met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie kuier binnekort op die Atterbury Teater se verhoog. Skryf nou in om kaartjies te wen!
Video: Komedie-trio laat skare skaterlag in ‘Laerskool Noord’
“Die doel is nie om swaar onderwyskwessies te takel nie, maar net om mense ʼn bietjie te laat lag, want Covid-19 het ons min gegee om oor te lag.”
Liewe Heksie rolskaats Aardklop toe
Dié unieke vertonings beloof om klein én groot kaboutervriende van “Menseland” te boei danksy prettige gehoordeelname en voortsnellende aksie.
Aardklop-produksie gee komiese blik op onnie-lewe
“Hierdie stuk is vir almal, want ek dink die milieu van die onderwys is net so bekend! Ons ken almal daai ‘tipe’ onnie.”
Margit Meyer-Rödenbeck terug op Heksie se besem
“Dis lekker om weer te kan toer, veral met ’n kinderteaterproduksie.”
Dowwe Dolla hang stiletto’s op
“Nou is daar egter hordes ander goed wat ek wil aanpak en om dit reg te kry, moet Dolla haar grappies bêre.”
Dowwe Dolla ‘waai koebaai’ ná twee dekades
“Die stokkielekker was eintlik net ʼn sekuriteitskombersie wat ek gegryp het, want ek was jonk en nuut in komedie en het nie geweet wat om met my hande te doen nie. En toe raak dit Dolla se kenteken!”
Luister: Dowwe Dolla hou eerste en enigste aanlyn vertoning
“Vergeet van die politiek en die geld wat knyp, om nie te praat van die korona-rolletjies wat knyp nie! Gun jouself net ʼn blaaskans.”
Luister: Margit en Marion deel weer verhoog na 17 jaar
Nou is dié dinamiese duo terug met ʼn nuwe produksie genaamd Die voordele van eierwit.
Luister: Drie gesoute aktrises is ‘Drie Susters’
“Ek dink mans hou ook daarvan omdat hulle hul vroue daarin herken. Hulle sê: ‘My vrou is soos daardie een’, of ‘O, nee, daardie een sal my mal maak’.”
Wen: ‘Drie susters’ vat die pad
Nou het jy géén rede om dié sterbelaaide produksie met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm mis te loop nie.
‘Koöperasiestories’ op US Woordfees, KKNK
Die verhoogproduksie van PG du Plessis se geliefde verhale begin op die US Woordfees in Stellenbosch, waarna speelvakke op die KKNK, in die Bellville Burgersentrum en die Atterbury-teater in Pretoria volg.
Aardklop: Liewe Heksie-produksie benadruk rol van speel
Dis wonderlik om te weet dat Levinia vandag steeds voortleef en dat ons kinders haar ook liefhet. Dit is juis produksies soos dié van Margit Meyer-Rödenbeck en De Klerk Oelofse wat die legende van Liewe Heksie aan die lewe hou.