“In die stryd vir geregtigheid, moet menseregte bo sportbelange gestel word.”
Alles vir die maand Mei 2019
Podlitiek: Lang inhuldigings en Zuma se beskuldigings
Na afloop van die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa keer die Suid-Afrikaanse politieke siklus weer terug na normaal. Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span met Ernst, Paul en Daniël juis hierdie inhuldiging, en ’n paar ander gebeure wat die afgelope week se nuus gedomineer het.
‘Hou politiek uit Eskom-aanstelling’
“Indien Eskom nie omgekeer word nie, sal pres. Cyril Ramaphosa se groeiplanne vir die ekonomie en werkskepping buitendien op niks uitloop nie.”
Rand knip skaars ʼn oog tydens kabinetaankondiging
Botes meen die behoud van Tito Mboweni as minister van finansies en Pravin Gordhan as minister van openbare ondernemings, sal markte paai en ʼn positiewe persepsie van die kabinet skep.
Ons hemelse troos oor ons Koning
Ja, Christus is nie vir ewig in die hemel nie. Hy kom terug. Dit is ons hemelse troos. Dit is ons hemelse kos elke dag van ons lewe. Christus leef. Hy regeer. Hy heers. Hy tree vir ons in by die Vader.
Gedagte vir die dag: Dag ná dag dra Hy ons
Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. (Psalm 68:20, Bybel In Afrikaans 1933/1953)
Só lyk Ramaphosa se kleiner kabinet
Pres. Cyril Ramaphosa het Patricia de Lille, leier van die Good-party, as een van sy ministers aangewys.
Orania wys nuwe president, bedryfshoof aan
Orania het ʼn nuwe president en bedryfshoof in die plek van Carel Boshoff wat as president bedank het.
Ses jaar tronk toe oor R200
“Hulle was nie bewus dat dit lede van die Valke in die voertuig was nie en albei is onmiddellik in hegtenis geneem nadat hulle die omkoopgeld aanvaar het.”
Só lyk moordenaar wat uit hof stap
Die Wes-Kaapse polisie het ʼn foto uitgereik van die moordenaar wat vroeër die maand doodluiters uit die Wynberg-landdroshof gestap het toe hy homself as iemand anders voorgedoen het.
Hankey-plaasaanval: ‘Ek sal sy gesig nooit vergeet’
ʼn Ma van drie wat voor haar dogter verkrag is tydens ʼn plaasaanval naby Hankey in die Oos-Kaap, sê sy sou nie haar aanvaller verkeerdelik kon identifiseer nie aangesien sy nie sy gesig sal kan vergeet nie.
Ramaphosa kondig kabinet vanaand aan
Pres. Cyril Ramaphosa het bekend gemaak dat hy vanaand sy kabinet sal aankondig.
ToekomsVenster: Die soldate bespot Jesus
Presies watter misdaad het Hy begaan dat van Hom ʼn voorbeeld gemaak moet word?
Onderwysliggaam hoop nuwe LUR sal nie politieke agenda dryf
Die Skoleondersteuningsentrum het gesê hy verwelkom Panyaza Lesufi, voormalige LUR vir onderwys in Gauteng, se skuif na dié provinsie se departement vir finansies.
Emigrasie – die syfers, redes en implikasies
Hoeveel mense verlaat Suid-Afrika en watter impak het die verlies aan broodnodige vaardighede op Suid-Afrika? Maroela Media het die kwessies gaan ondersoek.
Werknemer vas wat bejaarde glo stamp
Die vrou word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, het die polisie gesê.
Video: ‘Musiek het sy lewe gered’
ʼn 22-jarige jong man wat blind en outisties is, het kykers wêreldwyd gaande met sy musiektalent.
Liedjie geskryf om klein Lielie Muis te onthou
“Ek gaan nooit weer kans kry om vir Leah ʼn wiegeliedjie te sing nie.”
Luister: Elandré sing Afrikaans aan die brand
“As ek in die boomhuis was kon ek die heuwels van Despatch in die verte sien en ek het altyd gewonder wat lê anderkant dit.”
Nuwe ‘werknemer’ by UP laat koppe draai
Die Universiteit van Pretoria (UP) het pas ʼn nuwe kliëntediensbeampte in sy biblioteek op die Hatfield-kampus aangestel – maar dié werknemer is allermins ʼn gewone bibliotekaresse!