Die voorval het voor die skool se hoofhek plaasgevind, ten aanskoue van leerlinge en personeel.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Geliefde ‘Murder, She Wrote’-aktrise sterf
Angela Lansbury, die aktrise wat ʼn huishoudelike naam geword het deur haar rol as ʼn skrywer-speurder in Murder, She Wrote, is Dinsdag oorlede.
‘Ons het nie ʼn ramp van dié aard verwag’
Sommige Noord-Kaapse boere het 80% van hul weiding in die afgelope week se verwoestende brande verloor en skarrel nou om voer vir hul vee in die hande te kry.
‘Regering kelder sélf swart boere’
Drie begunstigdes van grondhervorming voer daagliks ’n stryd om grondsekerheid en is magteloos teen plunderaars en onwettige besetters.
Familie groet blommeboer maande ná wrede aanval
“Dis so ’n sinnelose daad, en waarvoor? Vir ’n selfoon en ʼn skootrekenaar!”
Regering skerm oor pasella dienste vir ministers
In dieselfde asem doen die regering ʼn beroep op gewone Suid-Afrikaners om aan te hou om vir munisipale dienste te betaal.
Foto’s: Kruger-beeld, gedenkboek om Akademia-mylpaal te vier
“My wens vir Akademia is dat hulle nooit hul bestemming sal bereik nie, maar dat hulle altyd op reis sal wees.”
Sekuriteit by Numbi-hek opgeskerp
Die drie mense “van belang” wat ná die moord van die Duitse toeris aangehou is vir ondervraging, is intussen vrygelaat.
Misdaad ‘buite beheer’ op Christiana
Ten spyte van ʼn reusespanpoging deur die gemeenskap om Gerhard Visser se vermeende moordenaars vas te trek, is nog niemand in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.
Brand in Noord-Kaap versprei verder
“Ons skat die afgebrande veld strek al ver oor die 100 000 ha. Ons sal wel eers skadebepaling kan doen sodra die brande heeltemal geblus is.”
Afrikaanse rots nou in US se visier
Die gediguittreksel op ’n granietrots op die Tygerberg- mediese kampus lui sedert 1974: “’n beitel moet kan klip breek as hy ’n beitel is”.
Groeiende kommer oor Transnet-staking
Die aantal skepe wat tans wag om die hawe binne te kom, word al meer, terwyl samesprekings tussen Transnet en vakbonde skynbaar nie vrugte afwerp nie.
Maroela Media se app selfs nog beter as ooit tevore
Jy kan die kategorieë aan- en afskakel soos jy wil, jy kan links en regs tussen die portale rondblaai en selfs donker modus aanskakel. Die beste van alles? Jou Afrikaanse nuus bly gratis!
Intercape-baas se ‘dapper’ verset teen minister, taxi’s
“Ongelukkig het sy maatskappy ʼn duur prys betaal vir hierdie dapper standpunt. Hopelik sal die uitspraak sy geloof staaf dat dit die regte ding was om te doen.” – Regter John Smith
‘Onaanvaarbare werkstoestande’ vir weermaglede
Die weermag se verdedigingshoofkwartier in Erasmusrand, Pretoria, asook die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) in die Pretoriase middestad was reeds aan die begin van die jaar buite werking.
‘Wonderwerkie’ op pad vir glanspaar
Ná talle struikelblokke op hul swangerskapreis, word hulle volgende jaar ʼn pienkvoet ryker.
Lesotho se ‘rykste man’ wen verkiesing
Kiesers in Lesotho het Vrydag aan die parlementêre verkiesing in dié land deelgeneem.
Video: Groot vreugde toe paartjie op SA lughawe verloof raak
Ná baie seer en teleurstelling, is die verlowing ʼn ligpunt in die gesin se lewe.
Rafael Nadal word pa
Die baba is in ʼn privaat kliniek in Spanje gebore.
Zuma se vervolging van Downer, Maughan uitgestel
Joernalis Karyn Maughan en adv. Billy Downer, die staat se aanklaer in die korrupsiesaak teen die oudpresident, het albei die hof gevra dat Zuma se saak as ʼn misbruik van die hofproses verwerp word.