Suid-Afrikaners moet besef daar is nie net ʼn kragkrisis nie, die situasie is besig om toenemend te vererger, met daadwerklike gevolge vir watervoorsiening in die land.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Hof steek stokkie voor wildspesies as ‘ras’
Die EWT het die hof suksesvol gevra om ʼn besluit om sekere wildrasse, soos leeu, renoster en steenbok, by die Wet op Diereverbetering se lys van rasse te voeg, tersyde te stel.
Sisulu-aanstellings by SA Toerisme dalk ‘onwettig’
Die minister het drie raadslede wat bedank het binne enkele dae vervang, ʼn proses wat volgens die DA nie die wetlike voorskrifte daaroor nakom nie.
Herstelwerk aan parlement gaan (eindelik) begin
Meer as ʼn jaar ná die verwoestende brand by die parlement gaan daar nou uiteindelik begin word met die herbouproses waarvoor die tesourie reeds R2 miljard bewillig het.
Koebaai e-tol, maar wie gaan skuld betaal?
Die Gautengse premier Panyaza Lesufi het weer gesê die e-tolstelsel is iets van die verlede. Die stelsel bly egter steeds aktief, met motoriste wat nog hul rekeninge ontvang en geen verduideliking oor waar die geld vir die stelsel se skuld vandaan gaan kom nie.
Lesufi se grootse plan om Gauteng te red
Plonsswembaddens by kleuterskole, tegnologie wat koeëls volg, ʼn staatsbank en e-paniekknoppies vir inwoners is net sommige van die planne wat die Gautengse premier in sy provinsiale rede bekend gemaak het.
Kragsentrales steier terwyl Eskom skarrel om ligte aan te hou
Dit is die vierde keer die afgelope twee maande dat Eskom gedwing word om fase 6-beurtkrag in te stel, maar volgens die Eskom-hoof is die algehele ineenstorting van die netwerk egter nie op hande nie.
R405 miljoen aan Life Esidimeni-slagoffers betaal
Die betalings is nodig, maar kan nooit ten volle vergoed vir die lyding en verlies aan lewe nie, sê die DA se Jack Bloom.
Alternatiewe begroting: Dís wat ekonomie benodig
Die DA wil hê die regering moet onder meer die land se skuld pak en meer hulp aan kwesbare Suid-Afrikaners gee.
R145 miljoen vir vier ministers wat oor Eskom kibbel
Salarisse, BBP-beskerming, amptelike wonings (en gratis krag en water). Die DA sê die vier ministers wat Eskom moet regruk, kos die land miljoene – en Suid-Afrikaners sit steeds in die donker.
Geld, beter beleid nodig om renosters privaat te bewaar
Dit kos gemiddeld sowat R2,1 miljoen per jaar net om sekuriteit op private eiendom vir renosters te probeer verseker en dié bedrag bly toeneem.
Misdaadsyfers ‘geen verrassing’
“Die vraag is nou of pres. Cyril Ramaphosa gaan toekyk hoe misdaad verder buite beheer toeneem – soos hy met Eskom gedoen het – en of hy bereid gaan wees om in te gryp.”
Kontakmisdade neem steeds toe
Misdaadsyfers vir die tydperk van Oktober tot Desember wys weer ʼn styging in kontakmisdaad soos moord, aanranding en roof, in sommige gevalle soveel as 24%.
Hokaai met daai (gesteelde) Paaseiers
Die besending sjokolade waarmee ʼn Britse man die hasepad probeer kies het, was minstens ongeskonde toe die polisie hom by ʼn padblokkade voorgekeer het.
Groot inentingsveldtog teen masels
Sedert Oktober verlede jaar is 506 laboratoriumbevestigde maselgevalle opgeteken en uitbrekings is in vyf provinsies verklaar.
Ramaphosa bedank Mabuza vir ‘onwrikbare steun’
David Mabuza het vroeër al aangedui dat hy van voorneme is om te bedank om ruimte te skep vir Paul Mashatile, wat hom in Desember by die ANC se nasionale verkiesing as adjunk-ANC-leier vervang het.
Ramaphosa verdedig nuwe minister, ramptoestand
“Sommige het aangevoer dat die aanstelling van die minister verwarring en fragmentasie gaan veroorsaak. Dit is nie die geval nie.”
Roodepoort keelvol vir kragprobleme
Inwoners sê hulle is keelvol vir teenstrydige boodskappe en ʼn probleem wat eenvoudig net nie opgelos word nie, terwyl voortslepende onderbrekings dikwels veel langer as 24 uur aaneen duur.
Chaos by Tshwane-hoofkantoor toe EFF daar invaar
Randall Williams het vandeesweek sy bedanking ingedien en die EFF hou vol dat ʼn nuwe burgemeester dringend verkies moet word.
Medelye stroom in ná dood van ervare vlieënier
Howard Betts, ʼn Johannesburgse sakeman, was ʼn geesdriftige vlieënier wat ʼn vastevlerk- en helikoptervlieglisensie gehad het.