ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn verstandelik gestremde vrou in Ficksburg in die Vrystaat seksueel wou aanrand.
Alles vir die sleutelwoord "verkragting"
Robertson-moordenaar kry lewenslank
Jaylin Karelse (20) is Donderdag gevonnis vir die verkragting en moord op Marlene Standaar in 2012 in Robertson in die Wes-Kaap.
Pa gevonnis wat dogter verkrag
ʼn 40-jarige man wat sy 15-jarige dogter verkrag het, is Donderdag in die Pinetown-streekshof in KwaZulu-Natal tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Man gevonnis vir seun se verkragting
Msawenkosi Robert Zulu (37) is in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 2012 ʼn sesjarige seun onder ʼn veselperskeboom verkrag het.
Vier Bloemfontein-seuns gevonnis vir verkragting
Vier tienerseuns is in die Bloemfontein-landdroshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn ander seun.
Limpopo se vermeende “hamerman” vasgetrek
Die sogenaamde “hamerman” wat op nege aanklagte van huisbraak en verkragting tereg staan, is Sondag weer in hegtenis geneem nadat hy die polisie vir sowat ʼn jaar lank ontduik het.
Jongman vas oor verkragting van Knysna-pensioenaris
ʼn 24-jarige man verskyn Vrydag in die Knysna-landdroshof nadat hy glo vroeër die week ʼn 68-jarige vrou van dié kusdorpie beroof, ontvoer en verkrag het.
Tweeling help om sussie se verkragter skuldig te bevind
Sewejarige tweelingdogtertjies se getuienis het daartoe bygedra dat ‘n man skuldig bevind is aan die verkragting van hulle driejarige sussie, het The Star Donderdag berig.
Verkragter op heterdaad betrap
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo oor die naweek ʼn 20-jarige vrou in die Oos-Kaap verkrag het.
‘Geen bewyse van verkragting-speletjie’
Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê ‘n ondersoek het bevind dat daar geen bewyse is dat laerskoolkinders ‘n speletjie wat verkragting naboots speel nie.
Ondersoek oor ‘verkragting’-speletjie by laerskole
Die Wes-Kaapse departement van onderwys ondersoek bewerings dat laerskoolkinders ‘n nuwe speletjie speel waar hulle verkragting naboots.
Man vas ná verkragting, moord by begraafplaas
ʼn 30-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo onlangs ʼn vrou in ʼn begraafplaas in die Oos-Rand verkrag en haar kêrel vermoor het.
Vrou vertel van verkragting
‘n Vrou het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria ‘n Zimbabwiër uitgewys as die man wat haar drie jaar gelede in haar huis in Rayton, oos van Pretoria, aangerand en verkrag het.
Omstredenheid ná uitlatings oor Zuma-verkragtingsaak
Oudregter Zak Yacoob se uitlatings dat hy pres. Jacob Zuma destyds aan verkragting sou skuldig bevind het, het Vrydag vir groot omstredenheid gesorg.
Oudregter bevraagteken uitspraak in Zuma-verkragtingsaak
Oudregter Zak Yacoob het die uitspraak in pres. Jacob Zuma se destydse verkragtingsaak, bevraagteken en gesê hy sou Zuma skuldig bevind het, het The Times Vrydag berig.
Voortvlugtende vas oor tieners se ontvoering, verkragting
ʼn 36-jarige man van Gauteng verskyn Vrydag in die hof op aanklagte van verkragting en ontvoering.
Man lewenslank tronk toe na hy 7-jarige verkrag en vermoor
‘n Man is in die Scottburgh-streekhof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, verkragting en moord op ‘n sewejarige meisie.
Verkragter, moordenaar swaar gevonnis
Ntokozo Skhumbuzo Mthimkhulu (32) is Donderdag in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan aanklagte van verkragting en moord op vroue.
Polisieman in hof oor seuns se verkragting
ʼn Polisiebeampte van Bellville in Kaapstad wat daarvan verdink word dat hy twee 14-jarige seuns verkrag het, het Vrydag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.
Polisieman verkrag glo seuns; probeer selfmoord pleeg
‘n Polisiebeampte van die Bellville-polisiestasie in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat hy glo twee 14-jarige seuns verkrag het.