Die twee Malawiese werkers wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op hul werkgewers, Basil en Monica Deniacos, sal steeds Maandag in die hof verskyn maar nie meer op aanklag van moord nie.
Alles vir die maand Junie 2019
Proteas móét verbeter
Faf: “Ons kolwers moet honderdtalle slaan, en nie vir 30/40 lopies uitgehaal word nie.”
Pasgetroudes ‘ry’ die ekstra myl vir liefdadigheid
“Terwyl jy nog ’n asem aan die binnekant het, kan jy iets goeds vir iemand anders doen.”
Hulde gebring aan Piet Botha: ‘Goeienag, Generaal’
“Die einde van jou lewe is so ʼn groot verlies wat rippel deur ons harte van oral oor die plek. Die Here vat altyd die niceste mense vir Homself.”
Man op FB-foto nié vermiste SA onnie
Die foto wat wyd op sosiale media versprei word van ʼn man wat in die An Giang-provinsie in Viëtnam in ʼn ongeluk betrokke was, is nié die vermiste John Bothma (22) van Suid-Afrika nie.
Niks oor ons, sonder ons nie
Moet egter nie álle fokus op die regering en sy prosesse plaas nie. Bou intussen aan ’n staatsbestande gemeenskap in die godsdienstige sektor van die samelewing. Maak seker dat die kerk op geen manier afhanklik van die staat se guns of vrygewigheid is nie.
Nuuskommentaar: Lesufi krap waar hy nie hoefie. Aanslag teen Afrikaans en/of wit?
Die opvallende verskil tussen hoe hoofsaaklik swart mense Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, en Afrikaanssprekendes hom beskou, verskil soos dag teenoor nag.
Wynboer op plaas vermoor
Die boer se vrou en ʼn familievriend was ten tyde van die aanval ook in die huis.
Vandag se sportnuus
Ironman lok weer land se fiksstes.
Leerling steek glo medeleerling met lepel
ʼn Negentienjarige hoërskoolleerling sal vandag in die Butterworth-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat hy glo ʼn medeleerling met ʼn lepel gesteek het oor kos.
Twee in hof ná moord op DA-raadslid, man
Die Valke het Saterdag bekend gemaak die twee verdagtes, 25 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ʼn huiswerker Vrydagoggend op die egpaar se bebloede liggame afgekom het.
SAL begin soek na nuwe hoof
Die SAL het gesê hy sal onmiddellik met die proses begin om ʼn nuwe uitvoerende hoof te soek nadat Vuyani Jarana bedank het.
Lesersbrief: Die ANC se 2019-manifes ‘soek jou pensioen’
Elke pensioenbetaler verdien om te weet sy pensioen is veilig. Ons moet waaksaam wees voor die regering soos ʼn dief in die nag ons hard verdiende gelde verkwis.
Gedagte vir die dag: Wysheid ’n prioriteit
God gee wysheid, kennis en blydskap vir die mens wat Hom vreugde bring. (Prediker 2:26)
Rocklegende Piet Botha oorlede
Die Suid-Afrikaans rocklegende Piet Botha is in die ouderdom van 63 oorlede.
Video: Skip bots teen hawe, toeristeboot
Die passasierskip, die MSC Opera, kon vir een of ander rede nie tot stilstand kom nie en het hard alarm gemaak voordat dit teen ʼn boot en die hawehoof gebots het.
4 in sop ná vrou aan stoel vasgemaak is
Die nuutaangestelde LUR vir gesondheid in Gauteng en die MRK het Sondag die vrou en haar familie besoek.
Hoekom is Blitsbokke so onbestendig?
Nadat die Blitsbokke vroeg Sondagmiddag in Parys ʼn skittervertoning in die kwarteindronde gelewer het, het hulle die kluts in die halfeindstryd kwytgeraak.
Uitspraak in Krugersdorp-moorde-saak verwag
Die saak het later bekend geraak as die “afspraakmoorde” omdat verskeie slagoffers vermoor is toe hulle iemand vir ʼn afspraak ontmoet het.
Jarana se bedanking ‘groot terugslag vir SAL’
“Die regering as aandeelhouer het dit vir hom onmoontlik gemaak om radikaal by die SAL in te gryp.”