Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.
Lees meerAlles deur die skrywer Jaco Strydom
Daai oom met die rooi klere en die baard
Dalk kan Kersfees ons herinner aan twee van ons grootste roepings op aarde: om vir ander mense lief te wees en om dit vir ander mense maklik te maak om vir jou lief te wees.
Noord-Sentineleiland: ʼn Ander perspektief op sendelingmoord
Strydom het hierdie Facebook-inskrywing gemaak ná ʼn leser hom gevra het oor sy mening oor die onlangs gebeure op die Noord-Sentineleiland waarin ʼn sendeling vermoor is.
Onbekend is onbemind
Ons vrees van nature die onbekende. Te dikwels is ons vrese dieper gewortel in ons eie gedagtes as in die realiteit daar buite.
Dinge is nie altyd soos dit lyk nie
Jaco Strydom skryf jy kan erg godsdienstig wees en God mis, as liefde nie wen nie. Vyf lesers kan elkeen ‘n versameling van Jaco se rubrieke getiteld ‘Confessions oor kerkwees’ wen:
Verandering volgens Jesus
“It is better to light one candle than to curse the darkness,” sê die Engelse spreekwoord. Die groot kuns van die lewe is om boosheid te oorwin sonder om self boos te word.
Die uitdaging om saam op te staan
Hier is genoeg haat, verdagmakery en oor en weer beskuldigings in hierdie land. Ons het vredemakers nodig, mense wat hulle hande uitsteek, vriende maak en verhoudings bou oor ekonomiese, sosiale en rasgrense heen. Mense wat nie net vra om verstaan te word nie, skryf Jaco Strydom.
Grootmense, kleinmense en lewenslesse
ʼn Groot deel van my lewe gaan vandag daaroor om arm kinders te probeer help, maar ek raak ook al meer bewus van die feit dat ons in ons pogings ʼn fout maak as ons nie ook bereid is om by húlle te leer nie.
Wat dink jy as jy die woord ‘kerk’ hoor?
“Hoe die kerk lyk” is net so belangrik as “wat die kerk verkondig”. Christene se lewens sê eintlik meer as hulle preke.
Maar net ʼn mens
“Dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.”
’n Mens beveg nie ongeregtigheid met haatspraak nie
Die vraag is nie of ons moet opstaan teen ongeregtigheid nie – natuurlik moet ons – die vraag is eerder of ons bereid sou wees om dit altyd te doen, ook vir ander, ook wanneer dit nie tot ons eie voordeel is nie.
Om saam te bid (of nie)
As ons net saam met die mense gaan bid met wie ons saamstem, gaan daar te min gebid word in hierdie land. Suid-Afrika kan doen met meer eenheid en meer gebed.
Ons woon in Afrika
Geseënd is die vredemakers en mag liefde wen, skryf Jaco Strydom.
As jy dit sien . . .
Politiek was nog nooit mooi nie, maar dit was lanklaas só interessant en selfs snaaks as vandag. PG du Plessis het eenkeer opgemerk dat dinge in ʼn verhaal soms so tragies word dat dit snaaks is, skryf Jaco Strydom.
Hou tog net jou kant skoon
Dís nie altyd maklik nie, maar wat is die alternatief? Om self boos en onregverdig, hard en wreed te word? ‘n Mens word wat jy haat.
Die Jesus-rebellie
Ek weet nie wanneer dit gebeur het nie, maar iewers langs die pad het die kerk dié uithangplek geword van konformiste. Dis vreemd, want die kerk is in wese eintlik ʼn rebel (veronderstel om te wees).
Teen die spoed van duisternis
Dit gaan rof in Suid-Afrika, ek weet, maar dis niks nuuts vir Christene om te moet skyn in donker tye nie. As die omstandighede waarin ek en jy vandag ʼn lig moet wees te veel is vir jou, gaan lees bietjie oor die konteks waarin die vroeë kerk dit moes doen onder die Romeinse regeerders.
Wat ʼn nagmerrie!
My vriend was nog besig om te vertel toe ek onthou van ʼn droom wat ʼn ou gehad het: ʼn nagmerrie oor Jesus.
Die genade van drome wat nie waar word nie
Kan jy dink hoe die wêreld sou lyk as ons almal se drome altyd sou waar word?
’n Wêreld vol wonderwerke
Ek en my vriend Gert sit verlede week op die strand in Mabibi terwyl die son sak. Ons verwonder ons aan die feit dat alles wat ons sien bestaan uit dooie atome, wat 99,9% uit leë ruimte bestaan.