Hanna en haar wederhelf, die sanger Bok van Blerk, is die trotse ouers van ʼn woelige kroos Samuel (7), Yamila (5) en Papillon (2), en het drie jaar gelede hul tuiste in KwaZulu-Natal vir die Wes-Kaap verruil.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Via"
‘Wag geduldig op jou lewensmaat’, is geliefde akteurspaar se liefdesraad
Bennie en Mila Fourie gesels met Maroela Media oor hulle ervaring van die huwelik, grootste aanpassings as pasgetroudes, raad aan enkellopendes en hoe dit is om in dieselfde bedryf te werk.
‘Houvrou of trouvrou’-wenner kerf eie lewenspaadjie uit
As oudste deelnemer aan die tweede seisoen, het Cherith Langenhoven op haar lewenservaring staatgemaak om stof in die oë van haar mededeelnemers te skop.
Luister: Babette nou ‘vreesloos’ ná borskankerstryd
“ʼn Mens besef nie altyd die mense rondom jou vat dit erger as wat jy dit self vat nie. Hulle sal dit net nie altyd vir jou sê nie.”
Armand Aucamp verken só hart agter handelsmerke
In “Klein sake, groot drome”, wat Maandagaand op Via DStv kanaal-147 begin uitsaai, nooi hy ʼn wye spektrum van entrepreneurs uit om hul stories van sukses en uitdagings te deel.
Luister: ‘Die groot afskud’-wenner keer lewe om met enorme gewigsverlies
“Ek het my eie pa tydens die verfilming van die reeks verloor, en dit het my laat besef dat hierdie laaitie van my nou sy pa kort.”
Luister: Dié slimkop-‘trouvrou’ lag al die pad bank toe
Met haar borrelende persoonlikheid en aansteeklike lag het Nastassja Ras behoorlik in kykers en beoordelaars van die VIA-program ‘Houvrou of trouvrou’ se harte gekruip – selfs in dié van etiket-ghoeroe Emsie Schoeman.
Video: Temalied ʼn boodskap oor vrouebemagtiging
Die lied word uitgevoer deur Carma en Sharoney, albei opkomende sangeresse in die Afrikaanse musiekbedryf asook titelhouers van VIA se ‘Sterstatus’-kompetisie.
Elvis Blue verruil kitaar vir hamers en spykers
In ’n splinternuwe nuwe televisiereeks, Elvis B(l)ou, omskep die sanger en liedjieskrywer Elvis Blue en sy vrou, Chireze, ’n 32-sitplekbus in ’n huis op wiele.
Onthoukos vir bekendes in ‘Terugkeer’
“Ek het nou vir die eerste keer besef watter rol kos speel om ʼn mens geborge te laat voel.”
Luister: Mila Guy nou ook aanbieder
“Ek het op elke troue gehuil en ek wou op elke troue dans. Daar was lekker kos en oulike mense. Dit was lieflik.”
Portugese melktert vir Jo da Silva
Die sepiester Jo da Silva kuier saam met Martelize Brink in haar kombuis. Hulle gesels oor Jo se Portugese herkoms en Martelize maak bifana en pastéis de nata (Portugese melktert).
Waterblommetjiepot vir ‘Arendsvlei’ se Sherman Pharo
Hier is Martelize se resep vir ’n heerlike waterblommetjiepot. Meer Afrikaans kan ’n mens nie kry nie.
‘Suidooster’ se Denise Newman kry eg Engelse gereg
Syllabub is ʼn tradisionele Engelse nagereg, wat baie eenvoudig en lig is.
ʼn Skotse gereg vir Neil Sandilands
Neil Sandilands kuier saam met Martelize Brink in haar kombuis. Hulle gesels oor Neil se Skotse herkoms en Martelize maak Skotse pastei en haggis.
Bekroonde teaterdramas binnekort op die kassie
“Met hierdie speelvak op televisie word ʼn besonderse geleentheid aan teaterliefhebbers gebied om veelbekroonde teaterstukke in die gemak van hulle eie huise te geniet.”
Maak Martelize se bitterballen só
Sandra Prinsloo kuier saam Martelize Brink in haar kombuis. Hulle gesels oor Sandra se Nederlandse herkoms en Martelize maak bitterballen.
Martelize Brink se Duitse eenpotgereg
Martelize gesels met die teaterveteraan Antoinette Kellerman oor haar Duitse herkoms en sit vir haar eintopf voor.
Indonesiese roerbraairys vir Rehane Abrahams
In dié week se episode van ‘Martelize se stamtafel’ kuier die sepiester Rehane Abrahams saam met Martelize Brink. Hulle gesels oor Rehane se Indonesiese herkoms en Martelize sit nasi goreng (roerbraairys van Indonesië) voor.
Martelize Brink dis spekulaas op vir Ivan, Donnalee
Ivan Botha en Donnalee Roberts kuier dié week saam in ‘Martelize se stamtafel’. Hulle gesels oor hul Duitse en Nederlandse herkomste, kuier en kook saam Sauerbraten en gevulde spekulaas.