Solidariteit het verlede maand dringende hofstukke op die sukkelende wapenvervaardiger beteken nadat Denel bekend gemaak het dat hy net ʼn gedeelte van sy werknemers se salarisse vir Junie en Julie kan betaal.
Krugersdorp-moorde: Drie swaar gestraf
Cecilia Steyn (38), Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.
Jong onnie, oudleerders van skool sterf in botsing
“Elkeen van hierdie energieke jongmense sal gemis word.”
Meeste Kaapse Vlakte-verdagtes binne ure weer op vrye voet
“Dit is egter kommerwekkend dat dié inhegtenisnemings nie tot enige aanklagte of skuldigbevindings gelei het nie.”
Taxibestuurder in hof oor padwoede-voorval
“Die taxibestuurder het ʼn vuurwapen uitgepluk en ʼn skoot afgevuur.”
Medelye ná ‘sagmoedige reus’ in fratsongeluk sterf
“My kind… hy was so ʼn groot mens, maar hy het so ʼn klein hartjie gehad.”
Polisie maak plan met tekort aan bewysstelle
“Ons het die dringendheid van hierdie saak verstaan en dit is spoedig reggestel.”
Saak hervat van polisiehoës oor Marikana-sterfte
Die staat voer aan die mans het die omstandighede rondom ‘n Marikana-mynwerker se afsterwe verbloem.
Pa, baba sterf in brand
Die polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in ná ʼn 12 maande oue baba in ʼn brand gesterf het.
Soektog duur voort ná man in Vaaldam verdwyn
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se soektog duur voort na ʼn Zimbabwiër wat oor die naweek in die Vaaldam verdwyn het.
Medelye stroom in vir geliefde sakeman van Bethlehem
Gerard de Boer (45), ʼn bekende sakeman in Bethlehem in die Vrystaat, is Saterdag dood aangetref by sy onderneming.
Foto’s: Nege sterf in gru-ongeluk in Jhb
Minstens nege persone is Sondagmiddag dood in ʼn gru-ongeluk op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg.
DA verwelkom betaling deur Esidimeni-NRO’s
Die DA is egter besorg oor die stadige vordering wat gemaak word om diegene, wie se kriminele nalatigheid tot die afsterwe van 144 psigiatriese pasiënte gelei het, aan te kla.
Groot verkeersknoop toe vragmotor op snelweg omslaan
Die verkeer na Kaapstad is Sondag naby die R304-Klipheuwel-afrit ontwrig ná ʼn vragmotor op die N1-snelweg omgeslaan het.
N1 in Vrystaat gesluit toe vragmotor omslaan
Die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat is reeds sedert 07:00 Sondagoggend gesluit ná ʼn vragmotor op die pad omgeslaan het.
Ses vas oor huisroof op plaas in Malmesbury
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in Malmesbury in die Wes-Kaap, danksy vinnige reaksie van polisiebeamptes.
Polisiebeampte vas ná teenbendelid doodgeskiet is
Sers. David Hoffman, ʼn 40-jarige beampte van die teenbende-eenheid van die polisie, is Saterdagaand in Franschhoek in die Wes-Kaap doodgeskiet. Hy was nie aan diens toe hy geskiet is nie.
Durbaniete weier dat aanleg weer oopmaak ná gaslekkasie
Inwoners van ʼn nywerheidsgebied in die suide van Durban weier dat ʼn chemiese fabriek weer sy deure oopmaak ná skadelike gasse in die gebied vrygelaat is wat hulle met asemhalingsprobleme, hoofpyn en ʼn veluitslag gelaat het.
Sesjarige verdrink in PMB-rivier
ʼn Sesjarige seun het Saterdag in ʼn rivier in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verdrink.
Ottoshoop-polisiestasie kan nie gemeenskap dien nie
Die gemeenskap van Ottoshoop, Maruping en minstens 54 plase is gevolglik grootliks afhanklik van die landelike patrollie-eenhede wat deur boere gekoördineer word.