Die Curriebeker-wedstryd tussen die Westelike Provinsie en die Pumas sal nou op die Athlone-stadion gespeel word.
Alles vir die sleutelwoord "stormers"
Stormers rook die pyp in Kaapstad
Uitstekende verdediging en ʼn tikkie Manie Libbok-toorkuns het toegesien dat die Stormers vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) gekwalifiseer het.
Stormers sonder Deon, Marvin teen Connacht
John Dobson, die Stormers se afrigter, is vol vertroue in die twee Springbok-voorspelers se plaasvervangers.
Stormers weet binnekort of Fourie sal speel
Teen Donderdagoggend is daar reeds 35 000 kaartjies vir die halfeindstryd tussen die Stormers en Connacht verkoop.
Stormers sal nie Connacht onderskat
“Ons kan selfversekerd wees, maar daardie selfvertroue moet nie as arrogansie geïnterpreteer word nie.”
Stormers wéér Bulls se rugbymeesters
Die Stormers sal volgende week gasheer vir Connacht in die halfeindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap speel nadat hulle sopas met die Bulls klaargespeel het.
Amper 40 000 kaartjies reeds verkoop
Die Stormers en die Bulls speel Saterdagmiddag in die kwarteindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad.
Stormers teen Bulls: Uitkloprugby maak speelveld gelyk
“Dit is nou ʼn nuwe kompetisie en dit is irrelevant hoeveel wedstryde jy vooraf gewen het en of jou teenstanders jou in die groepfase geklop het,” het Jake White gesê.
Kwarteindstryd ʼn skoon bladsy vir Stormers, Bulls
John Dobson meen dat die afgelope Saterdag se Curriebeker-vertoning nie so ʼn groot invloed op die komende Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd tussen die Stormers en die Bulls sal hê nie.
Stormers wil spiere teen Munster bult
Hoewel die Stormers tweede op die amptelike VRK-punteleer met 61 punte is, blaas Ulster in sy nek. ʼn Goeie vertoning teen Munster sal dus die pad na ʼn tuiskwarteindstryd aansienlik makliker maak.
‘Ons het Deon gemis’
In ’n wedstryd waar die Exeter Chiefs met sy flinke aanvalswerk beïndruk het, sou Deon Fourie se balsteelvaardighede darem baie handig te pas gekom het.
Stormers dis vlugvose vertoning op
“Alles het doodeenvoudig net vir ons in die eerste helfte verkeerd geloop. Exeter verdien egter lof vir die hoë intensiteit waarmee hulle gespeel het; ons was heeltemal oorrompel.”
Stormers kan nie teen Exeter gaan lê
“Ons is nie net deeglik bewus van Exeter se veerkragtigheid nie, maar ook van die desperaatheid waarmee hulle speel,” het Ruhan Nel gesê.
Exeter-baas meen Stormers is die gunsteling
“Ek weet daar is baie mense wat glo dat ons nie ʼn kat se kans teen die Stormers staan nie.”
Stormers laat Harlequin-trane loop
Deon Fourie was een van die spelers wat ʼn barshou in die Stormers se goeie vertoning teen Harlequins gespeel het.
Stormers wil laaste lag teen Harlequins
John Dobson sê die Stormers se ondersteuners speel ʼn belangrike rol in die span se sukses en hy hoop dat 50 000 toeskouers hulle teen Harlequins in Kaapstad sal aanvuur.
Stormers, Leinster speel gelykop in Dublin
Toegegee, in rugby word ʼn gelykop uitslag met ʼn sussie-soen-oomblik vergelyk, maar die Kapenaars kan trots wees op hierdie uitslag; dit gebeur nie aldag dat Leinster nie as oorwinnaars van die veld stap nie.
Stormers kies Bokke om Leinster te tem
Spelers soos Steven Kitshoff, Damian Willemse en Frans Malherbe sal hierdie naweek vir die Stormers teen Leinster in aksie wees. Daarteenoor sal die Ierse klub sonder Johnny Sexton moet klaarkom.
Stormers wil VRK-vonkelwynproppe laat klap
Op die speelveld is die Kaap beslis nog Hollands vir die Stormers, maar daar wag nog taai groepwedstryde teen Leinster en Munster op die span.
Steil bult wag op Sharks in Kaapstad
Dit sal seker nie as ʼn opskudding geklassifiseer word nie, maar die Sharks sal hul sokkies baie hoog moet optrek as hulle die Stormers op die DHL-stadion wil klop.