“Die wêreld is ʼn beter plek omdat hy geleef het.”
Alles vir die maand November 2019
Só lyk nuwe brandstofprys
Die kleinhandelprys van hoë én lae oktaan brandstof daal Woensdag met 13c per liter.
Carina Stander reik tweede boek in trilogie uit
“Al die ander karakters is gewone mense en diere. Wie en wat die Wonderwese presies is gaan ek nie verklap nie. Mense moet die boek lees om dit werklik te kan geniet,” sê Carina Stander, skrywer van Die Wonderwese wat onlangs bekendgestel is.
Bokke weer nr. 1 ná 10 jaar
Bokke die beste span, maar wat gebeur volgende?
Springbokke se vlug vertraag
Die Springbok-rugbyspan gaan nou eers later op OR Tambo aankom.
Skoor eis ondersoek ná miljoene aan hotelskool se sekuriteit bestee is
Die parlement eis ʼn verduideliking nadat Noordwes se departement van toerisme miljoene aan sekuriteit by ʼn hotelskool bestee het.
Kragnetwerk onder druk; beurtkrag (nog) nie op hande
Weens jare van swak instandhouding steier die kragvoorsiener die afgelope paar jaar van een opwekkingskrisis na die volgende.
Hof begaan ‘growwe’ foute in Zuma-aansoek
Oudpres. Jacob Zuma se hofstryd om sy vervolging te keer, duur voort.
‘Winkeldief’ gestening, aan die brand gesteek
Lede van ʼn gemeenskap in Noordwes het Maandag ’n verdagte in ’n sakeroof voorgekeer, met klippe bestook en aan die brand gesteek.
Meeste sterf aan skietwonde, motorongelukke in Gauteng
Die meeste onnatuurlike sterftes in Gauteng verlede jaar was as gevolg van skietwonde en motorongelukke. Dié sterftes neem gewoonlik toe teen die einde van die maand.
Argentinië herhaal foute van die verlede
Argentinië het in die pas afgelope presidents- en parlementsverkiesing weens ’n slegte hede gestem vir ’n terugkeer na ’n nóg slegter verlede.
Nuuskommentaar: Gaan dinge nou vir SA verander?
Verskillende mense reageer verskillend op die vraag of die Springbokke se jongste rugbyprestasie met euforie gevier moet word, en of dit eers werklik moontlik sal wees as die regering sy staatsrassisme laat vaar.
2 polisielede geskiet; 1 noodlottig gewond
Die twee offisiere was op die spoor van ʼn gesoekte moordverdagte.
Resep: Mediterreense boontjie-en soetrissieslaai
Kom bymekaar om ʼn braaivleisvuur en geniet dié vars slaai propvol geure.
Vandag se sportnuus
Semenya in voorlopige SA Olimpiese groep.
Die ideale Kersgeskenk vir jou man
Dit is nie altyd maklik om vir die spesiale mans in jou lewe ʼn geskenk te koop nie. Jy het al vir hulle 16 pare sokkies, 50 kilogram biltong en sewe geskenkbewyse gegee… maar dié jaar wil jy iets besonders gee wat hulle behoorlik sal bederf.
Kovsie dood in kamer aangetref
Die eerstejaarstudent se kamermaat het Sondag op haar liggaam afgekom.
ANC spreek kommer uit oor wildaanvalle in KZN
Een mens is in ʼn seekoeiaanval dood en in dié provinsie en ander word deur olifante geteister.
NSFAS-aansoeke sluit oor 26 dae
Die nasionale skema vir finansiële bystand vir studente (NSFAS) het reeds 287 769 aansoeke landwyd ontvang met slegs 26 dae oor voordat die aansoeke op 30 November sluit.
Gedagte vir die dag: Altyd kop bo water
Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie (Matteus 16:18)