Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels oor die wysigingswetsontwerp op diensbillikheid, Suid-Afrika se hoë belastinglas en kritiek op die staat se lokaliseringsplanne.
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Kommentaar op mini-begroting, staatsbeheerde instellings se verliese
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” lewer Sakeliga kommentaar op die mini-begroting. Daar word ook gekyk na nuwe insigte oor die arbeidsmark ná die pandemie en verliese by staatsbeheerde ondernemings. Kom luister in 3 minute.
Luister in 3 minute: Dít kan jy van minibegroting verwag
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die mediumtermynbegroting wat binnekort voorgelê word. Hy praat ook oor Transnet se kredietafgradering, beurtkrag en misdaad.
Luister in 3 minute: Groenkragooreenkoms, stygende kospryse en pensioenwet bespreek
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste nuus uit die energiesektor en kommer oor stygende kospryse, asook die voorgestelde wysigings aan die pensioenwet wat gepubliseer is.
Luister in 3 minute: Voorsieningsketting, krag ontwrig
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” word die wêreldwye ontwrigting van die voorsieningsketting bespreek, asook beurtkrag en ʼn hofuitspraak wat elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak sal help verseker.
Luister in 3 minute: Kommer oor ernstige munisipale verval, inflasie
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor munisipale verval, ʼn nuwe skema vir plaaslik vervaardigde produkte en kenners wat bekommerd oor inflasie is.
R5 miljoen-projek vir kommersiële arbitrasie aangekondig
Partye met verhoorryp sake in die Pretoriase hooggeregshof, oor ʼn kommersiële aangeleentheid, word genooi om hul geskille na ʼn geskikte arbiter op Sakeliga se arbiterlys te verwys.
Luister in 3 minute: Acsa plaas druk op vliegkaartjies se pryse
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek Acsa se skerp verhoging in sy gebruikstariewe. Van Onselen kyk ook na die hoër repokoerse wat in die vooruitsig is en Johannesburg se City Power wat ʼn private kragaankoopooreenkoms aangegaan het.
Luister in 3 minute: Swakker indiensnemingsvlakke en verslag oor skuldneigings
Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels oor die wysigings aan die Wet op Maatskappye en ʼn verslag van Transunion oor die jongste skuldneigings. Hy fokus eerste op formele indiensneming wat swak bly. Kom luister in drie minute:
Jan Taks span sy net wyer, minister bekommerd oor e-tolgeld en beginsels
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk na Jan Taks wat kleiner ondernemings se sake met die regering fyner wil bekyk. Hy gesels oor die beginsel van “gebruikers betaal” en Mauritius se aanloklike aanbod vir verblyfpermitte. Kom luister in 3 minute:
Betalende eindgebruikers nie meer ‘gyselaars’ in regeringsgeskille
Sakeliga sê die verval van staatsentiteite sal nie meer die probleem van gemeenskappe en private derde partye gemaak kan word nie en dat die regering verantwoordelikheid sal moet aanvaar vir plaaslike en provinsiale staatsverval.
Luister in 3 minute: Ent-paspoorte, ekstra belastinglas op spits gedryf
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die kwessie oor ent-paspoorte, die staatsbeheerde versekeraar wat aansoek doen om nog geld, asook Solidariteit se stappe teen die regering se planne vir bykomende belasting op sy burgers.
Pta-landdroshof hoor weer sake aan
Rolspelers is egter bekommerd die skade wat betref die agterstand in die aanhoor van hofsake is reeds gedoen.
Luister in 3 minute: Kommer oor groenskrif vir nuwe nasionale ‘aftreefonds’
In die jongste aflewering van 3 Minute, 3 Sake bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die kommer oor voorstelle vir ʼn nuwe nasionale “aftreefonds”, Vinpro se hofsaak oor die drankverbod en Sakeliga se betaalmeesterhofsaak wat voortgesit word.
Premier, ministers tjoepstil oor betaalmeestersaak in hof
Sakeliga het in Mei vanjaar ʼn geskiedkundige aansoek by die hof ingedien waarin hy vra dat die Ditsobotla- en Naledi-munisipaliteite onder die administrasie van ʼn spesiale, onafhanklike betaalmeester geplaas word.
Luister in 3 minute: Lig aan einde van kragkrisis; groen krag in Noord-Kaap
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die moontlikheid van lig aan die einde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Hy maak ook ʼn paar afleidings uit ons land se nuwe infrastruktuurplan en verwys na die Noord-Kaap se groenkragplan as ʼn gevallestudie.
Luister in 3 minute: Skuiwe in kabinet; nuwe belasting wink vir emigrante
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die skuiwe in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet, ʼn moontlik nuwe belasting vir emigrante en die regering se planne vir talle nuwe staatsprojekte.
Luister in 3 minute: Reserwebank oorweeg e-rand
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die onlangse onluste se skade by munisipaliteite, die Grondwetwysiging wat dalk gesink het en die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat ʼn e-rand oorweeg.
Inperkings nie volhoubaar; IMF maan SA om begroting aan te pas
Gerhard van Onselen van Sakeliga verduidelik waarom die inperkingsmaatreëls nie ekonomies volhoubaar is nie en dat dit Suid-Afrika op ʼn glibberige glybaan van verdere inperkings plaas. Hy praat ook oor die IMF se druk op die regering om sy begroting aan te pas na die onluste vroeër die maand.
Luister in 3 minute: Moody’s kap metrorade se skuld; lesse te leer uit onluste
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die verdere kredietafgradering van sekere metrorade se skuld. Hy verduidelik waarom die praatjies van sameswerings in die onlangse onluste ons nie moet flous nie, en bespreek watter lesse daar te leer is uit die gebeure van verlede week.